Page 1 of 1

Gebruik jy die regte kaliber vir jag

Posted: Mon Jun 29, 2026 11:35 am
by tripodmvr

Re: Gebruik jy die regte kaliber vir jag

Posted: Mon Jun 29, 2026 7:45 pm
by Giepie
'n Bietjie iets anders verwag, maar steeds interessant. Die rede hoekom ek kom kyk het na die tema was omdat ek 'n paar planne in my agterkop het. Ek wil begin kyk na een geweer vir meeste van my jagte, met dan 'n 375H&H vir die groot goed. Ek is lus vir 'n 280AI, maar ek sien nie sulke gewere te koop nie, omtrent net Peterson doppe daarvoor beskikbaar, en nêrens dies daarvoor nie. Selfde vir 280 Rem. My rede was dat ek soek iets wat kan doen wat 'n 30-06 en 270Win kan doen, maar ook gemaklik tot op 600m kan skiet indien nodig. Ek wil nie na 6,5'e en kleiner na toe gaan nie, dit raak vir my te klein, maar 300prc en WinMag raak weer te groot. So as ek 280AI wil hê, sal ek een moet laat bou, verkieslik op Howa lang aksie omdat kolwe en chassis meer beskikbaar is.

Re: Gebruik jy die regte kaliber vir jag

Posted: Mon Jun 29, 2026 9:10 pm
by tripodmvr
7x64 ?????

Re: Gebruik jy die regte kaliber vir jag

Posted: Tue Jun 30, 2026 7:47 am
by Toxxyc
Giepie wrote: Mon Jun 29, 2026 7:45 pmEk wil nie na 6,5'e en kleiner na toe gaan nie, dit raak vir my te klein,
Simpel vraag dalk, maar hoekom nie? Die 6.5'e met die swaarder pitte (140gr-rond) hou gewoonlik meer energie op daardie langer afstande as die middelslag 30-kaliber rondtes (soos die .30-06).

As jy regtig groter wil gaan is die 7x64 'n redelike algemene een. Of gaan bossies en koop 'n 7 RUM.

Re: Gebruik jy die regte kaliber vir jag

Posted: Wed Jul 01, 2026 7:45 am
by Armand Steenkamp
Ek dink nie n man moet die ou 7mmRemmag weg gooi nie. Jy kry maklik doppe en dies. Winkel gewere is net nie aldag presies soos n man wil he nie. Maaar n man kan n bitter lekker 7mmRemmag bou op n P14 as jy dalk so n los aksie het ;-)