Bosveld somer reen en n kat

Enige interresante verhale wat jy beleef het kan hier geplaas word.
Any interesting stories you have heard of or have experienced.
Post Reply
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2318
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

Bosveld somer reen en n kat

Post by JAGTERSREG-JRM »

Dagse Manne


Hopelik kan ek weereens my storie so deel dat julle dit saam my voel....

Soos meeste vriende en klante weet het ek bitter swak plek vir katjag, gaan dit oor die gevaar of gaan dit oor die klip harde jag wat daarmee gepaard gaan. My persoonlike gevoel is dat die tipe van jag uitsonderlik bly en baie meer uitdagings het as wat n gewone bok gejag word. Die uitoorle van jou prooi op sy gebied op jou voete (soos jag gedoen moet word in die bosveld) en nie net die wind, reen, pepperticks en ure se loop uitoorle nie maar ook n dier in sy natuurlike habitat wat self dink en self n jagter is.

Die absolute eer en voorreg om so n dier te kan uitoorle gaan my verstand tebowe en kan net hoop dat ons nageslagte die voorreg kan he.......

Ek het as n jong man so bietjie verkeerd om begin en het leeus gejag voor die eerste grysgees die grond getref het. Daar was n groot bohaai gemaak en almal is gekontak maar ek wou nou nie juis baie daarvan hoor nie, was moeg en uitgeput en om so n deurnag episode te beleef was absoluut dreinerend, baie min het ek gedink of geweet dat daar op daardie stadium so n saadjie geplant is wat net gaan groei en groei.

Desember se buffel jag alhoewel dit aksie gepak, opwindend en met tye met groot risiko aangepak is het daar weer n ding begin krap binne my.....Die katte wil my nie los nie. Januarie maand toe begin da weer n ding en alhoewel ek baie hard probeer het om dit te onderdruk is da elke nou en dan denke aan vorige jagte.....die gevoel....die sweet....die kilometers en kilometers op n spoor....die noue ontkomings en die besef dat jy op die spoor is ma die dier se spoor is ook oor jou eie.

Soos die Amerikaners se as die gogga van Afrika jou eers geknyp het is dit verby. Uit pure self verdediging het ek begin om te voel en te vat om reelings agter mekaar te kry vir nog so n jaggie en na die flater van Desember het ek weereens net besluit die Merkel .470 NE n regte vriend en amper n verlenging van my regter arm sal die aangewese keuse wees. Die ou grote is uitgehaal en nuwe ladings is gedoen om te verseker dat die nuwe Peregrines doen wat hulle moet......baan sessies is die een na die ander ingewerk....vryhand skiet in verskillende posisies en verskillende afstande is elke keer deurgewerk.

Die oomblik raak al hoe groter en dan begin n man droom, eet,slaap alles net KAT. Ek het n proses wat ek moet deurgaan vir so n jag en wissel verskriklik tussen ....baba....ou vrou....geestelike versteurde en die jagter binne my. Onder andere van die vrae wat een na die ander deur my kom gaan sluit in:

Hoekom in die lewe wil ek dit weer aan myself doen?

Bloei....Sweet.....Pepperticks.....Die innerlike frees wat deur jou beweeg soos jy daai eerste keer op die spoor klim.

Moet ek rerig nog een skiet?

Wat as da iets verkeerd gaan en is al my sake in orde?

Dis n deurlopende gesels met die boer en ons wag vir die nodige permitte om in plek te kom en is vir my moeilik om te beplan wanneer trek ek weg en dis asof ek helemal omkant betrap word met die onvasgemaakte datums. Dis die tyd van die jaar waar Netbal n groot gedeelte van my lewe oorneem en dis nie meer gereelde jagte so aan die begin van die jaar nie (net eenvoudig te moeilik om al die uitgawes te dra). Die oomblik is op my en besef ek het 1 naweek wat ek kan gebruik en sal dit moet maak werk.

Die Woensdag trek ek hier weg met die nodige (wat natuurlik klere, water, jagkrat en my 470 NE en 375 Ruger insluit) ek glo mos da moet n twede wapen wees as iets sou verkeerd gaan. Die bakkie se neus kyk Noord en sien die reen is op my.......dis net water wa jy kyk en so gaan dit aan tot na Vaalwater. Gedeeltes van die pad kan jy nie sien wat is pad en wat is grond nie en dag vir myself wragties is dit nou die tyd!!

Ek vorder goed en weet ek is sommer nou nou op die plaas.....So kom ek aan en wag by n groot Maroela en vir n oomblik word ek weggevoer deur die natuur die geluide en wolke wat so ewe rustige verby vlieg en loop so n draai om die lorrie net om bene te rek. Ek skuif skuif weer agter die stuurwiel in en voel nee magties.....die eerste plat rooie het opgeklim so tussen die kort grassies en dink by myself......hier kom n ding.

Ons baan ons weg deur die sandveld na die hooflodge toe en kan sien die wereld is ruig ruig.....n kameelperd bul loer vir ons soos ons verby ry asof dit die eerste keer is wat hy n voertuig sien. Pak vinnig uit en kom tot ruste....pla my geensins om stok siel alleen te jag nie. Ek word genooi vir ete by die boer en sy gesin en baan my weg later die aand terug na die lodge toe. Nou is die die kant van die draad se beurt om reen te kry, dis n gedonder en gebliksem en die ou baas skuif groot tafels daar bo. Eers kom ek nie tot rustige nie en reen pap nat voordat ek die gesin gou kan lui voordat ek in die kooi klim.

Elke stukke van die legkaart word reggepak vir die volgende dag en kry myself met moeite in die bed. Vroeg oggend is ek reeds wakker en begin die oggend roetine, dit reen nog saggies saggies buite maar weet die keer behoort ons darm vinniger n spoor op te tel. Die hemel se besem kan potensiaal vir ons die lewe baie makliker maak as ons nie erens iets mis nie.

Met die Merkel op die skouer baan ek my pad deur die stokkies heining na die skietbaan, die werels is nat en daar is n koel briesie in die lig. Die 470 donder en die skoot weergalm... sy is op ha plek en heel tevrede gaan maak ek n laaste koppie boere troos voor die plaas lorrie my kom optel.

Ons is deur die eerste hekke en tyd vlieg want dis n ou vriend wat ek maande laas mee gesels het......die bakkie kreun en die diere beweeg en dit voel vir my of ek tuis is. Daardie grond het al liters en liters van my sweet opgeeet en my spore le heel moontlik om elke hoek en draai van vorige uitdagende jagte. Natuurlik het die klein bliksempies wat mens so bekruip tussen die grasse seker ook hulle gedeelte van my bloed getrek.

Die halwe boom word agter die trokkei vasgemaak en die sleep van paaie begin. Dis sekerlik een van die slegter dinge om te beleef veral as dit n hele dag of selfs twee dae se storie word. Die hemelbesem het dit darm meer draagbaar gemaak en dis nie stofstorms elke keer as die voertuig draai nie. Ons beweeg deur die ruigtes, en kyk vir elke spoor en elke aanduiding sodat osn nie iets mis nie. Deur die tamboties en vat n kronkel paaidjie wat in die rigting van n klipkop beweeg en ek kyk die kop so bietjie aan soos n vyand en my gedagtes hardloop na vorige keure wat ons daai koppe aangepak het. So raak ek verlore in my eie denke en daar is dit nou........die spoor is oor die pad en die afleiding is dat die kat besig is om te jag.

Haar neus is in die wind en sy is baie duidelik besig om te soek....heel moontlik n vroee ontbyt. Die belde word aangesit n laaste twakkie en twee slukke water en daar gaan ons. Ons het gelukkig al die paaie gesleep en sal maklik kan sien as sy besluit om n rigting in te gaan. Die gras is papnat die spore is baie lig op die grond aangesien die sandgrond en die reen saam dit nou nie so maklik maak soos droe sand nie. Dit gaan bitter stadig en ons op die stadium besig om n redeliek reguit lyn te beweeg. Rooibokke blaf en elke nou en dan kan jy die Koedoes en Buffels ook hoor.....alles is nes dit moet wees.

Dit raak al hoe moeiliker en moeiliker en eweskielik begin die spore effe anders te beweeg....sy weet ons is op haar.....Die spore begin heen en weer swaai en elke nou en dan skerp draaitjies maak en ek kon sweer dat die spore wat terug gaan skaar 5 meter is van die spore wat osn gevolg het. Daar kom dit ha spore is op ons spore, ons spore is op ha spore en daar is n oormag van spore heen en weer. Erens met die geskrop vir spore tussen die lang nat gras het ons op n vroeer spoor geklim en die pad duister geraak....so krap ons koppe en probeer uitmaak waarna toe nou.

Ons tel weer n varser spoor op en kom by n groot oop stuk veld uit.....nee nee nee sy is nie oor nie sy maak n skerp draai na regs en is duidelik op die rand van die bos in die rigting van JA n klipkop. Ons volg daai spoor en erens verloor ons hom weer en dit gaan bitter moeilik. Ons baan n pad deur die ruigtes en grasse terug na die pad waar ons begin het en besluit dit is n goeie tyd vir n 5 minute breuk dat ons net weer ons koppe kan agtermekaar kry.

Mense da is baie gidse daar buite en daar n baie wat weet maar da is min wat die kuns so verfyn het dat hulle amper elke stukkie detail in die veld optel, dis waarlik iets om te beleef en bitter lekker om saam met so n man te kan jag. Elke dingetjie vertel n storie.

In ons omwenteling vroeg oggend het ons ha slegs een keer gewaar en dis was soos mes weg, die wyfies sak hulle koppe in die lang gras en verdwyn so asof sy nooit da was nie. Slegs ha spore gee ha weg.

Die kele is weer nat en die nodige krag is opgebou, die plan en gesprek is gevoer. Daar is net eenvoudig teveel spore om nou te kan se ons begin DAAR. Die plan is ons volg die kronkel paadjie tot onder die kop en sny dan onder die kop deur met die hoop om n spoor op te tel. Ek begin my geestelik voor te berei vir dit wat kom aangesien ek dit al soveel keer beleef het en nie lank terug nie ook met die buffel. Jy raak vasgevang in jou eie denke en probeer weereens soos soveel keer van tevore die "scenarios" uit te speel.

So terwyl ek nog in my kop vasgevang is en elke bossie, blaartjie en gras dophou begin die vinger te wys..... Die spoor het hier gekruis en is opad kop toe. Dadelik is da n diep sig wat niemand kan keer nie en ons al drie is op dieselfde bladsy. Die helling begin klim....die klippe raak meer en elke nou en dan kyk ons na bo om seker te maak dat ons nie n verassing kry nie. Soos n "scene" uit Ghost and The Darkness spring die silouette voor ons uit. Skerp teen die hang sien ek die buitelyne van n kat, nou moet julle weet ons kyk op 45 grade na bo en uit die oogpunt kyk ons deur takke na rotse, lang gras en erens tussenin die kat.

Daar is n vinnige beweging na regs met die hoop dat ons n gaaitjie kan gebruik om n skoot af te kry....daar is hy nou en deur n akasia boom wat teen die hang staan sien ek die siloutte....die kop is tussen die takke maar kan die stert, die boude, die maag en toe die voorbene sien. Daar is nie tyd vir stokke en allerhande goedjies nie en die 470 is dadelik in my skouer en suig suig op die blad vas. Die 470 breuk die stilte en die kat spring geboog na bo (seker 2 meter in die lug) en sy brul......

Die stilte is gebreuk maar gaan dadelik weer terug na doodse stilte. Ek weet daai 470 het soos altyd sy merk gevind maar nou sit ons in n situasie waar mens nie werklik n veilige roete het om te kyk of sy wel dood is nie. Sy het boop n rots vormasie gestaan en met die gebring is sy die afgrond (seker n 4 meter val in). Le sy dood, le sy en wag...niemand weet nie want ons kan ook niks sien tussen die ou boom wat daar le, die rotse of die lang gras nie.

Enigste en veiligste roete is om n groterige halfmaan te vat en bietjie teen die hang op te gaan sodat ons af kan kyk, benoude oomblike en paar rotse klim kan ons nogsteeds niks sien nie. Stadig ma seker beweeg ons deur die lang grasse en da sien ons die geel en geen beweging nie...ons maak seker en dis asof n berg van n man se skouers af gelig is. Sy le.....en nei n tree verder gegaan as ha skoot nie.

Ek stap op na waar sy gestaan het en sien die tekens van die 470 wat deur ha gevlieg het en gaan sit. Kyk na die klein gaping in die boom, wat alles kon fout gaan en die absolute verligting dat alles uitgewerk het soos dit moet.

Die katte sal my nie los nie.....dis iets hier diep binne my wat roep en da is net een manier om die spook tot ruste te bring.

Ek is dankbaar vir elke oomblik, elke vriendskap, elke bossie, elke liewe greintjie aarde. Alles wat die vader geskape het en weet sonder dit kan ek nie wees wie ek is nie. n Jagter wat die bloed, die sweet en die uitdaging met altwee hande aangryp en elke oomblik soos n minireeks vasvang in my geheue.

Ons is werklik bevoorreg!!!
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by JAGTERSREG-JRM on Thu May 14, 2026 4:34 pm, edited 1 time in total.
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2318
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

Re: Bosveld reen kat

Post by JAGTERSREG-JRM »

Elke keer probeer ek baie hard om n video te maak maar dit draai nooit so uit nie, wil baie graag dit vasvang sodat ander kan deel in die ervaring. Hopelik volgende keer.....
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5020
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Bosveld somer reen en n kat

Post by Frederik »

Lekker man geluk weereens ek sal ook nie omgee om nog 'n kat om te gooi nie, as die kans dit toelaat.
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1483
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: Bosveld somer reen en n kat

Post by Eduard Venter »

Baie netjies... Is n V8 kat daai, nie man se maat nie!

Hoe lyk die skade binne waar die peregrine haar geslaan het?



Sent from my SM-G780F using Tapatalk

User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2318
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

Re: Bosveld somer reen en n kat

Post by JAGTERSREG-JRM »

Eduard Venter wrote: Thu May 14, 2026 6:54 pm Baie netjies... Is n V8 kat daai, nie man se maat nie!

Hoe lyk die skade binne waar die peregrine haar geslaan het?



Sent from my SM-G780F using Tapatalk
Om eerlik te wees het ek glad nie gekyk na skade nie. Die VRG3 sy werk gedoen en op foto kan mens nie die ingangs wond mis nie. Daai kat het gekrul en gedreun toe ek ha stamp en uitgang was baie naby aan selle plek uit net boontoe. Oja was +-70m skoot
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
honda2
Full Member
Full Member
Posts: 194
Joined: Wed Sep 23, 2015 2:16 pm

Re: Bosveld somer reen en n kat

Post by honda2 »

Ek het nou amper saam geloop. Baie mooi geskryf Kobus. Well done.

Sent from my SM-A366B using Tapatalk

User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13509
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Bosveld somer reen en n kat

Post by Capt. Yoda »

Baie geluk Kobus, besonderse groot kat daai as ek so na die fotos kyk
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Dehan.Rheeder
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 71
Joined: Tue May 13, 2025 8:52 am

Re: Bosveld somer reen en n kat

Post by Dehan.Rheeder »

Dit was nou 'n uitstekende lees gewees en dit is 'n baie mooi kat, dankie Kobus, eendag as ek groot is sal ek ook so iets wil aandurf
Tikka T3 Lite 30-06
Canik Mete SF Combat 9mm
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2318
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

Re: Bosveld somer reen en n kat

Post by JAGTERSREG-JRM »

Dit was n besomderse wyfie en soos altyd n helse ervaring…….dankie vir die mooi woorde dis ma moeilik om die gevoel en ervaring te kan oordra. Elke een voel soos my eerste…… senuwees die hare wat op jou nek regop staan alles. Bly julle manne dit geniet want ek het ook
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7545
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Bosveld somer reen en n kat

Post by Wouter Roets »

Lekker Kobus!

Baie geluk my maat en nogmaals dankie vir die deel. Ek weet presies van watter kop jy praat en kan net bevestig daai is nie n man se maat daar bo nie.

Groetnis
Wout
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2318
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

Re: Bosveld somer reen en n kat

Post by JAGTERSREG-JRM »

Wouter Roets wrote: Mon May 18, 2026 10:18 am Lekker Kobus!

Baie geluk my maat en nogmaals dankie vir die deel. Ek weet presies van watter kop jy praat en kan net bevestig daai is nie n man se maat daar bo nie.

Groetnis
Wout
Harde werk baie harde werk laat mens elke oomblik meer waardeur!! Baie geseend en bevoorreg!!
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7545
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Bosveld somer reen en n kat

Post by Wouter Roets »

Waar woorde Kobus.
Ockert1992
Hero Member
Hero Member
Posts: 826
Joined: Wed Mar 13, 2013 7:35 pm

Re: Bosveld somer reen en n kat

Post by Ockert1992 »

Baie lekker storie Kobus!
User avatar
Vlakvark Soldaat
Hero Member
Hero Member
Posts: 1698
Joined: Thu Jun 13, 2013 7:04 am

Re: Bosveld somer reen en n kat

Post by Vlakvark Soldaat »

Wow, ons het vandag lekker telefonies gesels en nou het ek die storie saam jou beleef... Well done!
Louis

2x BRNO Mod2 .22
BSA .303
Steyr Mannlicher .308
Beretta 9mm
CZ 100 9mm
Lanber 12ga

Ruger M77 .243
Ruger M77 VT 6.5 CM
Ruger M77 7mm-08
Ruger M77 .30-Suk6
Ruger No.1 .375 H&H
Ruger .44 Mag Red Hawk
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2318
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

Re: Bosveld somer reen en n kat

Post by JAGTERSREG-JRM »

Vlakvark Soldaat wrote: Sat Jun 06, 2026 8:28 pm Wow, ons het vandag lekker telefonies gesels en nou het ek die storie saam jou beleef... Well done!
Dankie man was lekker om bietjie stories te deel, gunne te praat en ons passies. Hoop jy beleef die tipe jag soos hy gedoen moet word dan sal jy presies verstaan

Jagters Groete
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6968
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Bosveld somer reen en n kat

Post by DWB »

Baie mooi Kabous! Weet nie hoe ons die storie gemis het nie.

Welgedaan!!!!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2318
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

Re: Bosveld somer reen en n kat

Post by JAGTERSREG-JRM »

DWB wrote: Sun Jun 07, 2026 3:55 pm Baie mooi Kabous! Weet nie hoe ons die storie gemis het nie.

Welgedaan!!!!

Dankie waardeur…het ma bietjie van n siekte!!! As planne uitwerk sal ek later die jaar dalk weer n buffeltjie aanvat (met tyd sal ons leer)…
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
Post Reply