Waarlik jag
Posted: Sun Jun 14, 2026 8:13 pm
Naandsê
Ek het so 'n paar dae gelede gelees wat Toxxyc geskryf het oor waarlike jag. Ek stem saam met van die dinge wat hy sê en voel saam met hom oor sy verlange om soos in die ou dae te jag. Ondervinding het my egter geleer dat jy deesdae nie meer enige man op jou eiendom kan toelaat om op sy eie te jag nie. Daar is net te veel oneerlike mense. Vroeër het mense met vee geboer en ook laat jag en die jagtery het gesorg vir 'n handige sakgeldjie. Deesdae is baie plase suiwer net jagplase en dit bring die hoë pryse en alles wat daarmee saam gaan mee. Dit kan ongelukkig nie anders nie.
Ek het na my aftrede met my alie in die botter geval. Deesdae is ek 'n plaasopsigter in die Klein-Karoo en ek het 'n vriend naby Blombos wie se plaas ek enige tyd mag besoek en daar rondloop en ook sy skietbaan gebruik. Daar is ook 'n plaas naby Heidelberg, skaars 70km van my af waar ek makoue, kolganse en tarentale na hartelus kan skiet op my eie. Die lewe is goed. Dankie vir sulke vriende op wie se eiendomme ek waarlik kan jag!
Die plaas waar ek werk het tans te veel sebras en ons wil hulle minder maak maar dis 'n baie moeilike plaas om op te jag. Daar is verskeie groot vlaktes en baie bergterrein wat onbegaanbaar is. Die eienaars hou geen werkers aan nie. Ek en die jagters moet die bokke uitdra waar hulle geskiet word of jy moet slegs skiet waar jy met 'n 4x4 kan ry. Dit beperk jou nogal, maar ek het respek gekry vir die ou Nissan 4x4 wat ek op die plaas gebruik.
Vrydag ek het besluit om 'n draai in die veld te stap in 'n gedeelte waar ek die afgelope tyd baie koedoes en sebras opgemerk het. Ek het die bakkie parkeer en is te voet weswaarts teen die wind in. Na seker so 600m se stap merk ek 'n klein wit vlekkie teen 'n hoë heuwel, seker so 800m weg. Die verkyker wys dis 'n sebra. Vanwaar ek teen 'n heuwel staan was daar onder my 'n vlak kloof wat algaande dieper raak en vorentoe by 'n loop aansluit wat ons die Kangarivier noem. Die sebra was bokant die loop op 'n nekkie tussen twee heuwels. Ek het dus in die vlak kloof onder my, wat ook weswaarts loop begin afstap. Gelukkig was daar genoeg hoë bosse (pruimbome, karooboerboon en taaibos/koeniebos) sodat ek grootliks ongesiens kon nader gaan.
Later was die kloof diep genoeg dat die nekkie waar die sebra was, buite sig verdwyn het. Links van my, hoog op teen 'n berg en ook wes van die Kangarivier het ek 'n paar koedoes opgemerk. Twee bulle het die hele tyd in my rigting gekyk maar blykbaar veilig gevoel want ek was deurentyd meer as 400m van hulle af. Toe ek uiteindelik by die Kangarivier kom waar die kloof waarin ek was by die Kanga aansluit, het ek noord gedraai en toe die regterkantste heuwel begin klim en later weer suidwes gedraai halfpad teen die heuwel uit. Regs van my (noord) was nog 'n diep kloof en 'n berg. My idee was om half agter om die kop te klim en dan die sebra oor die kruin daarvan te verras. As my plan uitwerk, sou die sebra hopelik minder as 100m reg onder my wees in die nekkie.
Ek het baie versigtig beweeg en toe ek die sebra in die oog kry sien ek daar is twee, 'n jong hings en 'n merrie. Maar hulle het verder weg beweeg en was nog goed 200m van my af. Ek sou nader moes beweeg maar het uit dekking begin raak. Ek kon nie op daardie afstand skiet nie omdat ek my .375H&H met reduced lading gebruik het en soos julle kan sien het dit 'n red dot op wat geen vergroting het nie. Ek het slegs 50gr S335 voor 'n 300gr PMP-koeël gelaai. Die snelheid is seker so 1700 en 1800vps, ek sal dit nog meet. Terwyl ek nog staan en dink wat om te doen, stap daar skielik 'n pragtige koedoebul van agter 'n bos uit skuins onderkant my aan my regterkant. Hy was 182m weg en kort agter hom was nog 'n mooi bul. Ek gaan sit toe plat op my boude, bang dat hulle my sou sien en alarm maak. Die groot bul het tydsaam in my rigting gewei en was later 102m reg onder my. Ek het hom dopgehou tot hy uit sig onder my verdwyn het in die kloof. Ek neem aan hy het by die Kangarivier aangesluit en toe suid gestap. Ek het hom seker goed 20 minute sit en dophou.
Ek het versigtig orent gekom. Die ander bul het agter 'n groot bos gestaan en ek kon net sy horings sien. Hy was steeds sowat 200m van my af aan die anderkant van die kloof. Ek het dus die kans gevat en is gebukkend na die laaste groot bos toe wat seker so 15m voor my was. Daar aangekom het ek versigtig geloer na waar die sebras was en tot my vreugde gesien dat hulle intussen baie nader aan my posisie beweeg het. Die rangefinder het 122m gewys. Ek het hulle 'n hele ruk sit en dophou terwyl ek probeer uitwerk het of ek met die plaasbakkie tot op die nekkie sou kon ry. Indien wel sou ek 'n ompad moes neem en reg van die westekant af met 'n kloof moes afry. Die gedeelte van die kloof wat ek kon sien bokant die nekkie het rybaar gelyk maar ek kon nie mooi onthou of die pad verder boontoe begaanbaar was nie. Na 'n lang wik en weeg het ek besluit om die kans te waag.
Die sebramerrie het intussen nog nader beweeg en was nou minder as 100m reg onder my. Gelukkig het die hings, wat byna die heeltyd met sy boude na my kant toe staan en wei het omgedraai en haar gevolg. Ek het hom gevolg en besluit om te skiet as hy reg onder my is in 'n opening tussen twee bossies wat so 2m voor my gestaan het. Die merrie het aanhou stap en toe hings volg en in die opening kom, het ek gedemp na hom geroep. Toe hy vassteek het ek die sneller gedruk. Die 300gr-koeël het byna onhoorbaar getref (seker maar die lae spoed) en die sebra het weggespring en so 15m gedraf en vasgesteek. Hy het 'n oomblik lank rondgekyk en toe skielik gewaggel, omgeval, 'n paar maal geskop en toe stil gelê. Die skietafstand was 77m. Ek het gemik vir 'n hoë hartskoot en die koeël is dwarsdeur. Die uitgangswond het gewys dat die koeël wel oopgemaak het. Dit was net na halfvier. Ek moes gou foto's neem en die pens uitkry. Nie 'n lekker werk as jy alleen is nie.
Nadat ek die pens uitgehaal het, is ek terug na die bakkie toe wat so 1.8km weg was (ek kon op twee plekke lesings neem met die rangefinder na waar die sebra gelê het, na 'n rotsrif toe en vanaf die rotsrif na die bakkie toe wat toe weer in sig was). By die bakkie aangekom is ek met die enigste pad om die heuwels tot bo-op die berg bokant die sebra, Daar het ek eers uitgeklim en die sowat 700m afgestap na waar die streepdonkie gelê het. Alhoewel klipperig was dit gelyk genoeg dat ek tot by die hings kon ry. Die bakkie het gelukkig ook 'n winch, so die oplaai was nie moeilik nie. Dit het egter laat begin raak en ek is teen skemer eers terug gewees op die tweespoorpad en goed na donker by die ou opstal waar ek altyd oorbly. Ek sal nou-nou probeer foto opsit. Dit wil nou nie laai nie.