Page 1 of 1
Suppressor vir 300 WM
Posted: Tue Mar 31, 2026 11:09 am
by Dash431
Dag sê kerels.
Ek is opsoek na n suppressor vir my 300 WM, en die opsies lyk of dit eindeloos is.
Ek het nie n vreeslike voorkeur tussen reflex en gewoon nie, maar soek na n kwaliteit produk, wat klank behoorlik demp. Ek stel nie vreeslik belang in die wat n muzzle brake op het nie.
Wat stel julle voor?
Re: Suppressor vir 300 WM
Posted: Tue Mar 31, 2026 2:41 pm
by toelie
Ekt n Hog op myne en is baie gelukkig
Re: Suppressor vir 300 WM
Posted: Tue Mar 31, 2026 2:53 pm
by pwdejager
APW se Magnum Brake, kwaliteit is great!
Re: Suppressor vir 300 WM
Posted: Tue Mar 31, 2026 10:49 pm
by Dash431
Dankie kerels. Ek sal bietjie gaan loer

Re: Suppressor vir 300 WM
Posted: Wed Apr 01, 2026 7:34 am
by heywillie
APW, Warrior, Sustac is almal goeie plaaslike produkte.
Daarmee saam kry jy goeie naverkope diens, iets wat skaars is in ons land.
Re: Suppressor vir 300 WM
Posted: Wed Apr 01, 2026 9:08 am
by Jase6191
pwdejager wrote: Tue Mar 31, 2026 2:53 pm
APW se Magnum Brake, kwaliteit is great!
+1 vir die ene!
Re: Suppressor vir 300 WM
Posted: Wed Apr 01, 2026 11:34 am
by Dash431
Die APW lyk baie goed. Het enigiemand ervaring met Freyr & Devik? Dit is duur maar lyk na n lekker kannetjie, en hulle is lekker lig wat n groot vordeel is.
Re: Suppressor vir 300 WM
Posted: Wed Apr 01, 2026 11:49 am
by heywillie
Dash431 wrote: Wed Apr 01, 2026 11:34 am
Die APW lyk baie goed. Het enigiemand ervaring met Freyr & Devik? Dit is duur maar lyk na n lekker kannetjie, en hulle is lekker lig wat n groot vordeel is.
Freyr & Devik is op 'n ander vlak, maar R9k+ vir 'n silencer is vir my moeilik om te verteer.
Re: Suppressor vir 300 WM
Posted: Wed Apr 01, 2026 11:53 am
by Capt. Yoda
Re: Suppressor vir 300 WM
Posted: Thu Apr 02, 2026 10:42 am
by ThinusS
Dash431 wrote: Wed Apr 01, 2026 11:34 am
Die APW lyk baie goed. Het enigiemand ervaring met Freyr & Devik? Dit is duur maar lyk na n lekker kannetjie, en hulle is lekker lig wat n groot vordeel is.
Ek het 4 Freyer & Devik's, op 'n 6mm CM, 6.5CM, .30-06 en 'n 9.3x62. Hulle is lig, stil en kompak. Goedkoop is hulle nie, maar in die geval kry jy waarvoor jy betaal. As jy te voet jag, dink ek nie daar is 'n beter knaldemper nie.
Re: Suppressor vir 300 WM
Posted: Thu Apr 02, 2026 3:24 pm
by Fanta300
Hogg werk perfek. R3000 en goeie waarde.