Page 1 of 1
Resepte vir wildevoëls
Posted: Mon Apr 20, 2026 10:32 am
by rustiek
Die wildemakoue trek weer in dik swerms in die Swartland se lande in. Vir al die koring wat hulle eet moet dit seker net regverdig wees dat ons n paar van hulle ook eet.
Met die uitsondering van die een waar jy sewe klippe saam met n makou in n swartpot kook ken ek nie van veel ander resepte vir hulle nie.
As jy n resep vir wildemakou, tarentaal of kolgans het sal ek dit graag wil hoor en uittoets.
Sent from my SM-A336E using Tapatalk
Re: Resepte vir wildevoëls
Posted: Mon Apr 20, 2026 12:13 pm
by Rasmus
Loer bietjie hier.
https://gamechef.co.za/ Die oom het n paar resepte boeke geskryf.
Ek het nog nie kans gehad om vd resepte te toets nie, maar hulle lyk heel gaaf.
Re: Resepte vir wildevoëls
Posted: Mon Apr 20, 2026 12:50 pm
by rustiek
Rasmus wrote:Loer bietjie hier.
https://gamechef.co.za/ Die oom het n paar resepte boeke geskryf.
Ek het nog nie kans gehad om vd resepte te toets nie, maar hulle lyk heel gaaf.
Dankie
Sent from my SM-A336E using Tapatalk
Re: Resepte vir wildevoëls
Posted: Mon Apr 20, 2026 3:31 pm
by tripodmvr
Baie mense trek net die vere van wilde voëls uit. My gevoel is dat die vel wild proe en daarom trek ek die vel in geheel af waar dit moontlik is. Die vlerkpunte het ook min vleis en kan afgesny word. Hoender speserye, knoffel, sout en peper. Sorg vir lekker smaak, veral by tarentaal. Spek sal die vleis minder droog maak.
https://boerekos.co.za/ingredient/tarentaal/
Re: Resepte vir wildevoëls
Posted: Mon Apr 20, 2026 4:37 pm
by Ds J
Die meeste wilde voëls is byna soos n tarentaal - hulle het tyd, liefde, aandag en geduld nodig. Ek is nie werklik bewus van n bak- of braairesep wat werk nie. Kook hulle dus lank en stadig by n lae temperatuur dws ses tot elf ure teen 110 grade.
Vrugtesmake en vet werk gewoonlik goed: soetwyn en skaapvet, droëvrugte, ens.
Re: Resepte vir wildevoëls
Posted: Mon Apr 20, 2026 7:51 pm
by Christo
My beste resepte was om vere met vel af te trek. Vir elke 1kg daarna het ek ½kg vark bygesit. Daar moet darem vet aan die vark wees. Spice was meestal sixgun maar ook al ander geure gebruik. Dit het die wild smaak so verwyder dat die vrouens in ons familie baie lekker saam eet.
O ja. 2 liter Coke (volroom) is darem self n wenner.
Re: Resepte vir wildevoëls
Posted: Tue Apr 21, 2026 12:35 pm
by Methos
Kyk na hierdie resep wat ek jare terug opgesit het.
https://jaracal.com/viewtopic.php?p=793 ... it#p793744
Dit werk perfek vir taai vleis.
Re: Resepte vir wildevoëls
Posted: Tue Apr 21, 2026 1:39 pm
by tripodmvr
Kook die tarentaal sag in 'n stoompot met knoffel, uie en ander speserye. Verwyder bene en maak 'n pastei daarvan. Lekker warm of koud.
Re: Resepte vir wildevoëls
Posted: Tue Apr 21, 2026 1:49 pm
by sako 30-06
Ek gaan nou eerlik wees, ek eet basies enige iets maar hel ek sukkel met die wilde voels. Die reuk is net iets waaraan ek nie gewoond kan raak nie.