Page 1 of 2

Lisensie afgekeur

Posted: Mon Mar 12, 2012 11:58 am
by Cobus(Cobb)
Dis nou al 'n ruk dat ek verwittig is dat my .22 se liksens afgekeur is...Maar daar is nog geen brief by my wat die rede/s aandui nie...
Ek kan nie verto? rig of appeleer sonder die brief nie....Is hier nie iemand op die forum wat kan help nie??
PM my as jy kan help maar annoniem wil bly tov die res van die forum..
Aan die anner manne, wat staan my te doen??Wie het ander raad vir my...eks naby aan trane :-[ :-\ ??? ;)

Cheers

Re: Lisensie afgekeur

Posted: Mon Mar 12, 2012 12:44 pm
by G-force
Ek het vannoggend met iemand gepraat by die CFR self.n Afrikaanse ou wat te doen het met die goedkeurings.My Pa se een handwapen is ook afgekeur laas jaar al.Die ou se hy moet sommer weer n aansoek indien.Hy reken dit is vinniger as wat jy vir daai simpel brief wag.Hy beweer hulle kyk nie of dit maak nie saak nie as dit voorheen afgekeur was.
Ek weet nog nie of ek die kaans moet waag nie. ???

Re: Lisensie afgekeur

Posted: Mon Mar 12, 2012 12:50 pm
by Louis Kriel
Cobb ek wag ook vir .22 liksens se goedkeuring. Hoe het jou aansoek gelyk? Was daar endossement van jagvereniging by? Is jy toegewyde jagter?

Re: Lisensie afgekeur

Posted: Mon Mar 12, 2012 2:14 pm
by mamba
Ek het myne deur Nell prokereurs gedoen in Desember 2010. Einde Januarie 2011 goedgekeur en geprint. Wag toe nog 2 maande vir die polisie kantoor om dit te gaan haal.  >:(


Maar nou ja ek het hom gekry.

Re: Lisensie afgekeur

Posted: Mon Mar 12, 2012 2:17 pm
by Marc
Dis nou slegte nuus

Raad om dit vinniger te laat afloop het ek nie, maar appeleer moet 'n mens. Ek weet nog nie van een appel wat nie suksesvol was nie {In my kringe}

Sterkte, hou duim vas hulle pos daai briefie tog gou  :'(

Re: Lisensie afgekeur

Posted: Mon Mar 12, 2012 3:22 pm
by Cobus(Cobb)
DirtyOldsix wrote: Cobb ek wag ook vir .22 liksens se goedkeuring. Hoe het jou aansoek gelyk? Was daar endossement van jagvereniging by? Is jy toegewyde jagter?
Was net gewone aansoek, my pel se aansoek en motifering was 100% soos myne en syne is goedgekeur....??

Cheers

Re: Lisensie afgekeur

Posted: Mon Mar 12, 2012 3:46 pm
by Zack Benade
Hallo Cobb

Moet dit nie aanvaar nie.  Die SAPS en die regering gaan dit net moeiliker maak vir ons in die toekoms.  Kyk wat gebeur met die swartkruit manne. 

Sluit aan by 'n jagter tak en doen so gou as moontlik jou toegewyde jagters by Chasa. 

Sterkte
Zack

Re: Lisensie afgekeur

Posted: Wed Mar 14, 2012 8:34 am
by Cobus(Cobb)
Het nou net met Anette by CFR gepraat...Sy stel voor 'n ou doen heraansoek, appeals vat vir ewig...
Raai raai waar sal ek wees later vandag...?? ;D ;D

Cheers

Re: Lisensie afgekeur

Posted: Wed Mar 14, 2012 8:49 am
by Ferdi
Daarsy moet nie moed opgee nie as dit jou passie is sal jy moet werk daarvoor partykeer. Ek hou duim vas vir jou.

Groete

Ferdi

Re: Lisensie afgekeur

Posted: Wed Mar 14, 2012 10:20 am
by Rasmus
Ai dis sleg.

Maar as jy heraansoek doen moet jy op die aansoek sit of n vorige aansoek afgekeur is of nie en wat die redes was?

Nou weet ek nie hoe kan die slim mense by die CFR s? doen weer aansoek nie.

Re: Lisensie afgekeur

Posted: Fri Mar 16, 2012 9:02 am
by Cobus(Cobb)
Julle gaan my nie glo nie.....na eergister se oproepe na CFR, is ek vanoggend meegedeel dat my afgekeurde aansoek, gister goed gekeur is... :D :D :D :D

Cheers

Re: Lisensie afgekeur

Posted: Fri Mar 16, 2012 9:07 am
by G-force
Cobb wrote: Julle gaan my nie glo nie.....na eergister se oproepe na CFR, is ek vanoggend meegedeel dat my afgekeurde aansoek, gister goed gekeur is... :D :D :D :D

Cheers
Baie geluk!Die gawe Kapt Nortier het my gese as n lisensie afgekeur is en iemand kontak hom kan hy die gou heroorweeg.Ongelukkig met my Pa s'n wat afgekeur is was die laas jaar gewees...hy se dit is te lank terug.Baie bly jy het reggekom!

Re: Lisensie afgekeur

Posted: Fri Mar 16, 2012 11:27 am
by Marc
Cobb wrote: Julle gaan my nie glo nie.....na eergister se oproepe na CFR, is ek vanoggend meegedeel dat my afgekeurde aansoek, gister goed gekeur is... :D :D :D :D

Cheers
Baie geluk en dankie aan die persoon aan die anderkant wat bereid was om moeite te doen  ;)

Geniet hom  ;D

Re: Lisensie afgekeur

Posted: Fri Mar 16, 2012 12:34 pm
by axe942
Kan jy glo. Net weer 'n bewys van die een hand weet nie wat die ander hand doen nie. Jy is absoluut uitgelewer aan die ou wie jou aansoek ontvang en wat sy mood vir die dag is.

Gelukkig is daar nog ouens wat belangstel en 'n verskil in hulle werkplek en dan ook uiteindelik die publiek wat hulle dien te maak. Puik uiteinde,
bly vir jou Cobb.

Re: Lisensie afgekeur

Posted: Mon Mar 19, 2012 10:08 am
by Louis Kriel
Hoor gou hier... Johan is die eksekuteur van sy swaer se boedel.  Die ou is in Sandton vermoor tydens 'n roof. Johan doen in 2006 aansoek vir die 7x57 en die liksens word afgekeur, waarna hy appelleer.  Appel word afgewys waarna 'n ander vriend van my aansoek doen vir die geweer. Di? kry in 2011 sy lisensie. Laas week bel die polisie, Johan kan maar sy lisensie kom afhaal! Dit beteken 2 ouens is nou vir dieselfde geweer gelisensieer! Mooi Man!

Re: Lisensie afgekeur

Posted: Mon Mar 19, 2012 10:17 am
by Marc
;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D

Nou hoe nou  ??? ??? ???

Re: Lisensie afgekeur

Posted: Tue Mar 20, 2012 6:54 am
by WillemS
Oom Dirty

Dit het met my en my pa ook gebeur. Hy  hernu sy lisensie vir n 243 en seker 2 jaar later toe ek 21 is doen ek aansoek vir dieselfde geweer maar met n lang brief by dat my pa se aansoek moet ignoreer en die wapen op my naam moet kom! 6 maande later kry ek my lisensie en als is 100%! 3 Jaar later laat weet hulle my pa, hy kan sy lisensies kom haal na meer as 5 jaar en wragtag, daar is my geweer se kaartjie ook by op sy naam!

Het toe n paar mense gebel wat toe wel bevestig het dat die wapen op my naam is, hulle het net perongeluk vir hom ook n kaartjie gedruk.........

Bel bietjie rond en hoor maar op wie se naam die geweer nou eintlik is!

Willem

Re: Lisensie afgekeur

Posted: Tue Mar 20, 2012 1:34 pm
by Ferdi
Ja die nadele van die adminstratiewe prosese waar Links en Regs nie altyd weet wat die ander doen nie en dan gebeur dit waar die een afkeur en die ander goedkeur op presies dieselfde ding wat gedupliseer is en by altwee roetes ingeskakel het. Die is nie die eerste keer wat ek van sulke voorvalle verneem nie. My .22 aansoek is noe 3 weke in waar dit 1 week gevat het tot by CFR. Hulle dui dit nou die laaste 2 weke aan as in process as ek telefonies navraag doen en die 3 maande tydskaal is volgens die persone sover die tyd om op te werk.

Groete

F

Re: wag vir lisensie nou al 7 maande

Posted: Wed Mar 21, 2012 8:18 pm
by vlakvark1
Ek het my aansoek ingedien September maand laasjaar 2011 by Lydenburg polisiestasie wat eers ontvang is 2 November 2011 by Pretoria.  Elkekeer as ek navraag doen is die antwoord "it's still in process" ek het al die prokureur van JJ wapens in Ermelo gevra om navraag te doen en sy kry die selfde antwoord.  My vraag is wat staan my te doen verder is daar iemand met raad of n ordentlike antwoord? 

Re: Lisensie afgekeur

Posted: Wed Mar 21, 2012 9:03 pm
by Armand Steenkamp
Vlakvark,
Ek is al net so gatvol!!! Ek kry nie eens die mense in die hande nie!!!

Groetnis

Re: Lisensie afgekeur

Posted: Thu Mar 22, 2012 6:33 pm
by Cobus(Cobb)
Vanaf 'n afgekeurde lisensie  >:( , my eeste oproep na CFR, 14Maart tot my .22 wettiglik in my kluis vandag 22Maart..... ;D

Byt vas manne....volg my raad hier....
http://jaracal.com/index.php/topic,9486 ... #msg128812

Cheers

Re: Lisensie afgekeur

Posted: Thu Apr 05, 2012 10:07 am
by Cobus(Cobb)
...Het sopas 'n SMS gekry en ry nou nou SAPS toe om my kaartjie te gaan haal, kan julle glo, als in 2 weke....na maande se wag. ;)

Cheers

Re: Lisensie afgekeur

Posted: Fri Apr 06, 2012 8:33 pm
by james 303
Geluk my tjoma ons moet bietjie gaan roer ...

Re: Lisensie afgekeur

Posted: Mon May 14, 2012 8:41 am
by Armand Steenkamp
More kerels,

Ek waa laaaanklaas op die forum,dis nou maar om my nie aan my situasie te laat dink nie. Ek het so 3 weke trug gebel en daar was my me gedeel dat my 243 se liksens afgekeur is!!! Daar is seker nie veel wat ek kan doen behalwe om te wag vir die brief wat se hoekom hy afgekeur is nie?

Kan nounog nie glo dat hy afgekeur is nie :'( Alles was reg gewees!

Re: Lisensie afgekeur

Posted: Mon May 14, 2012 9:53 am
by Cobus(Cobb)
Armand, kyk jou PM

Cheers