Page 1 of 1

Aussie jagter se nie-trofee olifantbul

Posted: Sun May 31, 2026 5:24 pm
by tripodmvr
[youtube]https://youtu.be/50om__RegJY?si=tEg3FI2lDQKcJxo2[/youtube]
Rigby 416 Woodleigh 400 Hydro Small.jpg
Olifantbul naby Hoedspruit gejag en geen deel daarvan mag uitgevoer word nie. Rigby 416 met 400 Woodleigh Hydro's gebruik en beide koeëls herwin en in die foto.

Re: Aussie jagter se nie-trofee olifantbul

Posted: Mon Jun 01, 2026 7:28 am
by Frederik
Daardie Hydros werk mooi

Re: Aussie jagter se nie-trofee olifantbul

Posted: Mon Jun 01, 2026 6:33 pm
by Eduard Venter
Ek was nogal skepties oor die hydros, vir my maar baie na n bemarking foefie geklink in die begin. Eendag skiet kliënt toe n buffel 2 keer met die 500gr hydros. Toe ons slag is daar sulke donker kringe om die koelgate in die ribbes. Duidelik nie net n gewone solid wat daar deur was nie, die goeters maak seer!

Sent from my SM-G780F using Tapatalk


Re: Aussie jagter se nie-trofee olifantbul

Posted: Mon Jun 01, 2026 6:55 pm
by Glocked
Daai Hydro's doen verseker wat hulle moes, maar Valie moet dalk 'n ander kameraman oorweeg !

Re: Aussie jagter se nie-trofee olifantbul

Posted: Tue Jun 02, 2026 4:00 pm
by tripodmvr
Die kameraman was die gids van die een leerling PH wat saam was. Die' kry opleiding in jag van die groot 5. Kamerawerk van die gids is dus nie sy forte nie!!!!!!

Re: Aussie jagter se nie-trofee olifantbul

Posted: Tue Jun 02, 2026 6:27 pm
by Capt. Yoda
Julle gaan nou die impala manne wakker maak. Waars Wouter?

Re: Aussie jagter se nie-trofee olifantbul

Posted: Wed Jun 03, 2026 6:50 am
by Frederik
Capt. Yoda wrote: Tue Jun 02, 2026 6:27 pm Julle gaan nou die impala manne wakker maak. Waars Wouter?
Solank jy die gewone PH reeks gebruik stompneuse met die regte gewigte werk hulle baie mooi.

Re: Aussie jagter se nie-trofee olifantbul

Posted: Thu Jun 04, 2026 7:41 am
by DWB
Ek het my oolfant my Impalas gedrill.... Hulle maak nogal mooi gate deur so skedel