SKIETONGELUK - 1 MEI 2026 VILLIERS
Posted: Mon May 04, 2026 3:04 pm
Waarskuwing! Hierdie is ‘n ontstellende berig. My doel met die plasing is om ander jagters weereens bewus te maak op wapenveiligheid. Verskoon die Engelse terme.
Ek en my seun Henro, wat aan baie van julle bekend is, het Vrydag gery na ons jaarlikse watervoël-jag by Villiers. Die area het baie damme en panne teen die Vaalrivier en dus is ‘n gewilde plek vir skiet van eende en ganse. Ons is altyd maar ‘n klomp ouens en met so skiet word ons om damme geplaas teen laatmiddag as die ganse en eende inkom. Ek en my seun, is op die een dam, naaste aan waar almal se voertuie parkeer is geplaas en het toe gewag vir die voëls. Langs ons was nog twee jagters, Marius en Robbie sowat 80 meter van ons af. Daar het baie watervoels ingekom en alhoewel ‘n klomp kolganse geskiet is aan die oorkant van die dam, was ons duidelik nie in die vlugpad van die voels nie. My seun het een kolgans geskiet en die ouens langs ons ‘n geelbek eend. Teen donker het ek en my seun ons haelpatrone uit die gewere gehaal en met gebreekte gewere na ons voertuig beweeg. Robbie en Marius wat langs ons geskiet het het ook na hulle voertuig beweeg. Hulle elkeen het ‘n jaghond by hulle gehad.
Toe ons by ons voertuig kom, het ons ons eie wapens se snapcaps ingesit en in geweersakke in ons voertuig gebêre. Jakkalsjag speel verseker ‘n rol in ons eie proses van wapenbeveiliging want soos julle weet, is ons jakkalsjagters ekstra versigtig met wapens in die donker. Ek was besig om fotos te neem van my seun se kolgans wat hy geskiet het, toe ‘n geweer in die bakkie langs ons afgaan. Ek het dadelik geweet dit is ‘n accidental discharge. Robbie het by my voete geval, so naby was hy aan my en ook my seun. Ek het eers seker gemaak my seun was veilig, ongeskonde en dat hy uit die skootvlak van die geweer wat geskiet het beweeg. Daarna het ek my toespits op Robbie wat in pyn op die grond lê. Hy het op sy maag gelê en skreeu en ek kon sien sy regterhand was vol bloed. Toe ek hom omdraai het ek gesien die skoot was point blank in sy linkerlies. Daar was baie bloed. Die ou was swaar en groot, en ons het so vinnig as wat ons kan probeer om hom in Marius se voertuig te laai. Omdat hy so vol bloed was het ons gesukkel om vatplek op hom te kry. My seun, wat ‘n sterk rugbyspeler tot onlangs was, het hom toe onder sy arms gevat en in die kar getel. Robbie het twee maal sy bewussyn verloor voor ons hom in die kar gelaai het. Die ou het toe dadelik met hom gery. Hompe gestolde bloed het agter gebly waar hy geval het. Ek het toe die ou wat geskiet is se swaer wat nog by die damme was gebel en gesê hy moet ry. Die aanvanklike idee was dat hulle hom baie vinnig by Villiers se hospitaal moet kry, maar die dokter op Villiers is gebel, wat dit duidelik gemaak het dat hulle nie ‘n wond van geweerskoot kan hanteer en die ouens het toe 180km/h Heidelberg toe gejaag. Ongelukkig het die ou voor Heidelberg aan sy besering beswyk.
Wat ons almal na die tyd kon uitvind was dat hy nie sy patrone uit sy lope gehaal het nie en toe die geweer agter op die bakkie se sitplek gesit het sonder om die geweer te breek. Hy het toe omgeloop na die ander agterdeur van die bakkie, waar die lope na hom gewys het en sy hond ingelaai. Die hond het op die geweer getrap en die rondte afgevuur.
Dit is jammer dat so iets gebeur het en ek hoop die plasing maak almal baie meer bewus van vuurwapen veiligheid. Die oumense het altyd gesê dat die duiwel laai ‘n geweer. Maar dit is eerder die duiwel se agterlosigheid wat ‘n geweer laai, hom rig in die verkeerde rigting en ‘n hond op ‘n slegte plek laat trap. Mag hy rus in vrede. Hy laat ‘n vrou en 3 kinders agter.