Page 1 of 1

Private Vliegveld in Aberdeen Area

Posted: Tue Jun 02, 2026 8:38 am
by Hano243
More Manne

Weet iemand dalk van n private vliegveld in die Aberdeen area, ek en pel gaan jag daar en wil af vlieg maar met die onlangse vloede is die beskikbare landings strook beskadig. Aberdeen het een, maar dis nie veilig om die vliegtuig daar te los vir die paar dae nie.

Beaufort Wes en Graaff Reinette is opsies maar kyk vir iets nader.

Re: Private Vliegveld in Aberdeen Area

Posted: Tue Jun 02, 2026 9:38 am
by Lategan1
Skakel die vulstasie eienaar op Aberdeen - dink Delta Garage - hy mag dalk goeie idee hĂȘ.

Beste.

Re: Private Vliegveld in Aberdeen Area

Posted: Tue Jun 02, 2026 4:08 pm
by Hano243
Baie dankie, Lategan. Ek het reg gekom daar.

Re: Private Vliegveld in Aberdeen Area

Posted: Tue Jun 02, 2026 4:56 pm
by Lategan1
Hano243 wrote: Tue Jun 02, 2026 4:08 pm Baie dankie, Lategan. Ek het reg gekom daar.
Ons koop ons Ooskaap jagpermitte by hom, baie vriendelik.
Tinus ek reg onthou. Kry hoeka die 21ste weer by hom, boeke is skaars en hy het!

Beste.

Re: Private Vliegveld in Aberdeen Area

Posted: Wed Jun 03, 2026 7:12 am
by Hano243
Dis Tinus ja, ek het sommer ook reeds by hom ons jag permitte bespreek. Baie vriendelik en baie behulpsaam.

Re: Private Vliegveld in Aberdeen Area

Posted: Wed Jun 03, 2026 10:23 am
by finch
\\ High jack aan
Hano, pasop jy gaan nou klomp jag uitnodigings kry. n Persoon met n vliegtuig en pilot lisensie is altyd deel van enige jag groepie.
Ek pm jou ons jag datums en bestemmings, laat weet as jy kan saam kom en hoeveel mense die vliegtuig kan vat. Ons sal brandstof kan deel ;-)
//High jack af

Re: Private Vliegveld in Aberdeen Area

Posted: Wed Jun 03, 2026 11:03 am
by Capt. Yoda
finch wrote: Wed Jun 03, 2026 10:23 am \\ High jack aan
Hano, pasop jy gaan nou klomp jag uitnodigings kry. n Persoon met n vliegtuig en pilot lisensie is altyd deel van enige jag groepie.
Ek pm jou ons jag datums en bestemmings, laat weet as jy kan saam kom en hoeveel mense die vliegtuig kan vat. Ons sal brandstof kan deel ;-)
//High jack af
Ek het n skiet maat met so airie maar ek sal taamlik goed gemedicate moet wees vir hulle om my in daai vliegmasjientjie te sit

Re: Private Vliegveld in Aberdeen Area

Posted: Thu Jun 04, 2026 7:10 am
by Hano243
Nuwe vriende is altyd welkom :laugh: :laugh:

Dit bly egter steeds n uitdaging om die wild terug by die huis te kry.