Page 1 of 1

Chronograph raad asseblief

Posted: Sat Mar 10, 2012 5:02 pm
by Marc
Manne

Ek is in die proses om vir myself 'n Chronograph aan te skaf. Die geraai-raai of mens amper reg is gaan nou ent kry  ;D Ek wil graag WEET  ;D

Enige hulp en/of raad sal opreg waardeer word. Met my minimale navorsing klink die CED M2 na 'n goeie koopie ??? O ja die baan waar ek loodgooi skiet van suid na noord.

Baie dankie

Groetnis
Marc

Re: Chronograph raad asseblief

Posted: Sat Mar 10, 2012 7:08 pm
by bullseye
Mark die beste chronys volgens my is oehler en pvm-21.die pvm het ek ingevoer en jy kan dag of nag deur hom skiet sy lesing sal altyd dieselfde bly.die oelers was n ruk van die mark af maar word nou weer vervaardig as gevolg van navra so dit alleen se dit is n goeie chronograaf die crono wat jy van praat het ek nie ondervinding van nie.groete Bullseye

Re: Chronograph raad asseblief

Posted: Sat Mar 10, 2012 7:24 pm
by tripodmvr
Het self 'n CED M2 en hy is baie beter as my ou Pro-Chrono wat ek gebruik het. Oehler is wel 'n top chrony, maar die koste kan hom uitskakel as jy bloot jou ladings wil toets en hom nie op 'n professionele manier benut nie (byvoorbeeld vir skietklub of soortgelyk). Laai inligting af op rekenaar en gee baie statistiese analise. Vir om en by R3000 is dit 'n baie goeie koop. Hy is ook lig op batterye.

Re: Chronograph raad asseblief

Posted: Sat Mar 10, 2012 7:57 pm
by Marc
bullseye wrote: Mark die beste chronys volgens my is oehler en pvm-21.die pvm het ek ingevoer en jy kan dag of nag deur hom skiet sy lesing sal altyd dieselfde bly.die oelers was n ruk van die mark af maar word nou weer vervaardig as gevolg van navra so dit alleen se dit is n goeie chronograaf die crono wat jy van praat het ek nie ondervinding van nie.groete Bullseye
Bulls eye  :'(

Ek het ook op hom afgekom, daai is Porche  :o :o :o ek dink net hy is taamlik bo my vuurmaak plek en liga  :-[ Het op een plek gelees hulle het produksie gestaak, is dit waar  ???
tripodmvr wrote: Het self 'n CED M2 en hy is baie beter as my ou Pro-Chrono wat ek gebruik het. Oehler is wel 'n top chrony, maar die koste kan hom uitskakel as jy bloot jou ladings wil toets en hom nie op 'n professionele manier benut nie (byvoorbeeld vir skietklub of soortgelyk). Laai inligting af op rekenaar en gee baie statistiese analise. Vir om en by R3000 is dit 'n baie goeie koop. Hy is ook lig op batterye.
Tripod  ;)

Ek neig om saam te stem, al meer verwys na die CED bo die F1 Chrony, ek will net bevestig dis nie net grootpraat nie en dat die produk werklik goed is.

Een van die CED se groot voordele vir my is: dat die hele meganisme nie foos geskiet geword as ek hom perongeluk tref nie  ??? die dele wat wel getref kan word lyk of hulle almal vervang kan word  ??? sal graag ware spoed op 100meter en dalk selfs op 200meter wil toets, gaan net eers moet seker maak my groepe daai rondte is STYF  ;D

Dankie so ver vir die raad.

Mooiloop
Marc

Re: Chronograph raad asseblief

Posted: Sun Mar 11, 2012 10:46 am
by Gerard
Moet asseblief net nie 'n instrument koop waar die hele ding voor die geweer moet staan nie.  Teen die tyd wat jy die derde een moet koop, kon jy net sowel 'n ordentlike instrument gekoop het.  Kronograwe kom in twee vorms, die goedkoop goed waar die hele ding op 'n driepoot 'n ent voor die geweer staan en beter soorte waar net die sensors voor die geweer is en die rekenaar met 'n kabel verbind, staan by die skut.