Page 1 of 1
NUWE KONSEPWETGEWING GEPUBLISEER 2 JULIE 2026
Posted: Tue Jul 07, 2026 2:34 pm
by Dawie Malan
Goeie dag
Daar is nuwe Konsepwetgewing gepubliseer oor die beheer van probleemdiere wat elke jakkalsjagter raak. Dit is om die minste te sê, drakonies.
Beswaar en kommentaar moet gemaak word Voor
1 Augustus 2026 aan
dcaguidelines@dffe.gov.za. CC ook jou beswaar aan WRSA by
admin@wrsa.co.za want hulle is besig met kapsie teen die wetgewing.
Skakel na dokument
https://www.dropbox.com/scl/fi/zq6rmv88 ... nk8g7&dl=0
Groete
Daaf Malan
Re: NUWE KONSEPWETGEWING GEPUBLISEER 2 JULIE 2026
Posted: Tue Jul 07, 2026 7:04 pm
by Capt. Yoda
Wil iemand nie vir die van ons wat bq sukkel met letterheid n opsoming ger nie?
Re: NUWE KONSEPWETGEWING GEPUBLISEER 2 JULIE 2026
Posted: Tue Jul 14, 2026 3:03 pm
by Dawie Malan
In ‘n Neutedop sê die nuwe wet dat jy ‘n permit mag nodig kry as jy roep en skiet, hokke of ysters stel of ondiere met honde jag. Verder mag jy opleiding benodig om dit te doen of bewys lewer van opleiding as jy vir ‘n permit aansoek doen en ‘n skadebepaling mag gedoen word voor so permit uitgereik word. Rekord moet gehou word van alle skade voor aansoek gedoen word vir ‘n permit. Dan word jy aangeraai om die diere wat jy dood aan te meld.
Jy moet alle jakkalse en rooikatte wat met ‘n koeël geskiet word begrawe en nie naby ‘n waterbron nie. Alle diere gedood moet aangeteken word (plek, geslag, hoeveelheid, dragtigheid), fotos geneem word van, ‘n moontlike inspeksie van owerhede verwag asook ‘n lys van voorkomingsmaatreëls in plek stel.
Re: NUWE KONSEPWETGEWING GEPUBLISEER 2 JULIE 2026
Posted: Tue Jul 14, 2026 3:25 pm
by Capt. Yoda
Dankie Dawie, ek het so vinnig deur dit gelees en so half dit gesien. Erens sal iemand seker weer n geldjie maak met die sirkus
Re: NUWE KONSEPWETGEWING GEPUBLISEER 2 JULIE 2026
Posted: Wed Jul 15, 2026 10:46 am
by Zuku
Old Hillbilly legend. "If you have gun and a shovel you can sort out your own problems without interfernce from the law"
Maak net alles moeiliker en duurder om iets normaal te doen.
Re: NUWE KONSEPWETGEWING GEPUBLISEER 2 JULIE 2026
Posted: Wed Jul 22, 2026 3:49 pm
by Dawie Malan
Goeie dag Jakkalsjagters,
Onthou asseblief Vrydag oor 'n week sluit die kommentare vir die nuwe wet wat alle jakkalsjagters, grondeienaars, hok-, yster- en hondejagters van probleemdiere gaan affekteer.
So as jy nie saamstem met permit-verkryging van ondiere, verpligte kursusse, opnames van diere gedood en onderhewig wil wees vir inspeksies van voorsorgmaatreels getref, al is dit net om 'n enkele jakkals mag skiet nie, maak asseblief beswaar. Onthou, individuele besware van verskeie jagters asook oorspronklike aspekte in besware gaan baie water dra.
As jy hou van hoe boere, plattelandse besigheid en jagters tans hanteer word, hou dan net verby.
Groete
Daaf
Re: NUWE KONSEPWETGEWING GEPUBLISEER 2 JULIE 2026
Posted: Thu Jul 30, 2026 8:35 am
by Dawie Malan
Wil almal net herinner: More sluit die kommentare op die Riglyne .
Re: NUWE KONSEPWETGEWING GEPUBLISEER 2 JULIE 2026
Posted: Wed Aug 05, 2026 8:10 am
by Dawie Malan
More more
Vir dié wat nog kommentare wil indien, die Departement het hulle plasingsdatum verkeerd gehad, so daar is nog tyd tot die 8ste Augustus.
Hoe meer, hoe beter.