Page 1 of 1

.22 Kalibers

Posted: Mon Jul 27, 2026 9:07 pm
by Apie
Naand manne

Bietjie lus vir iets anders. Iets wat dieselfde ballistiek gee as ‘n 22-250 met 75greiners @ 3250fps

Moontlikhede
22Dasher
22GT
22XC

Wat sal julle doen en hoekom?

Re: .22 Kalibers

Posted: Tue Jul 28, 2026 6:24 am
by HunterB
22 ARC

Re: .22 Kalibers

Posted: Tue Jul 28, 2026 6:24 am
by Toyrsi
Ek skiet n 22 Creed en is baie gelukkig met hom.
Vergelyk meer met die 22-250 Ack.
Skiet tans die 88 ELD teen n rustige 3200

Re: .22 Kalibers

Posted: Tue Jul 28, 2026 7:46 am
by Capt. Yoda
Ek dink ek sou die GT gaan, bq langer nek as die Dasher, bq minder volume as die XC en hy sal seker makliker voer as die Dasher sonder om te veel te krap.
Ek dink hulle het hom nogals reg design en daar is Lapua doppe ook.

Ek weet wel van n paar ouens wat so bq gesukkel het met die 22 en 6 GT toe hul begin skiet het met hulle maar dit kon dalk onnoselgeid ook wees

Re: .22 Kalibers

Posted: Tue Jul 28, 2026 8:36 am
by Ds J

Re: .22 Kalibers

Posted: Tue Jul 28, 2026 3:09 pm
by JDEls
Ek het onlangs 'n 22 GT deur Brothers Arms gebou.

Rem700 aksie en 24" Proof 1-7tw loop, Warren Britnell het die kamer gesny.

Hierdie is seker een van die maklikste gewere in my kluis.

Eerste keer wat ek met die geweer skiet was op 100m, 'n ladder sodat ek kan sien hoe lyk sy spoed. Die eerste 7 skote met elke lading .3gr uitmekaar was letterlik 1 gat. Skoot 8 het effe uitgeklim maar tot en met skoot 12 was dit nou weer alles in skoot 8 se gat. Dit was met VV N555 en 88gr Hornady ELDM.

Daarna het ek 'n lading gekies en die Royal Flush Steel Challenge gaan skiet, hier is 'n paar ouens op die forum wat deelneem aan daai maandelikse kompetisie, van 400m tot 700m, plate van 2.5MOA tot 0.5 MOA. Ek het 18de gekom uit 95 skuts, neem in ag dat al die top posisies maar basies uit warm 7mm gewere bestaan. My ES op die dag was 6.5fps en SD 2.4fps - dis letterlik sonder enige lading ontwikkeling.

Ek het die geweer gelaai met 70gr Peregrine VRG3 teen 3230fps, vir die seuns op 'n Pa en Seun jag, paar rooibokke en BWB is geskiet, my seun het 'n BWB agter die blad geskiet op so 120m, die bok het net daar bly lê.

Ek het nou weer die lading gelaai met 88gr ELDM maar sien dat my spoed nou 50fps vinniger as oorspronklik, maar skiet steeds baie goed en ES en SD is steeds baie aanvaarbaar. Sien die 5-skoot groepering tydens gister se 100m zero.

Ek wou ook 'n warmer .224 kaliber gehad het vir springbok jag, die 22CM was 'n opsie maar ek het gedink sy loop lewe gaan bietjie min wees. So ek het gekyk na 22GT en 22 XC. Ek het van die lang nek gehou van die 22GT en doppe wat reeds gereed is van die rak af.

Die 22GT met 88gr ELDM teen 3080fps dupliseer my 6SLR met 108gr ELDM teen 3060fps tot op die laaste nommer. BC is dieselfde en spoed ook.

My 22GT het nou seker 50 skote geskiet, elke skoot uiters akkuraat!
20260728_144842.jpg
20260728_144915.jpg
Sent from my SM-S926B using Tapatalk


Re: .22 Kalibers

Posted: Tue Jul 28, 2026 3:51 pm
by Martiens Bekker
Apie wrote: Mon Jul 27, 2026 9:07 pm Naand manne

Bietjie lus vir iets anders. Iets wat dieselfde ballistiek gee as ‘n 22-250 met 75greiners @ 3250fps

Moontlikhede
22Dasher
22GT
22XC

Wat sal julle doen en hoekom?
Liaan, as jy nou nie een van SA se top veldskiet skuts was nie sou ek vir jou gesê het die beste .224 is mos maar 'n 6mm?

Trek sommer jou been. Ek dink 'n 22 Dasher, maar einlik enige van die drie wat jy genoem het sal jou baie vreugde bring.

My 6 Dasher voer seep glad uit 'n gewone plastiek Tikka magesyn. Glo dit sal die geval wees met die 22 ook.

Re: .22 Kalibers

Posted: Fri Jul 31, 2026 5:32 am
by Apie
Dankie Manne!

Ja kyk, die 6mm vs 22 sal seker soos die Bonsmara vs Brahman braaivleis geveg nooit tot ‘n einde kom nie!

Al hoekom ek die .224 kalibers verkies is mens kan hulle nog redelik goed deurvolg sonder ‘n tromprem. Anders was ‘n 6XC of 6 Creed my kaliber van keuse.

Ek het ‘n 22-250 Howa wat ek kan offer vir die projek…

Re: .22 Kalibers

Posted: Fri Jul 31, 2026 4:52 pm
by LUAN
Hoe vergelyk loop leeftyd tussen die 22gt en 6mm creed?

Re: .22 Kalibers

Posted: Sun Aug 09, 2026 12:17 pm
by Apie
Wonder self!

Re: .22 Kalibers

Posted: Sun Aug 09, 2026 2:11 pm
by Capt. Yoda
Ek weet die 22Creed is nou nie n loop lover nie