Page 1 of 1

Verskeie vrae

Posted: Sat Jul 25, 2026 1:02 pm
by PietVis
Goeiemôre Vriende
Ek het onlangs terug SA toe getrek na 20 jaar Noord van die Limpopo, en is besig om n klein versameling Mauser aksie gewere met Inheemse kolwe op te bou.
Herlaai is onwettig meeste van die plekke waar ek was, en sal graag die forum se insette waardeer op n paar vrae. Opsies is ook meer beperk daarbo en my kennis van punte, kruit en al dies meer is maar beperk.
Ek het Gordon afgelaai, en dit lyk heel maklik om met die herlaai data te speel, maar ek wil eerder versigtig wees en met manne te praat wat ken en nie dink nie.
Ek gaan die vrae vra in die forum soos wat hulle by my opkom en sal julle hulp baie waardeer.
Ek sal ook sommer vir die lekker n foto van elke wapen opsit en dan n geskiedenis can die geweer byvoeg vir die lekker.

Sent from my SM-S731B using Tapatalk


Re: Verskeie vrae

Posted: Sat Jul 25, 2026 1:04 pm
by PietVis
Die eerste geweer waaroor ek hulp vra is n 6.5x57 wat ek op die forum by Oom Fanie gekoop het. Mauser aksie, Musgrave oktogonale loop. Lyk of sy loop draai 1:9 is. Jan Bondesio het n pasmaak Huilboom kolf met n hoë wangstuk wat my perfek pas en baie lekker aanlê vir my opgesit. Al my platskiet gewere is op die kolf ontwerp gebou.
Ek wil twee ladings vir die geweer ontwikkel. Die is my kleinste geweer en ek wil kleiner vlakte wild effens verder jag (nie teiken skiet op die goed soos die ouens op die internet nie). Dan soek ek ook n lekker (swaarder en stadiger?) lading vir my vleis skiet bokkies soos Bosbokke en Rietbokke op korter afstande waar ek nie die vleis wil flenters skiet nie.
Laat weet my asb wats werk vir jou. Kruit/Punte en ladings. Deel planne ensomeer. Ek lees dat Pierre van der Walt sê dat die kaliber n lang keel (?) het en dat dit soms moeilik is om monometaal punte akkuraat te laai in die kaliber.



Image

Sent from my SM-S731B using Tapatalk


Re: Verskeie vrae

Posted: Sat Jul 25, 2026 1:06 pm
by PietVis
Die volgende wapen kom ook van Oom Fantie af. 9.3x62. Mauser aksie met n 1:14" loop. Ek weet nie wat is die geweer se geskiedenis nie, maar hy is met liefde gebou. n Suhl Mauser? Ek sal insette waardeer en hoe ek kan kyk oor waar die geweer vandaan kom.
Jan Bondesio het n reguit kolf (soos al my ander groot gewere) op n stuk baie mooi Tambotie hout gebou. Die geweertjie se balans is perfek en ek brand om tyd saam met hom in die veld te spandeer.
Ek reken die geweer gaan eintlik net Elande jag. Ek het kleiener kalibers vir Koedoes en Wildebeeste en groter kalibers vir die groot goed.
Die 9.3x62 en sy 286 grein is bekende staatmakers. Ek kan nie help om te wonder of iets ligter (250 grein?) en vinniger nie gaan help om daardie bokke met die lang bene se vleis huistoe te bring nie?
Laat weet my wat werk. Asb.Image

Sent from my SM-S731B using Tapatalk


Re: Verskeie vrae

Posted: Sat Jul 25, 2026 8:57 pm
by Fanta300
Naand Pieter.
Welkom terug in RSA.
Daai gewere lyk baie mooi in hulle nuwe baadjies. Geniet hulle.
As ek reg onthou is daai 6,5 se twist 1:8,5. Volgens vorige eienaar het 140gr punte perfek gewerk.
Ek sal bietjie weer daai 9.3 se geskiedenis navors. As ek reg onthou het sy skoonpa die geweer uit Namibië saamgebring.
Lekker skiet.
Fantie

Re: Verskeie vrae

Posted: Sun Jul 26, 2026 10:49 am
by Capt. Yoda
Met die 6.5 sou ek nie baie sukkel met 2 ladings nie, kry n blik N555 en n pak of 2 van Rudie se 140gr spoor bullets. Jou grootste uitdaging gaan DIEs wees vir hom maar jy behoort te kry met n bq soek. Moet nie baie warrie oor die lang keel nie mens maak hom werk, die 6.5e se koels is oor die algemaan lekker lank.

Ek dink Rudie maak n 250gr vir daai 9.3 wat lekker sal werk, moerse mooi kolf op daai geweer!

Re: Verskeie vrae

Posted: Sun Jul 26, 2026 11:30 am
by PietVis
Capt. Yoda wrote:Met die 6.5 sou ek nie baie sukkel met 2 ladings nie, kry n blik N555 en n pak of 2 van Rudie se 140gr spoor bullets. Jou grootste uitdaging gaan DIEs wees vir hom maar jy behoort te kry met n bq soek. Moet nie baie warrie oor die lang keel nie mens maak hom werk, die 6.5e se koels is oor die algemaan lekker lank.

Ek dink Rudie maak n 250gr vir daai 9.3 wat lekker sal werk, moerse mooi kolf op daai geweer!
Dankie vir die advies
Die Tambotie is eintlik baie mooier as wat jy op die foto vertoon. Vreeslike fyn figuur en Baaaaie karakter.
Ek verstaan nie waarom die inheemse kolwe nie meer populêr is nie.
Ek het n matrys vir die 6.5, so daardie is nie 'n probleem nie. Jy reken die 140 grein teen 2650 fps het genoeg oemf vir klein bookies ver skiet?
Ek het dan ook n vraag oor die ingevoerde kruit. Ek N555 is na aan S365. Laas toe ek herlaai het (en op skool was), was Somchem ons enigste opsie en die ouens was tevrede daarmee(?). Wat maak die ingevoerde kruie soveel beter gegewe dat dit 50% duurder kos?
Dit klink my sal met Rudi moet gesels. Ek het n beginsel besluit dat ek eintlik net lokale besigheidmanne wil ondersteun in my doen en late.

Sent from my SM-S731B using Tapatalk


Re: Verskeie vrae

Posted: Sun Jul 26, 2026 12:12 pm
by Capt. Yoda
Behalwe laat die ingevoerde kruit basies nou die selfde kos as Somchem sin is dit baie meer konstant batch to batch en naweek na naweek. Kruite soos N140, N150 en N160 wat ek baie gebruik kyk ek nie eers na die batch nr nie ek laai dit en skiet. Ek glo nie ek sal weer S365 skiet as iemand dit vir my verniet gee nie, daar is ook natuurkik die “voordele” van dubbel basis kruite wat jou bq ekstra spoed gee veral vir jag maar natuurlik kom dit teen n koste met loop lewe maar soos ek se vir jag is dit nie iets wat my pla nie.

Die eerste keer wat jy met VV kruit werk sal jy verstaan hoekom meeste mense oor die wereld dit verkies, as ek terug dink aan al die toertjies wat ons moes doen om 365 net te kry om half konstant te werk oor n skiet seisoen betaal ek met n smile n premie vir VV

Re: Verskeie vrae

Posted: Sun Jul 26, 2026 1:00 pm
by finch
Stemsaam oor ingevoerde kruit, Somchem is deesdae net klein bietjie goedkoper as ingevoerde kruit so ekonomies is dit al beter om met ingevoerde kruite te skiet want jy spaar altyd daai eerste +-5 skote per blik om net weer op spoed te kom.