Page 1 of 1
lading ontwikkeling
Posted: Mon Aug 03, 2026 8:27 am
by Dehan.Rheeder
More Manne
vertrou dit gaan goed met julle vandag.
ek het die naweek my eerste rondtes met my eerste geweer gaan skiet en kom vra raad en bevetiging op ladings
Geweer: Tikka T3 Lite 30-06
Loop Lengte: 568mm/22.4 duim
Dop: Sellier & Bellot
Dop Volume: 70.2gr average oor 20 doppe
Dop lengte: 63.25mm
TPL 84.44mm
Primers: CCI 200
Poeier: VV N550
Punte: Nosler BT Hunting 165gr
ladings wat geskiet was om spoed te kry, 3 skote per lading spoed gemeet met Athlon Rangecraft
51gr: 2684.3fps
52gr: 2736.4fps
53gr: 2802.4fps
kan iemand my raad gee of ek naby 'n node is en voorstelle maak wat ek kan verander indien ek enige iets moet verander vir dai mooi groepe. (ek weet dis jag geweer en ek soek nie 1/4 MOA groepe nie)
wil net bevestiging kry of ek op die regte pad is, en ek het baie skiet om in te haal in my lewe omdat ek nou eers begin
hier is fotos van die teikens en doppe/primers

Re: lading ontwikkeling
Posted: Mon Aug 03, 2026 8:42 am
by Capt. Yoda
Daai 53gr is basies op n node, hou nom net so en speel bq met jou TPL.
Ek neem aan daai spoed is by die loop geneem?
Laai 3 met n van TPL 84.24mm, 3 met TPL van 84.04 en dan 3 met n TPL van 83.84mm en skiet hulle
Re: lading ontwikkeling
Posted: Mon Aug 03, 2026 9:26 am
by Dehan.Rheeder
Capt. Yoda wrote: Mon Aug 03, 2026 8:42 am
Daai 53gr is basies op n node, hou nom net so en speel bq met jou TPL.
Ek neem aan daai spoed is by die loop geneem?
Laai 3 met n van TPL 84.24mm, 3 met TPL van 84.04 en dan 3 met n TPL van 83.84mm en skiet hulle
baie dankie Capt. Yoda, en ja die Athlon Rangeraft se angle was ietwat skuins so baie naby aan die loop se uitgang sal ek se was die sny punt, het bietjie laat opgelet en wou nie peter en die nommers affekteer nie
ek sal met die TPL speel en terug voering gee
Re: lading ontwikkeling
Posted: Mon Aug 03, 2026 9:42 am
by Capt. Yoda
Nee wat die angle sal nie baie saak maak nie, wou net weet of dit n "radar" by die loop was of dalk n old school chrony 5m weg
Re: lading ontwikkeling
Posted: Mon Aug 03, 2026 10:44 am
by Dehan.Rheeder
Capt. Yoda wrote: Mon Aug 03, 2026 9:42 am
Nee wat die angle sal nie baie saak maak nie, wou net weet of dit n "radar" by die loop was of dalk n old school chrony 5m weg
Ah okay, ek sal die draad opdatteer sodra ek weer by die baan uitgekom het.
Re: lading ontwikkeling
Posted: Mon Aug 10, 2026 8:07 pm
by Dehan.Rheeder
Capt. Yoda wrote:Nee wat die angle sal nie baie saak maak nie, wou net weet of dit n "radar" by die loop was of dalk n old school chrony 5m weg
Goeie naand Capt. Yoda ek het gesien ek het 'n informasie fout gemaak op die eerste plasing, ek het nie bygesit dat ek met 'n knaldemper geskiet het nie
Ek het die naweek weer gaan skiet en die keer sonder die knaldemper en die spoed is anders kan ek weer vir raad vra of ek naby 'n node asb en insette wat om volgende te probeer.
Die korter TPL het die groepe maak loop so vermoed ek mag dalk langer moet gaan?
Laatweet of ek reg na dit kyk
Gemiddelde spoed oor die 4 verskillende tpl was soos volg
1. 2777.3fps
2. 2766.6fps
3. 2771.2fps
4. 2771.7fps
Dankie vir die hulp sover en die wat ek nog gaan ontvang

Sent from my SM-A566B using Tapatalk
Re: lading ontwikkeling
Posted: Tue Aug 11, 2026 8:31 am
by Capt. Yoda
Jy verander te veel goed op n slag, los die demper op as jy van plan is om met hom te skiet
Die node spoed is nog steed 2800fps maar omdat die spoed nou laer is reken die ding 53.5gr
Hoe het jy jou max tpl bepaal?
In "teorie" begin mens so naby jy aan die lands kan begin en dan werk jy terug/korter nooit langer nie want jou max druk sal die naaste aan die lands wees maar as mens weet wat jy doen kan jy dit natuurlik doen, dit sit net nog n variable in jou lading.
Persoonlik wat ek sou doen is om weer die selle lading van 53gr te laai en weer die 84.42 en 84.22mm TPL te skiet, met die demper op.
As jou patroon met n tpl van 84.62 nog in jou magasyn kan pas kan jy 3 van hulle laai om te skiet as jy wou, hulle behoort nie met daai TPL te naby aan die lands te wees nie.
Re: lading ontwikkeling
Posted: Tue Aug 11, 2026 8:40 am
by Dehan.Rheeder
Capt. Yoda wrote: Tue Aug 11, 2026 8:31 am

dankie Capt. Yoda
ek sal die demper oplos dan en weer by 53gr begin soos aangeraai met die TPL soos genoem bo. ek meet die TPL van basis van die dop tot die punt van die patroon. ek weet waar Jam is op die geweer het dit bepaal met 'n Hornady O.A.L guage dit is 86.42 gemeet van basis van dop tot punt van die patroon.
Re: lading ontwikkeling
Posted: Tue Aug 11, 2026 8:45 am
by Capt. Yoda
O ok nee ek wou net weet of jy die TPL bepaal het om in jou magasyn kas te pas.
Gooi ma daai 86.42mm ook en kyk, jys naby aan reg te wees
As jy kans het kyk bq wat is jou max tpl wat in n jou magasyn kan pas, sal seker hier by 86mm rond wees
Dalk kan ons nog bq langer gaan en kyk
Re: lading ontwikkeling
Posted: Tue Aug 11, 2026 9:06 am
by Dehan.Rheeder
Capt. Yoda wrote:O ok nee ek wou net weet of jy die TPL bepaal het om in jou magasyn kas te pas.
Gooi ma daai 86.42mm ook en kyk, jys naby aan reg te wees
As jy kans het kyk bq wat is jou max tpl wat in n jou magasyn kan pas, sal seker hier by 86mm rond wees
Dalk kan ons nog bq langer gaan en kyk
Dood reg, ek sal Max TPL vir Magesyn gaan meet en terug voering gee op dit
Sent from my SM-A566B using Tapatalk
Re: lading ontwikkeling
Posted: Tue Aug 11, 2026 11:49 am
by Dehan.Rheeder
Capt. Yoda wrote:O ok nee ek wou net weet of jy die TPL bepaal het om in jou magasyn kas te pas.
Gooi ma daai 86.42mm ook en kyk, jys naby aan reg te wees
As jy kans het kyk bq wat is jou max tpl wat in n jou magasyn kan pas, sal seker hier by 86mm rond wees
Dalk kan ons nog bq langer gaan en kyk
Ek het die magesyn gemeet tot waar hy so lyntjie het op die magesyn sien op fotos hy meet tot daar 85.6mm

Sent from my SM-A566B using Tapatalk
Re: lading ontwikkeling
Posted: Tue Aug 11, 2026 2:03 pm
by Capt. Yoda
Ok, laai 3 van 84.62, 84.42 en 84.22mm TPL dan kyk jy wat hulle maak
Re: lading ontwikkeling
Posted: Tue Aug 11, 2026 2:13 pm
by Dehan.Rheeder
Capt. Yoda wrote: Tue Aug 11, 2026 2:03 pm
Ok, laai 3 van 84.62, 84.42 en 84.22mm TPL dan kyk jy wat hulle maak
Dankie
so dit is hoe ek dit het,
1. Los die kruit op 53gr
2. Sit Silencer terug op
3. 84.62, 84.42, 84.22 TPL lengtes 3 van elk
en kyk dan wat is die resultate en gee terugvoering
Re: lading ontwikkeling
Posted: Tue Aug 11, 2026 2:58 pm
by Capt. Yoda
Ja dit klink reg so
Jy is welkom om die hele ding sonder n silincer te doen en dan as jy klaar jou lading bevestig het met jou silincer aan te gaan, baie mense doen dit so besluit net wil jy met of sonder silincer lading ontwikkeling doen. Ek het nog nooit met n geweer wat n silincer het lading ontwikkeling gedoen sonder die silincer nie maar soos jy self gesien het verskil die spoed in jou geval n bq met of sonder n silincer wat mens tot n mate in die verkeerde rigtitng kan lui want jy soek eintlik die spoed by die kroon.So up to you
Jy kan altyd al 2 doen om te kyk of jy op die selfde plek uit kom...sou jy sonder jou silincer eers wil aan gaan sou ek 53.4gr kruit gooi vir n spoed van 2790fps en dan daai TPLe toets,
Jy het my nommer stuur my n WA as jy iets wil weet
Re: lading ontwikkeling
Posted: Tue Aug 11, 2026 3:12 pm
by Dehan.Rheeder
Capt. Yoda wrote: Tue Aug 11, 2026 2:58 pm
Ja dit klink reg so
Jy is welkom om die hele ding sonder n silincer te doen en dan as jy klaar jou lading bevestig het met jou silincer aan te gaan, baie mense doen dit so besluit net wil jy met of sonder silincer lading ontwikkeling doen. Ek het nog nooit met n geweer wat n silincer het lading ontwikkeling gedoen sonder die silincer nie maar soos jy self gesien het verskil die spoed in jou geval n bq met of sonder n silincer wat mens tot n mate in die verkeerde rigtitng kan lui want jy soek eintlik die spoed by die kroon.So up to you
Jy kan altyd al 2 doen om te kyk of jy op die selfde plek uit kom...sou jy sonder jou silincer eers wil aan gaan sou ek 53.4gr kruit gooi vir n spoed van 2790fps en dan daai TPLe toets,
Jy het my nommer stuur my n WA as jy iets wil weet
baie dankie, ek het vir jou gestuur, waardeer al die hulp en sal die fotos aan stuur sodra ek die skietbaan weer bo geval het