Page 1 of 1

My ruger vir jag!

Posted: Mon Mar 12, 2012 8:33 am
by mamba
Hier in my rollie vir jag. Dis 'n 44 Mag, 7?" loop. Die scope in 1x28 vir rollies.
Ek gooi tans 300gr lood pille....

Gaan die jaar vlakvarke soek met hom, kan nie wag nie....

Cheers


[img width=560 height=348]http://i131.photobucket.com/albums/p307 ... 4Ruger.jpg[/img]

Re: My ruger vir jag!

Posted: Mon Mar 12, 2012 8:47 am
by axe942
Baie nice. Tot op watse afstand kan mens akkuraat met hom skiet ? 

Re: My ruger vir jag!

Posted: Mon Mar 12, 2012 2:17 pm
by mamba
Ek hou daarvan om dit tot 50m maks te hou.

Re: My ruger vir jag!

Posted: Mon Mar 12, 2012 2:27 pm
by Marc
Baie mooi

Jy gaan hulle lekker gas gee met daai outjie  ;)

Re: My ruger vir jag!

Posted: Mon Mar 12, 2012 2:41 pm
by mamba
ek soek juis 'n plek om te kan gaan jag met hom.  :angel:

Re: My ruger vir jag!

Posted: Sun Apr 01, 2012 4:39 pm
by Fisher
Hallo Mamba

Geluk met daai wapen boeta, jy moet net jou oog hou op daai basis en ringe sodat jy dit vroeg tydig kan optel as hulle gaan.
Die goete is glad nie nice met scopes en monterings nie, veral as jy daai 300's gaan skiet verby 1250fps. As jy iewers oor 'n staal picatini rail val raap hom op.

Sterkte

Ferdi

Re: My ruger vir jag!

Posted: Sun Apr 01, 2012 4:46 pm
by Frederik
Lyk soos die perfekte medisyne vir die varkies.  ;D

Re: My ruger vir jag!

Posted: Wed Aug 08, 2012 2:47 pm
by Kerneels S.
Fisher
Ek lees nou jou reply van 'n paar maande gelede. Ek het 'n Ruger .44Mag met 'n 10.5" loop met 'n scope. Ek sukkel met my mounts op die Black Hawk. Ek sien jy praat van  staal picatini rails of mounts. Gee 'n bietjie inligting asb.
Groete
Kerneels S.

Re: My ruger vir jag!

Posted: Wed Aug 08, 2012 2:52 pm
by Marc
Kerneels S. wrote: Fisher
Ek lees nou jou reply van 'n paar maande gelede. Ek het 'n Ruger .44Mag met 'n 10.5" loop met 'n scope. Ek sukkel met my mounts op die Black Hawk. Ek sien jy praat van  staal picatini rails of mounts. Gee 'n bietjie inligting asb.
Groete
Kerneels S.
Ek hou ook fyn dop, het juis so projek in my agterkop wat nie wil blus nie  8)

Mooiloop
Marc

Re: My ruger vir jag!

Posted: Fri Aug 10, 2012 6:52 pm
by stephensonsknives
wil die manne wat in handwapenjag glo en skiet nie dalk bymekaar kom nie,dalk n jag saam doen of sommer net saam skiet

ek is in pretoria en het n stainless 44 ruger super blackhawk

stephen@stephensonsknives.com

Re: My ruger vir jag!

Posted: Sat Aug 11, 2012 7:56 am
by mamba
nou dit klink lekker ek is in  ;D

ons kan sommer messe ook gesels, ek is betrokke daar ook  ;D ;D

Re: My ruger vir jag!

Posted: Sun Aug 12, 2012 8:18 pm
by stephensonsknives
mamba gooi jou besonderhede deur vir my op epos ,al begin ons klein met die handwapenjag en skiet

ja en ons kan messe ook gesels ek is juis besig met n messie wat by daai ruger van my gaan pas

ek soek nog n  naam vir die mes,  mamba klink mooi

Re: My ruger vir jag!

Posted: Sun Aug 12, 2012 9:24 pm
by mamba
Mamba werk  ;)

Re: My ruger vir jag!

Posted: Mon Aug 13, 2012 7:49 am
by Kerneels S.
Watter maak mounts het jy op jou stainless .44 Ruger gebruik? Is hulle staal?
Sal kwaai wees om saam met julle manne te jag maar ek is in die oos-Kaap.
Groete

Re: My ruger vir jag!

Posted: Mon Aug 13, 2012 8:07 pm
by stephensonsknives
kerneels dit is hoekom die forum daar is ,lekker met mekaar gesels

die mount is die -cast staal mounts van leopolt wat ek by safarie en outdoor gekoop het

watse kruit ,punte,ens gebruik julle
groete

Re: My ruger vir jag!

Posted: Mon Aug 13, 2012 9:34 pm
by DieKraai
Jis manne

Vir my S&W Mod 29 44 Mag met 8 3/8 duim loop laai ek die volgende:

240gr Frontier SWC
21gr S265
Remington Dop
Winchester Large Pistol / Magnum primers

Het nou onlangs met die rollie begin skiet. Het nog nie ander ladings / koeels probeer nie. Die combo is nie ongemaklik om te skiet nie.

Ek brand om met hom 'n Springbok te gaan skiet by my neef op plaas, maar ek sal nie kan wegkom van werk nie.


Mooibly.

Re: My ruger vir jag!

Posted: Wed Aug 22, 2012 7:42 pm
by stephensonsknives
Mamba kom in asb.  Hier is 'n foto van die mes wat ek klaar gemaak het.  Daar is twee moontlike name

watter een

Mamba of Mbezi

Re: My ruger vir jag!

Posted: Wed Aug 22, 2012 7:50 pm
by Beretta
The Beast
Beretta

Re: My ruger vir jag!

Posted: Thu Aug 23, 2012 8:17 am
by mamba
Mamba werk altyd goed vir my  ;D ;D ;D

Re: My ruger vir jag!

Posted: Thu Aug 23, 2012 8:45 am
by Kerneels S.
Ek stem saam met Beretta, The Beast. Ek sien orals messe wat die naam Mamba get.
Baie smart mes!!