Page 1 of 1
Vuurwapen lisensie hernuwing- hulp asb
Posted: Thu Jun 11, 2026 10:03 am
by pietskiet
More menere
Ek moet my .243 lisensie hernu - vervaldatum later in Junie.
Ek weet ek moes die ding al 3 maande vantevore hernu het, agterlosig en onnosel van my kant af ja.
My vraag is: op die 518(a) vorm vra hulle redes oor hoekom dit nie al 3 maande terug ingedien is nie. Wat sal n aanvaarbare rede wees wat die SAPS moet sal aanvaar? Is hulle wetlik by magte om n lisensie hernuwing af te keer op grond van 'laat' indiening?
En sommer ook - hoekom moet mens dit 3 maande voor die tyd indien en nie net voor die vervaldatum van die lisensie nie? wat is die logika hieragter?
Dankie by voorbaat menere vir die advies.
Re: Vuurwapen lisensie hernuwing- hulp asb
Posted: Thu Jun 11, 2026 10:13 am
by tripodmvr
Doen die aansoek net so gou as moontlik. Werks/familie/sosiale verpligtinge het jou besig gehou en jy het vergeet.
Re: Vuurwapen lisensie hernuwing- hulp asb
Posted: Thu Jun 11, 2026 10:29 am
by Capt. Yoda
Se net jy het vergeet, jou reminder het nie op jou calendar af gegaan nie
Re: Vuurwapen lisensie hernuwing- hulp asb
Posted: Fri Jun 12, 2026 6:08 am
by Fanta300
Die teorie rondom die 3 maande is om te verseker dat jou hernuwing goedgekeur word voordat jou lisensie verval.
In praktyk weet ons dit werk nie so nie.
Re: Vuurwapen lisensie hernuwing- hulp asb
Posted: Fri Jun 12, 2026 6:40 am
by Ratel
Baie DFOs gaan jou help met hernuwing. Belangrik is om met die regte gesindheid hulle te benader. Soms moet 'n man maar bietjie mooi praat en op jou tande kners. Ander DFOs is weer plein weg hardegat en sal dit gebruik as verskoning om minder te werk.
Re: Vuurwapen lisensie hernuwing- hulp asb
Posted: Fri Jun 12, 2026 7:54 am
by avo
n KFC bucket help gewoonlik vir daai Moeilike DFO's
Re: Vuurwapen lisensie hernuwing- hulp asb
Posted: Fri Jun 12, 2026 7:37 pm
by OosKaapJagter
Die 90 dae vereiste is vervat in artikel 24(1) van die Vuurwapenwet 60 van 2000.
Die meeste DFO's vat steeds jou hernuwingsaansoek as die lisensie nog nie verval het nie. Jy moet net baie mooi jammer vra en 'n goeie verduideliking help ook.
Ons plaaslike DFO se houding is dat indien jou lisensie reeds verval het, moet jy opnuut 'n nuwe lisensie aansoek indien en die DFO laat jou toe om die wapen in jou kluis te stoor, mits jy dit glad nie gebruik nie. Dit is egter bloot 'n vergunning. Daar is geen waarborg dat ander DFO's dit so sal hanteer nie, want sodra die lisensie verval is jy tegnies onwettig in besit daarvan.
In terme van artikel 24(4) word bepaal dat indien jy jou hernuwingsaansoek in die tydperk in artikel 24(1) bedoel ingedien het (m.a.w. meer as 90 dae voor die vervaldatum), bly jou huidige lisensie geldig totdat daar oor jou hernuwingsaansoek beslis is. Indien jy dit in die 90 dae tydperk voor vervaldatum sou inhandig en hulle aanvaar die hernuwingsaansoek, sou ek nie daardie wapen gebruik na die vervaldatum van die lisensie nie, want dan val jy buite die beskerming van artikel 24(4).
Re: Vuurwapen lisensie hernuwing- hulp asb
Posted: Tue Jun 23, 2026 11:32 am
by Hansieslim
Ek het al 2 keer geskryf "I just forgot" en die hernuwings is uitgereik. Ek moet darem bysĂȘ dat albei ingedien was so n maand voordat lisensies verval het.
Re: Vuurwapen lisensie hernuwing- hulp asb
Posted: Wed Jun 24, 2026 12:25 pm
by ZKK
Jammer vir die hijack maar laat my dink aan n Oom wat gesukkel het om sy bouplanne goedgekeur te kry.
Stap toe by n amptenaar se kantoor in en se hy het gehoor hierdie is net die man wat hom kan help.
Sit toe ook n bottel nice whisky op die tafel neer.
Die amptenaar vat toe nie 20min of die planne is goedgekeur.
Man staan op en vat sy bottel whisky.
Amptenaar vra, En wat van die bottel whisky?
Man se wie se die whisky was vir jou?
Sorry moes net
Re: Vuurwapen lisensie hernuwing- hulp asb
Posted: Fri Jun 26, 2026 5:27 pm
by pietskiet
OosKaapJagter wrote: Fri Jun 12, 2026 7:37 pm
Die 90 dae vereiste is vervat in artikel 24(1) van die Vuurwapenwet 60 van 2000.
Die meeste DFO's vat steeds jou hernuwingsaansoek as die lisensie nog nie verval het nie. Jy moet net baie mooi jammer vra en 'n goeie verduideliking help ook.
Ons plaaslike DFO se houding is dat indien jou lisensie reeds verval het, moet jy opnuut 'n nuwe lisensie aansoek indien en die DFO laat jou toe om die wapen in jou kluis te stoor, mits jy dit glad nie gebruik nie. Dit is egter bloot 'n vergunning. Daar is geen waarborg dat ander DFO's dit so sal hanteer nie, want sodra die lisensie verval is jy tegnies onwettig in besit daarvan.
In terme van artikel 24(4) word bepaal dat indien jy jou hernuwingsaansoek in die tydperk in artikel 24(1) bedoel ingedien het (m.a.w. meer as 90 dae voor die vervaldatum), bly jou huidige lisensie geldig totdat daar oor jou hernuwingsaansoek beslis is. Indien jy dit in die 90 dae tydperk voor vervaldatum sou inhandig en hulle aanvaar die hernuwingsaansoek, sou ek nie daardie wapen gebruik na die vervaldatum van die lisensie nie, want dan val jy buite die beskerming van artikel 24(4).
Dankie Ooskaapjagter
Verstaan ek jou reg: indien ek die aansoek ingedien het minder as 90 dae voor die vervaldatum van die lisensie, die aansoek is aanvaar en ek het papiere om te bewys dat die wapen in proses van hernuwing is, dit steeds onwettig is na datum van verval en voor goedkeuring van hernuwings aansoek? Flip dis rof
Re: Vuurwapen lisensie hernuwing- hulp asb
Posted: Fri Jun 26, 2026 7:40 pm
by OosKaapJagter
Dit is ongelukkig korrek.
24. Renewal of firearm licences
(1) The holder of a licence issued in terms of this Chapter who wishes to renew the licence must at least
90 days before the date of expiry of the licence apply to the Registrar for its renewal.
(2) The application must be -
(a) accompanied by such information as may be prescribed; and
(b) delivered to the Designated Firearms Officer responsible for the area in which the applicant
ordinarily resides or in which the applicant's business is, as the case may be.
(3) No application for the renewal of a licence may be granted unless the applicant shows that he or she
has continued to comply with the requirements for the licence in terms of this Act.
(4) If an application for the renewal of a licence has been lodged within the period provided for in
subsection (1), the licence remains valid until the application is decided.
Indien jy kan bewys dat jou aansoek om hernuwing betyds ingedien was, kan jy jou wapen gebruik selfs na die datum dat jou lisensie sou verval het. Indien die aansoek laat ingedien en steeds aanvaar is, sou ek veiligheidshalwe nie die wapen na die vervaldatum van die huidige lisensie gebruik totdat ek bevestiging gekry het dat my hernuwing goedgekeur is nie.