Page 1 of 1
Derya pistole
Posted: Tue Jul 07, 2026 10:22 pm
by Carel Kolesky
Naand manne!Enige ondervinding hiermee/raad/opinies?
Re: Derya pistole
Posted: Wed Jul 08, 2026 9:54 am
by heywillie
Die eerste vraag met enige pistool - hoe lyk die plaaslike ondersteuning ten opsigte van spaar onderdele ?
Met iets soos CZ of Glock kry jy parte om elke hoek en draai.
Re: Derya pistole
Posted: Wed Jul 08, 2026 1:28 pm
by Carel Kolesky
Skynbaar n kloon vd Glock-vat oorspr Glock magasyne-weet nie vd res vd parte?
Re: Derya pistole
Posted: Wed Jul 08, 2026 2:59 pm
by Ratel
Ek het 'n paar dae gelede by 'n klient gewees en hy het my sy Derya 9 mm gewys. Hy het die pistool en dan ook die semi auto in 9mm. Die lang magasyne van die semi auto pas op die pistool ook. Turkse maak. Ek weet nie hoe skiet hulle nie maar as ek oor die algemeen kyk sal ek dan eerder die Canik vat. Ek dink Canik is van die Turkse wapens vinnig besig om 'n goeie reputasie te bou. Die spesifieke model Derya pistool het met 'n red dot uitgekom maar dit lyk na 'n baie budget friendly wapen.
Re: Derya pistole
Posted: Sat Jul 11, 2026 8:52 am
by Carel Kolesky
Dankie vir terugvoer
Re: Derya pistole
Posted: Sun Jul 19, 2026 2:57 pm
by Alwin
Carel Kolesky wrote: Tue Jul 07, 2026 10:22 pm
Naand manne!Enige ondervinding hiermee/raad/opinies?
Dit lyk op die oog af na 'n kloon van 'n Glock 19 gen 3, met kosmetiese veranderinge.
Die rede hiervoor is dat Glock se patente op die gen 3 verval het, maar die vorm (fisiese voorkoms) is deel van hulle handelsmerk en dus "IP".
Nou word hulle orals geplagiateer, maar die voorkoms word verander. Ook maar goed so, want Tante Glock is nie bekend vir haar skoonheid nie. (Ek praat hier van die pistool, nie die eienaar van die maatskappy nie.

)
Ek sou nie my neus optrek vir 'n Derya nie, veral nie teen +/-R7k nie. Dis wat 'n goed gebruikte Glock jou gaan kos.
Wat ek wel graag wil doen, is om die Derya en 'n Glock 19 gen 3 langs mekaar te sit, uit mekaar te haal en te vergelyk. Daar is 'n groot kans dat die onderdele uitruilbaar is. Dit maak baie dinge moontlik, want Glock onderdele van alle geure is redelik beskikbaar.
My Derya ondervinding is beperk tot 'n vriend se haelgeweer. Hy lyk soos 'n vet gevoerde AR15 en loop soos stroop.
Re: Derya pistole
Posted: Sun Jul 19, 2026 3:06 pm
by Ratel
Was weer intussen by die klient met Derya 9mm en vind toe dat my G23 se magasyn perfek pas op die Derya. Dit kan nogal n duur fout veroorsaak met kediese koste. Hy baie gelukkig met die Derya en sĂȘ hulle het nog nie enige storings en probleme ondervind nie. Ek moet se die wapen se greep is baie nice.