Page 1 of 1
Choke van Baretta
Posted: Fri Mar 09, 2012 8:12 am
by Smirre
More
Hoe sal ek weet of my over and under 'n choke het?
Ek verstaan dis iets wat jy aanskroef maar nou lees ek van die roere het die "ingebou"
Smirre
Re: Choke van Baretta
Posted: Fri Mar 09, 2012 8:29 am
by tripodmvr
Die ouer tipe gewere het jy gekoop met 'n sekere vaste wurg wat aangebring was. Deesdae is die meeste ruilbare los wurg insette wat jou dan die geweer baie gerieflik laat verander vir verskillende skiet omstandighede. Die meeste geweerwinkels sal 'n wurg meetapparaat h? om jou te kan inlig oor hoe die geweer gewurg is.
Re: Choke van Baretta
Posted: Fri Mar 09, 2012 8:37 am
by Beretta
Smirre
Wat is die model van jou Beretta.Op die lope by die kamer is daar sulke sterre gekap in die staal dit is die aanduiding van jou chokes as jy nie multi chokes het nie. Multi chokes kyk vir skroef draad voor in die lope
Beretta
Re: Choke van Baretta
Posted: Fri Mar 09, 2012 8:47 am
by Smirre
Beretta
Daar is nie skroefdraad nie.
Sal kyk na die sterre en die model en jou laat weet
Ek hou van die WURG woord
Smirre
Re: Choke van Baretta
Posted: Fri Apr 06, 2012 1:42 pm
by Bosmeerkat
Smirre
Ek post 'n artikel op die oomblik en dit gee al die wurg groottes en boor aan so jy kan met caliper meet wat jou wurg op jou lope is en vergelyk met die tabelle wat ek sal post.
Groete
Martin
Re: Choke van Baretta
Posted: Sat Apr 07, 2012 8:02 am
by Danie Lombard .243
Die hoeveelheid sterre, sirkels of punch merke op haelgeweer loop dui die wurg tiepe aan,
1 = vol wurg
2 = kwart wurg
3 = half wurg
4 = driekwart wurg
5 = geen wurg/silinder loop
Hoop dit gaan jou kan help, meeste haelgeweer lope veral beretta het merke op die loop wat die wurg aandui.
Re: Choke van Baretta
Posted: Tue Apr 10, 2012 3:10 pm
by SV MAD (Henk)
Hi Danie.
Moet nr 2 en 4 nie omgeruil wees nie?
Re: Choke van Baretta
Posted: Tue Apr 10, 2012 6:25 pm
by Danie Lombard .243
Ooooo kraaitjie SV MAD Jy is reg, ek het dit omgeruil. Jammer. Dit moet wees/lees ;
1 = Vol wurg
2 = Driekwart wurg
3 = Half wurg
4 = Kwart wurg
5 = Geen wurg silinder
Sommer so terloop i.v.m. wurg en die skiet van slugs. My Beretta het drie sirkel merke en is dus 'n half wurg loop. Ek skiet sonder enige moeite of probleme slugs in my haelgeweer. Van die manne wat ken van haelgewere reken mens kan nie slugs in 'n vol wurg enkel merk loop slugs skiet nie en ander reken weer dat dit heeltemal toelaatbaar is om slugs in 'n vol wurg loop te skiet. Ek weet nie die regte antwoord nie. Weet iemand dalk hoe die slugs en wurg ding loop?
Danie
Re: Choke van Baretta
Posted: Tue Apr 10, 2012 6:39 pm
by Beretta
Manne so n groot klip in die bos ek ken nie n wurg nie(nou ja) maar ek dinkdie naam choke klink vir my reg.Net my mening
Beretta
Re: Choke van Baretta
Posted: Tue Apr 10, 2012 8:58 pm
by Danie Lombard .243
Wurg is afrikaans vir choke. Choke is sekerlik meer aanvaarbaar as dit by die skiet praat kom. Meeste skuts is meer bekend met choke as wurg.
Re: Choke van Baretta
Posted: Wed Apr 11, 2012 9:51 am
by SV MAD (Henk)
Manne, ek het 'n paar fotos van my Beretta pompaksie se loop geneem met al die syfers en simbole.
Kan julle asb lig werp op wat dit als beteken, ek weet net die serial nr en dis dit.
[img width=360 height=480]
http://i1031.photobucket.com/albums/y37 ... 012314.jpg[/img]
[img width=360 height=480]
http://i1031.photobucket.com/albums/y37 ... 012313.jpg[/img]
[img width=360 height=480]
http://i1031.photobucket.com/albums/y37 ... 012311.jpg[/img]
[img width=360 height=480]
http://i1031.photobucket.com/albums/y37 ... 012300.jpg[/img]
Baie dankie, enige hulp sal waardeer word.
Re: Choke van Baretta
Posted: Thu Nov 13, 2014 8:38 pm
by Monrique (SJ)
Kan n mens met hierdie A300 Beretta's kleie skiet en wat sal die aanbevele wurg wees om dit mee te doen? Waarmee skiet die mense wat wel kleie skiet op hulle gewere?
Luister by die draadloos.
Groetnis
Monrique
Re: Choke van Baretta
Posted: Fri Nov 14, 2014 9:07 am
by Monrique (SJ)
Iemand wat dalk kan help?
Re: Choke van Baretta
Posted: Fri Nov 14, 2014 9:34 am
by tripodmvr
Van 1/4 tot 3/4 behoort te werk. Hoe beter jy kan skiet hoe stywer wurg kan jy gebruik.
Re: Choke van Baretta
Posted: Fri Nov 14, 2014 10:25 am
by Monrique (SJ)
Dankie Marius
Groetnis
Re: Choke van Baretta
Posted: Fri Nov 14, 2014 6:22 pm
by Beretta
Die beste is skiet die pattern board op verskeie afstande met die verskillende chokes dan kan jy sien hoe die chokes werk ek het altyd met n xtra full choke trap geskiet baie ander goed is meer belangrik volgens my beskeie mening
Beretta
Re: Choke van Baretta
Posted: Fri Nov 14, 2014 6:23 pm
by Beretta
Die beste is skiet die pattern board op verskeie afstande met die verskillende chokes dan kan jy sien hoe die chokes werk ek het altyd met n xtra full choke trap geskiet baie ander goed is meer belangrik volgens my beskeie mening
Beretta
Re: Choke van Baretta
Posted: Sun Nov 16, 2014 6:47 am
by obasch
Beretta,
Die A300's (wat Monrique hiervan praat) het nie veranderbare chokes nie.
Monrique,
As jy net een geweer het, vergeet van choke en gaan skiet net eenvoudig. Moenie dat choke nog jou aandag aftrek nie, al wat jy wil doen is om die klei te breek.
As jy meer as een geweer het, gebruik die een met die oopste choke.
Re: Choke van Baretta
Posted: Sun Nov 16, 2014 10:21 pm
by Monrique (SJ)
Dankie vir die raad manne. Ek waardeer.
Groetnis