Page 1 of 1

Howa 1500 204 Ruger uitrekker prbleme

Posted: Wed Jul 08, 2026 9:49 pm
by Krobb
Naand almal
My Howa 204 Ruger trek doppe net halfpad uit en los dan die dop bo-op die patrone in die magesyn.
Dit het net so dan en wan gebeur,so min dat ek nie ag geslaan het daarop nie. Ek het maar gedink ek werk nie die slot hard genoeg nie.
Maar dit het die naweek al meer en meer gebeur tot dit nou elke keer gebeur nadat ek geskiet het.
Hy ontlaai patrone perfek.
Het iemand dit al ondervind?
Ek het vandag teruggekom uit die jagveld uit en begin Google vir n nuwe uitrekker maar sonder veel sukses.
Waar kan ek n uitrekker koop?

Re: Howa 1500 204 Ruger uitrekker prbleme

Posted: Thu Jul 09, 2026 6:20 am
by Ds J
Howa 1500 is 'n kopie van die Rem 700. Die parte pas blykbaar oor-en-weer.

Kon jy sien of die slot se uittrekker en meegaande meganisme skoon is? Soms is daar vuiligheid in, of die veertjie het dalk aandag nodig.

Re: Howa 1500 204 Ruger uitrekker prbleme

Posted: Thu Jul 09, 2026 6:29 am
by Toyrsi
Ek het aan my uitrekker gevyl sodat hy dieper oor die rim van die dop gaan.
Dit het gehelp.

Re: Howa 1500 204 Ruger uitrekker prbleme

Posted: Thu Jul 09, 2026 6:37 am
by Andre308
Ds J wrote: Thu Jul 09, 2026 6:20 am Howa 1500 is 'n kopie van die Rem 700. Die parte pas blykbaar oor-en-weer.

Kon jy sien of die slot se uittrekker en meegaande meganisme skoon is? Soms is daar vuiligheid in, of die veertjie het dalk aandag nodig.
Dit is onwaar.

N standaard Rem 700 se extractor is n face clip, wat op die slot gesig inclip en die dop word daarmee gehak vir extraction. Dit die rede hoekom baie mense n Sako extractor mod op hulle doen.

Die Howa is standaard met n Sako tipe extractor, wat n spring beheerde claw teen die kant in die slot ingesink het, wat die dop hak.

Hier klink dit vir my dat daar n bietjie tlc nodig is. Die extractor claw sowel as die plunger is met dowel penne in plek. As jy kaans sien en sulke dun tools het waarmee jy hulle kan uitkap, dan doen so en maak alles mooi skoon. Indien nie, spuit die plunger en claw met n blikke penetrative oil tot hulle weer lekker gemaklik beweeg.

Re: Howa 1500 204 Ruger uitrekker prbleme

Posted: Thu Jul 09, 2026 8:35 am
by Lategan1
Indien jy slegs “neck size” kan beslis gebeur.
Indien jy “body size” met 0.5 tot 1.5th kopspasie kan dit ook gebeur.
Indien jy “partial full size” met dieselfde kopspasie, kan dit ook gebeur.

As jy mooi luister hoor jy hoe die dop met ‘n suiggeluid uit die kamer kom. My .223 M700 het redelike stywe kamer en is van die 80/90’s se beter Remington’s.

My 80% oplossing was om weer die doppe ‘n behoorlike vollengte matrys te gee, daarna is ek weer terug op die “body size”.

Die werklike oplossing is soos hier genoem, Sako kloue indien die behoorlike skoonmaak en vollengte matrys nie werk nie.

Ek moet wel noem, myne het 100% funksioneer totdat ek die slagpen laat bus het. Geweersmit het nie ‘n oplossing om dit reg te stel nie, het die kamer ook poleer. My/ons aanname is dus hoër en beter druk tesame met ‘n stywe kamer, is die swartskaap.

Ek mag ook dalk die Sako roete gaan.

Beste.

Re: Howa 1500 204 Ruger uitrekker prbleme

Posted: Thu Jul 09, 2026 8:44 am
by KaKaTo
Het met my broer se .308 Howa dieselfde gehad maar die oplossing was eenvoudig om die kamer n goeie skrop te gee.

Vermoed met die vog was die kamer vuil + bietjie "Light" rust. Die doppe was ook FL sized met n 2 thou shoulder bump.

Re: Howa 1500 204 Ruger uitrekker prbleme

Posted: Thu Jul 09, 2026 9:03 am
by Krobb
Manne dankie vir die terugvoering.
Soos ek gesê het, die dop kom maklik uit die kamer maar as hy halfpad uit is los die uitrekker hom.
Ek dink ek gaan die penne uitslaan en goed onder die uitrekker skoonmsak.
Ek het wel op Amerikaanse forum gelees dat van die Howas se penne baie styf sit en nie uitkom nie.
Dan is dit seker maar Orpen toe.

Re: Howa 1500 204 Ruger uitrekker prbleme

Posted: Thu Jul 09, 2026 1:39 pm
by Lategan1
@ Krobb, duidelikheidshalwe.

Die Howa se uittrekker is sterkter as Mod 700. Dus was dit dalk makliker vir my om te bepaal wanneer en waar my uittrekker die dop mis omrede dit te styf sit, gedeeltelik uittrek en los soos joune, of volledig uitwerp. Dit was opvallend dat dit gebeur met skote 2 en meer wanneer kamer uitsit weens die hitte. Koud en met 1ste skoot werk hy reg.

Beste.

Re: Howa 1500 204 Ruger uitrekker prbleme

Posted: Sun Jul 19, 2026 3:03 pm
by Alwin
Krobb wrote: Thu Jul 09, 2026 9:03 am Manne dankie vir die terugvoering.
Soos ek gesê het, die dop kom maklik uit die kamer maar as hy halfpad uit is los die uitrekker hom.
Ek dink ek gaan die penne uitslaan en goed onder die uitrekker skoonmsak.
Ek het wel op Amerikaanse forum gelees dat van die Howas se penne baie styf sit en nie uitkom nie.
Dan is dit seker maar Orpen toe.
Ek het ook 'n uittrek probleem gehad op 'n Howa 223. Kamer poleer het nie gehelp nie.
Toe lees ek iewers dat dit soms 'n kwessie is en dat mens dieselfde triek kan probeer as wat mense met die AR15 doen:
Haal die uittrekker uit. Myne se pen het maklik uitgekom. Kry 'n klein O-ring wat om die uittrekkerveer pas en sit terug aanmekaar. 'n Bietjie skoonmaak kan nie skade doen nie, dalk sit daar net 'n harde stuk iets onder die uittrekker vas?

Re: Howa 1500 204 Ruger uitrekker prbleme

Posted: Sun Jul 19, 2026 5:06 pm
by Arnold
Dit klink of jy uitwerper probleme het instede van uittrekker probleme.

Kyk dat die uitwerper vrylik beweeg en nie dalk vassit in die slot nie. As daar vullis of dalk 'n stukkie primer ingekom het kan die uitwerper vassit en dus nie genoeg krag op die dop sit om hom uit te skop nie.

Haal hom uit deur die roll pin uit te slaan maar passop dat hy dan nie weg vlieg nie. Maak skoon en sit als weer mooi in. Hierdie is nie so maklik gedoen soos gese nie aangesien die uitwerper opgelyn moet wees en hy die roll pin weer moet terug kry onder druk. Soms kort mens meer hande as jy nie die regte tool hiervoor het nie.

Re: Howa 1500 204 Ruger uitrekker prbleme

Posted: Mon Jul 20, 2026 8:40 am
by JohanvB
Ek dink soos Lategan gesê het, jy het dalk jou doppe se nekke te vêr terug gedruk…

Net of nie meer as 2 thou nie…

Re: Howa 1500 204 Ruger uitrekker prbleme

Posted: Mon Jul 20, 2026 3:31 pm
by Ratel
Het jy al gekyk of dieselfde gebeur met fabrieks patrone?

Re: Howa 1500 204 Ruger uitrekker prbleme

Posted: Wed Jul 22, 2026 7:57 am
by Dirkvh
Ds J wrote: Thu Jul 09, 2026 6:20 am Howa 1500 is 'n kopie van die Rem 700. Die parte pas blykbaar oor-en-weer.

Kon jy sien of die slot se uittrekker en meegaande meganisme skoon is? Soms is daar vuiligheid in, of die veertjie het dalk aandag nodig.
Howa 1500 en 'n Weatherby Vanguard is dieselfde. Die Howa fabriek produseer Weatherby se aksies, en die 1500 is identiese tweeling.

Re: Howa 1500 204 Ruger uitrekker prbleme

Posted: Wed Jul 22, 2026 8:23 am
by Arnold
Dirkvh wrote: Wed Jul 22, 2026 7:57 am
Ds J wrote: Thu Jul 09, 2026 6:20 am Howa 1500 is 'n kopie van die Rem 700. Die parte pas blykbaar oor-en-weer.

Kon jy sien of die slot se uittrekker en meegaande meganisme skoon is? Soms is daar vuiligheid in, of die veertjie het dalk aandag nodig.
Howa 1500 en 'n Weatherby Vanguard is dieselfde. Die Howa fabriek produseer Weatherby se aksies, en die 1500 is identiese tweeling.
Howa aksies is baie nader aan 'n ou Sako L aksie. Wat hulle wel met die Rem700 in gemeen het is hoe die scope mount.
Die uittrekker is 'n M16 variant en werk ook anders as die Sako se uittrekker.

Re: Howa 1500 204 Ruger uitrekker prbleme

Posted: Wed Jul 22, 2026 9:44 am
by Capt. Yoda
Howa se oorspronklike aksies was die Howa Golden bear, dit was basies n copy van die Sako Finnbear
Soos die storie gaan het Sako toe vir Howa hof toe gesleep, die Howa 1500 is toe gebore en alhoewel dit nie n direkte copy van Sako is nie sal jy sien hulle is neefs as jy die 2 barrel actions langs mekaar sit

Re: Howa 1500 204 Ruger uitrekker prbleme

Posted: Wed Jul 22, 2026 6:55 pm
by Alwin
Capt. Yoda wrote: Wed Jul 22, 2026 9:44 am Howa se oorspronklike aksies was die Howa Golden bear, dit was basies n copy van die Sako Finnbear
Soos die storie gaan het Sako toe vir Howa hof toe gesleep, die Howa 1500 is toe gebore en alhoewel dit nie n direkte copy van Sako is nie sal jy sien hulle is neefs as jy die 2 barrel actions langs mekaar sit
Van die ouer 2-sluitnok Sakos (seker ook sommige 3-sluitnok modelle) se voetspoor is ook dieselfde as 'n Howa met dieselfde aksielengte.

Al ooreenkoms tussen die Howa en 'n Rem 700 is die gatspasiëring en profiel van die teleskoopmonterings. Baie ander vervaardigers gebruik ook dieselfde afmetings.

Re: Howa 1500 204 Ruger uitrekker prbleme

Posted: Thu Jul 23, 2026 2:05 pm
by JohanvB
Krobb wrote: Wed Jul 08, 2026 9:49 pm Naand almal
My Howa 204 Ruger trek doppe net halfpad uit en los dan die dop bo-op die patrone in die magesyn.
Dit het net so dan en wan gebeur,so min dat ek nie ag geslaan het daarop nie. Ek het maar gedink ek werk nie die slot hard genoeg nie.
Maar dit het die naweek al meer en meer gebeur tot dit nou elke keer gebeur nadat ek geskiet het.
Hy ontlaai patrone perfek.
Het iemand dit al ondervind?
Ek het vandag teruggekom uit die jagveld uit en begin Google vir n nuwe uitrekker maar sonder veel sukses.
Waar kan ek n uitrekker koop?
Na al die verskillende opinies, wat was of is die probleem?

Re: Howa 1500 204 Ruger uitrekker prbleme

Posted: Fri Jul 24, 2026 1:55 pm
by Krobb
Manne dankie vir al die raad.
Ek die uitrekker se pen uitgeslaan en hom uitgehaal. Dit was heel maklik, hy kan net eenkant toe uitgeslaan word , ek het dit op n forum gelees en op Youtube gekyk.
Hy was oral silwerskoon met n dun lagie olie binne, so dit was nie die probleem nie.
Nadat ek hom teruggesit het, het ek agtergekom as ek n bietjie druk met my wysvinger op die kant van die uitrekker sit, dan trek hy die dop heeltemal uit.
Dit sê vir my dat die veertjie van die uitrekker te pap is.
Ek gaan nou maar rondsoek waar ek een te koop kan kry en hom insit.
Ek het bietjie gegoogle maar kry nie n plek om een te koop nie.