Miskonsepsies oor die jag van Bosvarke met honde
Posted: Sun Mar 11, 2012 3:24 pm
Hallo Manne, ek voel genoodsaak om hiedie stukkie te skryf, ek is geensins 'n fundi nie maar het nou al 8 keer saam met dieselfde span honde gejag en deel net my ondervindinge.
Algemene Miskonsepsies:
Honde jaag varke en verskeur hulle voor mens hom doodskiet of steek.
Vark staan nie 'n kans teen honde nie
Agtergrond:
Ek jag saam met 'n goed opgeleide span honde en word hulle goed bestuur, maar als gaan nie altyd soos beplan nie. Die honde sal van tyd tot tyd 'n bok opjaag maar dit gebeur nie aldag nie, dit is meestal as die vleie deurgewerk word waar die rietbokke graag l?. Die bokke word nie gevang nie. Selfde met duikers. Jakkalse loop nou en dan deur.
Hoe dit werk:
Jagters word strategies geplaas om soveel moontlik van die area waar die honde ingesit word te dek. Die honde word teen die wind vrygelaat, dit is 'n verskeidenheid van blueticks, bloedhonde, foxterriers(groot) en 'n steekbaard hier en daar. Die honde word dan deur iemand gelei opsoek na die spoor, sodra die honde spoor optel hardloop hulle tot hulle die vark kry wat gewoonlik teen die tyd al honderde meters verder gehardloop het. 'n Slim vark hardloop kringe om en deur die honde. Een vark kan twintig honde vinnig moeg hardloop. Daar is so paar manne wat bv deur die mielies werk saam agter die honde aan en wat dan met tye die varke raakloop waar hulle dan doodgeskiet word, hier mag jy net af grond toe skiet en jy vat nie 'n skoot tensy jy 100% seker is wat agter die vark is en dat daar nie honde in die pad is nie. Ons is bereid om 'n vark te verloor en is dus nie bereid om 'n hond of mens in die gedrang te bring nie. Dit gebeur ook dat van die varke sal gaan staan en baklei. Hier word hulle omsingel deur die honde en die honde hou meestal 'n veilige afstand, soms sal die vark storm en die honde doen gereeld snye op, meeste van hulle nie ernstig. Sou die vark staan is dit 'n beduidende blaf deur die honde en hier is dit die naaste jagter se doel om so gou moontlik by die honde en die vark uit te kom en hom dit dan so gou moontlik te dood. Meeste varke val net daar. Die windgatte is nie braaf genoeg om in te hardloop en te gaan skiet nie, dus is dit meestal die bekwame manne wat eerste daar is en die skietwerk doen. Hier moet jy weereens baie seker van jou skoot wees want die honde maal om die vark.
Dit gebeur ook dat daar varke uitbreuk en dan in die oopte hardloop waar die manne aan die buitekant (normaalweg veilig bo op hul bakkies) dan daai diere sal skiet.
Cowboys is nie welkom nie en jy sal dit vinnig vertel word en gevra word om te loop as jy jou wangedra. Drank is ook nie welkom tydens die jag nie, en sou jy gevind word terwyl jy drank inneem kan jy ook maar jou goed pak.
Honde wat raakgeskiet word se vee-arts rekening is vir jou sak en jy jag nooit weer saam nie.
Dit is hartseer oomblikke as honde doodgaan, gelukkig gebeur dit baie selde, maar in hierdie stryd is dit altyd 'n moontlikheid.
Honde kry seer en word altyd mooi toegewerk en ontvang die nodige mediese hulp daar op die toneel. Sulke honde word dan ook weer gerus vir 'n paar weke tot hulle reg is.
Die meeste honde wat nog op een jag snye opgedoen het was 8 in totaal.
Dit gebeur dat daar nuwe varke in die area intrek wat nie die honde ken nie en hulle is meer geneigd om te gaan staan en baklei.
Dit is harde werk en nie grappies nie, net gister weer het meer as die helfte van die mense verdwyn oor daar nie genoeg opwinding was nie. En dit is ook hier waar ek die grootste vark van die dag teegekom het, en die vark het my ontglip oor ek nie bereid was om hom/haar in die boude te skiet nie. Ja daar word so bietjie gespot, maar jy word ook bedank dat jy die veiligheid van almal om jou en die diere in gedagte gehou het.
Party manne jag al jare saam en kry net nie varke nie. Ek was gelukkig om op jag 5 en 7 my eerste twee varke te kry, maar ek het baie kilometers gestap en gehardloop daarvoor. Ek het ook al 3 varke laat oorstaan omdat ek nie die kans wou vat nie, maar dit is als die moeite werd.
'n Bosvark is 'n hiper intellegente dier en moet gladnie ge-underestimate word nie. Hulle hardloop kringe om mens en hond en is vrek vinnig, hulle kan en sal jou seermaak as jy hom bedreig.
Dit is lekker om saam met die honde te jag, want jy kan hulle sommer so bietjie water gee as hulle verbei kom en jy kan hulle ook so bietjie vryf en aanmoedig.
Hierdie honde is geteel as jagters, dit is in hul bloed, moet dit nie van hulle ontneem nie.
Om ordentlik saam met honde te jag is nie vir sissies nie, dit is uitdagend, uitputtend, gevaarlik en baie baie "rewarding" as jy die dag jou beurt kry.
Hierdie is my deel oor die honde, neem dit in soos jy goed dink en besluit maar self.
Ek sal ook saamstem dat ek nie saam met sekere mense en hul spanne sal jag nie, die honde is nie reg opgelei nie.
Happy hunting en vra gerus as julle iets wil weet, ek sal antwoord waar ek kan.
DeonĀ