Oefen om van ‘n bakkie af te skiet.

Enige iets pas hier/ discuss anything here
Post Reply
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2346
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Oefen om van ‘n bakkie af te skiet.

Post by henried »

Oor die laaste 10 jaar is ons jagte so 30% op die voet, en 70% van die bakkie af. Daar is baie dinge wat ons prober leer vir eerste jagters waarvan kommunikasie tussen die persoon wat skiet en die bestuurder van die voertuig van die belangrukste is.

Wat my wel pla is die posisie en hoogte van die raam, geen skietbaan waar ek oefen is daar so its nie. Dit is veral ‘n problem as dit kort mense is. Om van die stokke af te oefen is naaste wat ons aan dit kom, maar dit is tog nie dieselfde nie.

Hoe oefen julle hierdie posisie?
Is die oefen van ander posisie genoeg, dat hierdie my nie moet pla nie?
Is daar ander goed waaraan ek aandag moet gee?
Henrie Degenaar
Life Christian Adventure http://www.lifeca.org
Train to hunt South Africa

"Deo Valente "
User avatar
Toyrsi
Hero Member
Hero Member
Posts: 1000
Joined: Fri Jul 03, 2015 5:29 pm

Re: Oefen om van ‘n bakkie af te skiet.

Post by Toyrsi »

Meeste skietrakke is nie goed ontwerp nie en mens het gewoontlik net 1 punt om jou wapen te rus, spons is te sag ens.
Ek glo baie mense is gemaklik met dit maar nie ek nie.
Ek vat n Bean bag(skietsakkie) saam wat jy voor of agter kan gebruik om n beter rus te kry.
Vir oefen sal ek se staan by n skiettafel met n x bag en skiet. Skuif die geweer sodat hy net voor druk en dan in die middel.
YOU WEREN'T BORN TO JUST PAY BILLS AND DIE!
Jacques Esterhuyzen
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2346
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Re: Oefen om van ‘n bakkie af te skiet.

Post by henried »

Die jaar se seun moes geweer op spons rus, geen support, met agterkant van kolf wat agter afhang, anders kon hy nie skiet nie.
My seun is net onder 2m, en hy vind dit baie moeilik om oor 'n raam te skiet. Ek dink wel 'n langer Bi-Pod op sy geweer, ipv die x-bag sal hom baie help. Ek is 1,84 en pas nou weer lekker agter die raam in.

Die tafels by ons skietbane is gemaak om te sit, so al staan jy agter hulle is dit nie dieslefde as agter op die bakkie oor die raam nie. Die ou Spider Valley baan buite VDB het 'n sement blok gehad wat naaste aan raam hoogte was wat ek nog gesien het.

Hierdie is hoe die blok gelyk het.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Henrie Degenaar
Life Christian Adventure http://www.lifeca.org
Train to hunt South Africa

"Deo Valente "
User avatar
Wielie Waps
Hero Member
Hero Member
Posts: 869
Joined: Sat Sep 26, 2009 9:31 am

Re: Oefen om van ‘n bakkie af te skiet.

Post by Wielie Waps »

Ons het skiet raam gebou vir ons plaas bakkie wat maklik laai en aflaai van bakkie af.
Dis 360° support. Ons kan dus hom net op die grond sit vir oefening.
Sal probeer foto plaas.
Dit is nou as jy skiet rame op jou bakkie het nie.
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2346
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Re: Oefen om van ‘n bakkie af te skiet.

Post by henried »

Wielie Waps wrote: Tue Jul 14, 2026 7:05 pm Ons het skiet raam gebou vir ons plaas bakkie wat maklik laai en aflaai van bakkie af.
Dis 360° support. Ons kan dus hom net op die grond sit vir oefening.
Sal probeer foto plaas.
Dit is nou as jy skiet rame op jou bakkie het nie.
Baie dankie, sal graag fotos wil sien.
Henrie Degenaar
Life Christian Adventure http://www.lifeca.org
Train to hunt South Africa

"Deo Valente "
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2346
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Re: Oefen om van ‘n bakkie af te skiet.

Post by henried »

Wielie Waps wrote: Tue Jul 14, 2026 7:05 pm Ons het skiet raam gebou vir ons plaas bakkie wat maklik laai en aflaai van bakkie af.
Dis 360° support. Ons kan dus hom net op die grond sit vir oefening.
Sal probeer foto plaas.
Dit is nou as jy skiet rame op jou bakkie het nie.
Baie dankie, sal graag fotos wil sien.
Henrie Degenaar
Life Christian Adventure http://www.lifeca.org
Train to hunt South Africa

"Deo Valente "
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2346
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Re: Oefen om van ‘n bakkie af te skiet.

Post by henried »

Ek wil nie 'n raam bou nie.

My vraag gaan oor hoe ek iemand kan oplei om van 'n bakkie af te skiet want die posisie is nie iets wat mens by die skiet baan kan oefen nie.
Dit is veral 'n probleem vir kort of baie lang mense.

Hierdie is die naaste wat ek nog op 'n skietbaan gesien het waar mens dit kon oefen.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Henrie Degenaar
Life Christian Adventure http://www.lifeca.org
Train to hunt South Africa

"Deo Valente "
User avatar
Wielie Waps
Hero Member
Hero Member
Posts: 869
Joined: Sat Sep 26, 2009 9:31 am

Re: Oefen om van ‘n bakkie af te skiet.

Post by Wielie Waps »

IMG-20260715-WA0000.jpg
IMG-20260715-WA0001.jpg
Nou nie juis skou gehalte nie , maar hy het baie springbokke en selfs jakkals of 2 laat val
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2346
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Re: Oefen om van ‘n bakkie af te skiet.

Post by henried »

Baie dankie, kan mooi werk vir oefen ook, ek wardeer.
Henrie Degenaar
Life Christian Adventure http://www.lifeca.org
Train to hunt South Africa

"Deo Valente "
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2346
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Re: Oefen om van ‘n bakkie af te skiet.

Post by henried »

Ek sien die nou op Google, die man het 'n opmeters 3-poot gebruik.
Hierdie is net vir oefen.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Henrie Degenaar
Life Christian Adventure http://www.lifeca.org
Train to hunt South Africa

"Deo Valente "
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2346
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Re: Oefen om van ‘n bakkie af te skiet.

Post by henried »

Die op IG gesien die naweek, gaan dit bou en kyk of dit sal help.
Wag net vir die boer om sy raam afmetings vir my te stuur, hoogte en diepte is wat ek soek.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Henrie Degenaar
Life Christian Adventure http://www.lifeca.org
Train to hunt South Africa

"Deo Valente "
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1369
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Oefen om van ‘n bakkie af te skiet.

Post by Toxxyc »

Ek het nog altyd met 'n sak oor die dak geskiet. Ignoreer die ander rakke en goete wat op die bakkie is, dis gewoonlik gemaak om mooi te lyk maar nie mooi te werk nie.
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2346
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Re: Oefen om van ‘n bakkie af te skiet.

Post by henried »

Ek stem, maar wat pla is support vir die elmboog agv die raam wat vlak/kort is.
Die laaste foto kan jy sien die seun het support onder sy elmboog.

Hierdie is eertse keer jagters, so my ondervinding is as hulle dit nie oefen nie, dit vreemd is as hulle op die plaas kom en hulle pas nie agter die raam nie, veral kort kinders.

Die foto hier onder is van die jaar. Die seun was te kort om van 'n x-bag af te skiet, so hy moes die geweer agter die raam laat hang wat beteken het hy het nie lekker support vir sy elmboog gehad nie.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Henrie Degenaar
Life Christian Adventure http://www.lifeca.org
Train to hunt South Africa

"Deo Valente "
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1369
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Oefen om van ‘n bakkie af te skiet.

Post by Toxxyc »

Is die ondersteuning regtig so nodig? As jy van stokke afskiet het jy ook nie ondersteuning vir jou elmboog nie? Oefen net daarsonder.

Op daardie foto lyk dit vir my meer asof die sak te laag is. Hy buk erg vooroor en forseer sy nek agteroor. Dit maak dit moeilik om die teleskoop mooi lyn te hou. Dit kan werk, maar dis frustrerend.

O ja, en ek vind kinders (en onervare skuts) skiet beter vanuit "snaakse" posisies as ons ouer skuts. Hulle fokus meer op die belangrike dinge en kan gewoonlik indrukwekkende skote aftrek.
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2346
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Re: Oefen om van ‘n bakkie af te skiet.

Post by henried »

As ons nie posisies oefen nie, gemaklik of snaaks, veroorsaak dit onnodige onbekende situasies as ons jag.

Hierdie is die stokke waarmee ons oefen en jag, die tripod tipe werk nie vir my as 'n opleiding stok nie.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Henrie Degenaar
Life Christian Adventure http://www.lifeca.org
Train to hunt South Africa

"Deo Valente "
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2346
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Re: Oefen om van ‘n bakkie af te skiet.

Post by henried »

henried wrote: Mon Jul 20, 2026 3:07 pm Ek stem, maar wat pla is support vir die elmboog agv die raam wat vlak/kort is.
Die laaste foto kan jy sien die seun het support onder sy elmboog.

Hierdie is eertse keer jagters, so my ondervinding is as hulle dit nie oefen nie, dit vreemd is as hulle op die plaas kom en hulle pas nie agter die raam nie, veral kort kinders.

Die foto hier onder is van die jaar. Die seun was te kort om van 'n x-bag af te skiet, so hy moes die geweer agter die raam laat hang wat beteken het hy het nie lekker support vir sy elmboog gehad nie.
Hier was geen sak gewees nie, die seun was te kort gewees en moes die kolf agter laat afhang, daar om hand voor op die geweer om te probeer balanseer

Ons kon die uit sort op die baan van die plaas, maar die seun was baie ongemaklik. Sy skote was wel mooi, maar hy het baie lank gevat om op die bok te kom en skoot te vat, wat nie gehelp het om hom kalm te hou nie.

Ons leer hulle altyd om te sê as hulle nie gemaklik is nie, dus druk ons hulle nie om te skiet nie, hulle moet seker maak.
Henrie Degenaar
Life Christian Adventure http://www.lifeca.org
Train to hunt South Africa

"Deo Valente "
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13574
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Oefen om van ‘n bakkie af te skiet.

Post by Capt. Yoda »

henried wrote: Mon Jul 20, 2026 3:07 pm Ek stem, maar wat pla is support vir die elmboog agv die raam wat vlak/kort is.
Die laaste foto kan jy sien die seun het support onder sy elmboog.

Hierdie is eertse keer jagters, so my ondervinding is as hulle dit nie oefen nie, dit vreemd is as hulle op die plaas kom en hulle pas nie agter die raam nie, veral kort kinders.

Die foto hier onder is van die jaar. Die seun was te kort om van 'n x-bag af te skiet, so hy moes die geweer agter die raam laat hang wat beteken het hy het nie lekker support vir sy elmboog gehad nie.
Is daai n skiet raam of n ding om oor te skiet?

n Skiet raam op n bakkie lyk soos n U sodat jy langs die kant kan staan en dan jou elemboog teen die kant van die raam wa oor jy skiet te rus en dan somer met jou lyf bq in die raam in te le. Dit lyk of julle daar oor n pool noodle bo oor die dak skiet

n Ordetnlike skiet raam is bitter stabiel, baie meer as n skiet stok en tensy jy baie lank is en nie kan buk nie behoort daar nie n probleem te wees om ordentlik oor een te skiet nie, as jy kort is sleep jy somer die spaarwiel vorentoe

Jou elemboog moet ook baie hoer wees as in die fotos hier, mens staan nie agter n skiet raam op n cruiser en skiet nie mens le in die geweer in en skiet van die skiet raam af

Die foto is moeilik om mooi te sien maar ek dink julle het meer n probleem met jul raam op die bakkie as die oefen, ek het al baie mense hul eertse keer van n skiet raam af laat skiet en solank hy kan by kom en gemaklik staan is dit instinktief as hy die geweer neer sit.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2346
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Re: Oefen om van ‘n bakkie af te skiet.

Post by henried »

Dit is nie 'n raam nie, plat spons oppervlake.

Hierdie was juis die probleem: sy elemboog was dan hoog en dan te laag ...geen support nie.

Spaarwiel wou nie vir hom werk nie, hy het gevoel sy balans is nie lekker nie.

Ek wardeer die trugvoer, maar kan julle verstaan hoekom ek so 'n bank wil maak om van te oefen, sodat hulle weet van so iets as hulle op die plaas kom. HIerdie was wel die kortste kind nog, so als was net erger vir hom.

Ek dink ander jare het die staan-lê oor die skiet bank, en skiet oor die stokke ons gehelp.

Bakkie skiet vir eerste jagter is amper moelikker as om van die stokke af te skiet. Die wild weet jy is daar, dus beweeg hulle baie, skote is in ons ondervinding ook verder as van die stokke af. Ek voel persoonlik so baie mense jag van bakkies af dat ons op 'n manier vir dit moet kan oefen net soos enige ander posisie.
Henrie Degenaar
Life Christian Adventure http://www.lifeca.org
Train to hunt South Africa

"Deo Valente "
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1543
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: Oefen om van ‘n bakkie af te skiet.

Post by Giepie »

Ek dink die probleem vir baie is dat jy nie beheer het van watter bakkie, en daarom ook rame, jy sal moet skiet nie. Verder is die hoek waarmee jy skiet ook gedurig anders want die drywer kan ook net stop soos hy/sy kan, dan beweeg die diere ook nog rond dat dit aanvanklike rigting verander het. Die elevasie verskil ook gedurig. Nie alle bakkies se rame is regtig doelmatig vir skiet ontwerp nie. Ek moes al op baie ongemaklike posisies skiet, en dan nog seker maak ek skiet nie lugdraad of dak raak nie. Ek oefen op om in enige snaakse posisie te skiet.

Nou die dag saam uitgegaan waar die bakkie 'n platvorm oor die kajuit het. Jy kan 'n skietsak of tweepoot daarop sit, met ondersteuning agter. Dit was van die gemaklikste wat ek nog van 'n bakkie af kon skiet.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2346
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Re: Oefen om van ‘n bakkie af te skiet.

Post by henried »

Giepie wrote: Thu Jul 23, 2026 9:47 am Ek dink die probleem vir baie is dat jy nie beheer het van watter bakkie, en daarom ook rame, jy sal moet skiet nie. Verder is die hoek waarmee jy skiet ook gedurig anders want die drywer kan ook net stop soos hy/sy kan, dan beweeg die diere ook nog rond dat dit aanvanklike rigting verander het. Die elevasie verskil ook gedurig. Nie alle bakkies se rame is regtig doelmatig vir skiet ontwerp nie. Ek moes al op baie ongemaklike posisies skiet, en dan nog seker maak ek skiet nie lugdraad of dak raak nie. Ek oefen op om in enige snaakse posisie te skiet.

Nou die dag saam uitgegaan waar die bakkie 'n platvorm oor die kajuit het. Jy kan 'n skietsak of tweepoot daarop sit, met ondersteuning agter. Dit was van die gemaklikste wat ek nog van 'n bakkie af kon skiet.
Stem saam, dit is wat dit moeilik maak om eerste-keer-jagter voor te berei.

Ons jag altyd by dieselfde plaas, so die boer sal my sy afmeetings stuur, ek voel dit is beter om van iets af te oefen en voorbereid te wees, as om daar te kom en dan dinge te probeer hanteer.

Volgende jaar se jagters is ook kort...
Henrie Degenaar
Life Christian Adventure http://www.lifeca.org
Train to hunt South Africa

"Deo Valente "
Post Reply