Page 1 of 1
Voere 30 06 sneller stel
Posted: Tue Aug 04, 2026 5:13 pm
by Wielie Waps
Ek wil my 30 06 se sneller ligter stel.
Is dit 'n DIY job of gaan ek bollie aanjaag.
Vraag is seker eintlik kan dit gedoen word?
Re: Voere 30 06 sneller stel
Posted: Tue Aug 04, 2026 8:26 pm
by Martiens Bekker
Watter aksie is dit? K98 kan jy self so bietjie ligter stel maar moet nou nie 'n 4oz sneller verwag nie. Daai goed was gebou om in 'n oorlog te werk.
Re: Voere 30 06 sneller stel
Posted: Tue Aug 04, 2026 9:37 pm
by Wielie Waps
Ek sal later foto van aksie plaas.
Wil net die trek bietjie ligter stel as wat hy nou is.
Re: Voere 30 06 sneller stel
Posted: Wed Aug 05, 2026 11:32 am
by Ds J
As daar n skroefie is - en veral as daar twee skroefies is - kan hy gewoonlik bietjie gestel word.
Probeer ook om die sneller se breeksterkte te weeg - n draadhanger en n lee twee-liter bottel werk gewoonlik.
Stel n bietjie, en toets hom, stel weer bietjie, en toets weer. In die meeste gevalle is vier of vyf klein verstellinkies in een rigting slimmer as om heen- en weer te stel.
Doen ten slotte n val- en stamptoets as hy baie lig is.