Page 1 of 1

Tikka 300wsm ejector merk probleme

Posted: Tue Apr 07, 2026 8:27 pm
by Ajviljoen260rem
Ekt onlangs vir my pa se nuwe tikka varmint 300wsm ladings begin laai met N560&N550 met cci 250 en cci 200 maar op elke skoot sit daar ejector merk op die Lapua dop asof hy “ druk” begin wys. Vanaf 2700-2960 sit die merk. Ek het virgin doppe gevat en hulle die lande gelaai om seker temaak daar is nie teveel kopspasie nie. Ek het gevuurde doppe gevat en hulle net genek size maar steeds is die merke daar. Ek het aanvanklik 20thou van die lande gelaai want dis waar ek altyd begin met Hornady ELDm reeks(178)Ekt het toe besluit druk koeel diepper in daar sit die nogsteeds. Ekt het kamer mooi skoon gemaak en seker gemaak daar is niks olie ens in die kamer nie. Ek het op laaste opsie federal fusion 180 van die rak ammo gaan koop dat ek kan toets. Daar sit hy maar nogsteeds. Hyt aanvanklik hout kolf gehad maar daar het grtech kolf rondgele by my en toe besluit om hom op die geweer gesit. Het kolwe alweer terug gesit en getoets met gewone hout kolf maar ook geen verandeing nie. Ek het hom al self by morkel en crous gehad dat hulle kan kyk of alles reg is. Nou my vraag is waarna kan ek nog kyk waarna ek nie gekyk het nie?

Groete

Re: Tikka 300wsm ejector merk probleme

Posted: Tue Apr 07, 2026 8:40 pm
by Capt. Yoda
Het jy al gekyk of daai ejector flush teen die slot gesig sit?

Re: Tikka 300wsm ejector merk probleme

Posted: Tue Apr 07, 2026 8:49 pm
by Ajviljoen260rem
Capt. Yoda wrote: Tue Apr 07, 2026 8:40 pm Het jy al gekyk of daai ejector flush teen die slot gesig sit?
Volgens morkel en crous is dit reg

Re: Tikka 300wsm ejector merk probleme

Posted: Tue Apr 07, 2026 9:18 pm
by tripodmvr
Watter gewig koeëls en kan jy foto plaas van die merke.

Re: Tikka 300wsm ejector merk probleme

Posted: Tue Apr 07, 2026 9:22 pm
by Ajviljoen260rem
178 eldm

Re: Tikka 300wsm ejector merk probleme

Posted: Tue Apr 07, 2026 9:30 pm
by Capt. Yoda
Foto van hartseer se dop

Re: Tikka 300wsm ejector merk probleme

Posted: Tue Apr 07, 2026 9:33 pm
by Ajviljoen260rem
Capt. Yoda wrote: Tue Apr 07, 2026 9:30 pm Foto van hartseer se dop
Dis nou wel een van die rak ammo wat ek geskiet het se doppe.

Re: Tikka 300wsm ejector merk probleme

Posted: Tue Apr 07, 2026 9:51 pm
by Capt. Yoda
Moet iets met daai plunger wees, dalk is die spring te sterk.

Re: Tikka 300wsm ejector merk probleme

Posted: Wed Apr 08, 2026 7:20 am
by Ajviljoen260rem
Dis ook al gecheck by morkel en crous. Het papper spring ingesit.

Re: Tikka 300wsm ejector merk probleme

Posted: Wed Apr 08, 2026 7:28 am
by Kallie Fernhout
Is die geweer se headspace gemeet en is dit in spec?

Re: Tikka 300wsm ejector merk probleme

Posted: Wed Apr 08, 2026 2:21 pm
by Arnold
Daai dop lyk erg en sommer of die primer pocket ook baie gerek het? Met hoë druk sou ek verwag dat die primer ook mooi plat geslaan word.

Daai lyk amper soos 'n SRP in die dop.

Re: Tikka 300wsm ejector merk probleme

Posted: Wed Apr 08, 2026 2:37 pm
by Arnold
Het jy dalk al op die dop se web ook gemeet om te sien hoeveel hy uitsit vanaf 'n nuwe dop?

Meskien het jou Pa een van die min Tikkas wat op 'n Vrydagmiddag gemaak was en is daai kamer heeltemal buite spec.