Page 1 of 1

Glock wat nie reloads skiet nie

Posted: Sun Mar 08, 2026 9:08 pm
by afrikanerbloed
Naand almal
Hoop daar is iemand wat dalk kan help.
My broer het 2 jaar terug n glock 19 gen5 gekoop
Die pistool wyer om reloads te skiet.
Miskien 1 uit 10 .
Die pistool wyer om in volle "battery" te gaan.
Die rondtes voer en vuur 100% in my 2 glocks asook n vriend se g17
Alle rondtes het n factory crimp en pas 100% op n reloading check blok.
Die pistool funksioneer wel 100% met factory ammo
Safari trek net hulle skouers op.Die geweersmid by Safari sé dat hulle nie die kamer kan mill of polish nie want die staal is te hard.
As enige iemand raad het of weet na watter smid ek kan gaan sal ek dit baie waardeer..
Ek is onder in die Wes Kaap
By voorbaat baie dankie
Johan

Re: Glock wat nie reloads skiet nie

Posted: Sun Mar 08, 2026 9:30 pm
by OosKaapJagter
Die simptome wat jy beskryf klink presies soos rondtes waarvan die totale patroonlengte net effens te lank is vir die spesifieke pistool se kamer. Neem van daardie herlaaide rondtes en druk van die koeëlpunte so 0.5mm dieper en dan so paar wat 1mm dieper is.

Gaan toets dit dan. Jy kan selfs 'n plonktoets doen met die herlaaide rondtes en kyk hoe diep hulle in die kamer pas. Vergelyk dit dan met fabrieksrondtes. Dit is makliker om rondtes effens dieper te "seat" vir daardie pistool as om aan die loop of kamer te peuter.

Re: Glock wat nie reloads skiet nie

Posted: Mon Mar 09, 2026 7:59 am
by DeVilliers
More,

Kry vir jou n "case gauge" of doen n plonk toets soos hier bo. Daai rondtes is net nie reg gelaai nie.

Re: Glock wat nie reloads skiet nie

Posted: Mon Mar 09, 2026 8:06 am
by Ratel
Vat van daai rondtes en merk die koeels met 'n merkpen. Laat val dit dan in die loop soos beskryf deur OosKaapJagter. Jy kan selfs terwyl die rondte in die kamer is nadat jy dit in die kamer laat val het in die rondte draai. Jy behoort vinnig te sien waar die koeel kontak maak met die loop. Soos hier bo gese. Probeer eers die koeel klein bietjie dieper seat. Ek het gevind met die polymere bonded koeels is dit asof ek bietjie dieper moet seat. Weet nie of dit met die ogief iets te doen het nie. Watter koeels laai jy?

Re: Glock wat nie reloads skiet nie

Posted: Mon Mar 09, 2026 7:18 pm
by Ds J
Sommige maatskappye se pistoolkamers is nouer en/of korter as ander. As ek reg onthou is Glock nouer as CZ, en een van die twee verkies langer patrone.

Re: Glock wat nie reloads skiet nie

Posted: Mon Mar 09, 2026 7:22 pm
by Glocked
Die kamer van my G17 Gen 5 is ook korter as my G19 Gen 4. Moes my reloads 1mm korter maak, en toe werk hulle gemaklik in beide.

Re: Glock wat nie reloads skiet nie

Posted: Tue Mar 10, 2026 3:26 am
by JF123
Sê ons watter komponente jy gebruik en wat jou lengtes is.

Dop, koeëls, TPL.

Dan kan ons beter raad gee.

Re: Glock wat nie reloads skiet nie

Posted: Tue Mar 10, 2026 9:03 pm
by afrikanerbloed
Manne
Naand
Baie dankie vir al die terugvoer.
Ek sal defnitief kyk om die col korter te maak.
Ek het n Lyman case guage geleen en met n factory crimp slaag my rondtes 100%
Ek het 124 grn Silver rapids ,115 grn en 124 Frontier cmj gebruik in die reloads.
Ek laai 1000 de op n slag met my Dillion en my ander 9mm s en 45 s eet als op soos soetkoek so ek dink nie ek laai verkeerd nie.
Ek sal hulle korter maak en weer n update kom gee.
Baie dankie vir almal se insae
Vriendelike groete
Johan

Re: Glock wat nie reloads skiet nie

Posted: Wed Mar 11, 2026 4:28 am
by JF123
Wat is die lengte van jou rondtes?

Re: Glock wat nie reloads skiet nie

Posted: Wed Mar 11, 2026 8:31 am
by Ratel
afrikanerbloed wrote: Tue Mar 10, 2026 9:03 pm Manne
Naand
Baie dankie vir al die terugvoer.
Ek sal defnitief kyk om die col korter te maak.
Ek het n Lyman case guage geleen en met n factory crimp slaag my rondtes 100%
Ek het 124 grn Silver rapids ,115 grn en 124 Frontier cmj gebruik in die reloads.
Ek laai 1000 de op n slag met my Dillion en my ander 9mm s en 45 s eet als op soos soetkoek so ek dink nie ek laai verkeerd nie.
Ek sal hulle korter maak en weer n update kom gee.
Baie dankie vir almal se insae
Vriendelike groete
Johan
Vat daai spesifieke rondtes was nie in full battery gaan nie en wat in die case gauge reg meet en haal daai Glock se loop uit. Drop dan daai rondte in die kamer en as jy die loop omkeer behoort die rondte maklik self uit te val. As dit nie gebeur nie is daar goeie kans dat die rondte te lank is vir daai spesifieke kamer.

Re: Glock wat nie reloads skiet nie

Posted: Sun Mar 29, 2026 11:13 am
by afrikanerbloed
Goeie more almal.
Gou terug voer gee.
Jammer dit het so lank gevat om weer te skryf maar ek moes wag totdat ek my broer se pistool by my kon kry.

My tpl op gelaaide rondtes is 28,25 mm
Ek het hulle korter gemaak tot 27mm en geen verskil gemaak nie,Pistool wou nie in volle battery ingaan nie.

Ek het my dies uit die Dillion geskroef en van voor af begin op my enkel stage press.
Die doppe is gesize en hulle is in die loop se kamer laat inval waar hulle los sit en met jou vingers ge roteer kan word.
Pistool gaan in volle battery met net die dop en primer in dws die dop is uit geskakel uit die probleem.

Ek het toe primers ingesit asook drymiddel.

Ek het weer 125grn Silver rapids in hierdie doppe gelaai sonder om die dop te flare.

Alle rondtes{10 wat ek gelaai het] gaan met die vingers geplaas in die loop net halfpad in die kamer.

Ek het hierna die Lee factory krimp ingeskroef en die 10 rondtes gekrimp teen n matige krimp soos Lee voorstel.
Net drie rondtes het die pistool in battery laat gaan.

Ek moet hier weer noem dat al tien hierdie rondtes perfek in my 2 Glocks[43 en 45] in battery gaan en ek glo 100 persent sal funksioneeer.

Daarna het ek die factory crimp inkrementeel ingeskroef en die rondtes meer en meer gekrimp totdat 10 uit 10 van hulle nou in my broer se Glock in battery gaan.

Is dit die lang termyn oplossing??

Ek weet hierdie rondtes is oormatig gekrimp.

Is dit gesond om hulle af te vuur in hierdie staat.

Ek het nie die andwoord vir dit nie.

Ek het die oplossing gekry ,maar wat is die fout[ek weet wat dit is]

En nee ek sou nie se die punte is die fout nie.

Dankie vir die saam luister en by voorbaat dankie vir julle kommentare en moontlike wenke om die probleem op te los

Vriendelike groete
Johan

Re: Glock wat nie reloads skiet nie

Posted: Sun Mar 29, 2026 1:06 pm
by OosKaapJagter
Maar ek hoor dan altyd die slagspreuk van "Glock Perfection".

Ek sou daardie rondtes skiet. Wat maak die Frontier CMJ's met 'n korter tpl in daardie pistool?

Re: Glock wat nie reloads skiet nie

Posted: Sun Mar 29, 2026 1:11 pm
by Ds J
Jy sê die pistool skiet fabrieksammunisie, maar nie herlaaide ammunisie nie. En - die ander pistole skiet die herlaaide ammunisie. Dit dui daarop dat die pistool se kamer baie nou is, of dat daar dalk n baie klein afwyking in die kamer is wat net die herlaaide patrone pla. Dit is waarskynlik waarom die fabrieksammunisie werk, maar nie die herlaaides nie.

Probeer asb om enkele verskillende koperkoeëls te laai - Frontier, JHP en nog n paar. Dalk is dit n saak wat slegs met die loodkoeëls gebeur?

Probeer asb ook om jou huidige herlaaide koeëls te meet en met gekoopte ammunisie te vergelyk. Erens is daar waarskynlik n afwyking in die buitemaat van die patrone.

Laaste gedagte: vat enkele van jou huidige herlaaide koeëls en druk hulle weer deur die "sizer die", en toets hulle dan weer in die pistool. Dit kan dalk wys dat die loodkoeëls die doppie effe laat rek, dan pas hulle nie in die kamer nie.

As alles dieselfde is en julle nie regkom nie kan jy die pistool se kamer van binne laat inspekteer, of n afgietsel maak.

Re: Glock wat nie reloads skiet nie

Posted: Sun Mar 29, 2026 4:07 pm
by LUAN
Jy se jy laai silver rapids sonder om die dop te flare? Coated koels moet jy beslis eers die dop flare voor jy seat en krimp na jy geseat het. Die eenkeer wat ek siler rapids gebruik het paar jaar gelede onthou ek dat hulle coating sag amper rubberig was. As jou dop nie geflare is, is daar te veel druk met die seating en druk jou seating stem n ring op die koel wat sy profiel vervorm en gaan maak dat nie almal wil kamer.

Re: Glock wat nie reloads skiet nie

Posted: Mon Mar 30, 2026 4:51 am
by Vissie
afrikanerbloed wrote: Sun Mar 29, 2026 11:13 am


Is dit die lang termyn oplossing??

Ek weet hierdie rondtes is oormatig gekrimp.
Hi Johan.

Dit gaan maar alles oor die oorsprong van die patroondoppies en hoe hulle voorheen aangewend was.
Hulle was dalk al baie maal gevuur, geskiet in ‘n pistool met groter toleransies (jou G43/45 as voorbeeld), of dalk warm geskiet.

Die antwoord is om die doppe te rollsize voor jy hulle size met jou sizing die. Dit is maklik om reg te stel, maar benodig ongelukkig nóg toerusting.

Die oormatige krimp kan moontlik ander probleme skep.

Mooi loop!

Re: Glock wat nie reloads skiet nie

Posted: Tue Apr 14, 2026 12:25 pm
by Crossforge
Ek het ook op n stadium die probleem gehad. Het n "bullet sizing die" gekry waardeur ek die koeels (Punte) re-size voor ek hulle gebruik. Dit het die probleem opgelos. As jou punte net effens te groot is vir die glock se tolleransie dan vergroot dit die dop se omtrek as jy die punte in druk, met die gevolg dat dit nie behoorlik wil voer nie. Na die punte deur die sizing die is voer die rondtes selfs as ek dit nie krimp nie.

Re: Glock wat nie reloads skiet nie

Posted: Fri Apr 17, 2026 6:55 pm
by Francoisv
Brass bulge? Ek het 'n die gekoop daarvoor.

Re: Glock wat nie reloads skiet nie

Posted: Sat Apr 18, 2026 2:21 am
by Askari
Ek het dieselfde probleem met my M&P2.0 gehad... met "tuisgemaakte" lood punte. Sizing die het die probleem opgelos.

Re: Glock wat nie reloads skiet nie

Posted: Sun Apr 19, 2026 10:37 am
by henti
More die Glock 19 se loop is korter as die Glock 17 , ook die probleem gehad ons moet n powder factor van 125 he dus op n 124gr cmj dws 1010 fps wat min is daar het ek met G19 probleme opgetel waar n Glock 17 nie probleme het nie .

Ek het kruit opgelaai 4.2 gr ms 200 na 4.5gr Ms 200- netso probleme verby probleem egter is dop raak baie vol met die tekort aan Sonchem het toe gegaan na Hodgon tite Group 4.6 gr met n spoed van 1100 fps dan cycle hy mooi en geen probleme. Om die teorie te toets sit ons toe die rondtes is Glock 26 en daar kom die porrbleme weer.

So hoe korter die loop hoe minder druk by hou hy op.

5000 skote later geen probleme so laai hom en toets spoed

Groete Henti

Re: Glock wat nie reloads skiet nie

Posted: Sun Apr 19, 2026 12:40 pm
by henti
Natuurlik AI se antwoord hieronder :

what speed does a glock 19 need using a 124gr cmj to function at its best?

For a Glock 19 to function at its best with a 124gr projectile (FMJ or "VMJ"), the target muzzle velocity is generally between 1,050 and 1,150 feet per second (fps).
Reddit
Reddit
+1
While Glocks are notoriously reliable across a wide range of pressures, this "standard" velocity range provides the best balance of mechanical cycling, manageable recoil, and accuracy.
Ammo.com
Ammo.com
+1
Optimal Performance Breakdown
Standard Pressure: Most factory 124gr FMJ target loads are tuned for 1,090 to 1,150 fps. This ensures the slide cycles with enough force to eject the casing and strip the next round without causing excessive wear on the frame or recoil spring.
NATO Spec: Many European loads (like Sellier & Bellot) are loaded closer to NATO specifications, often reaching 1,150 to 1,180 fps. These "hotter" loads can actually improve reliability in newer Glocks with stiff recoil springs.
Self-Defense Replication: Many shooters choose 124gr FMJ specifically because its velocity of 1,150 fps closely mimics popular duty rounds like the Speer Gold Dot 124gr +P or Federal HST, allowing for practice that feels like the "real thing".
Ammo.com
Ammo.com
+5
Velocity Ranges for 124gr 9mm

Re: Glock wat nie reloads skiet nie

Posted: Sun Apr 19, 2026 4:57 pm
by Capt. Yoda
Henti, ek dink sy probleem is die gelaaide patroon pas nie in die pistool se kamer nie

Re: Glock wat nie reloads skiet nie

Posted: Mon Apr 20, 2026 10:50 am
by Louis Kriel
henti wrote: Sun Apr 19, 2026 10:37 am More die Glock 19 se loop is korter as die Glock 17 , ook die probleem gehad ons moet n powder factor van 125 he dus op n 124gr cmj dws 1010 fps wat min is daar het ek met G19 probleme opgetel waar n Glock 17 nie probleme het nie .

Ek het kruit opgelaai 4.2 gr ms 200 na 4.5gr Ms 200- netso probleme verby probleem egter is dop raak baie vol met die tekort aan Sonchem het toe gegaan na Hodgon tite Group 4.6 gr met n spoed van 1100 fps dan cycle hy mooi en geen probleme. Om die teorie te toets sit ons toe die rondtes is Glock 26 en daar kom die porrbleme weer.

So hoe korter die loop hoe minder druk by hou hy op.

5000 skote later geen probleme so laai hom en toets spoed

Groete Henti
4.6 gr Titegroup is waaaay over pressure met n 124gr koeel. Jy is seker verby 40 000 psi met jou lading. In +P+ terrein. Pasop vir Titegroup as jy warm laai.

Re: Glock wat nie reloads skiet nie

Posted: Mon Apr 20, 2026 8:59 pm
by JF123
Kyk of daardieblood koeëls wel is vir 9mm teen .355" en nie dalk vir .38Spcl teen .357" nie.

Re: Glock wat nie reloads skiet nie

Posted: Wed Apr 22, 2026 7:50 pm
by afrikanerbloed
Naand Almal
Jammer vir die lank wag vir terugvoering.

Ek het die probleem oorkom en ek glo dit is opgelos.

Ek het die volgende gedoen.

Ek het my sizer die so opgestel dat die doppies die drop of plonk toets slaag,dws die doppie val in die kamer en ek kan hom roteer met my vingers sonder dat hy op enige manier bind of vasteek.

Ek het n Sellior en Bellot factory patroon gevat en my reloads dieselfede tpl gegee.

Ek het mates geneem ven die factory ammo net bokant die rim en daar waar die doppie die punt vashou.

My Rcbs seating die is toe so opgestel dat hy toe die 7 soorte K uit daai punt en dop "rollcrimp"totdat hy so 0.001 ,0.002 van die factory rondte se mates af gecrimp is

Daarna het ek hulle somaar nog n factory crimp gegee met die lee factory crimp.

Met vol magasyne het die rondtes 100 persent die kamer binne gegaan en die slide het heeltemal vorentoe gelock.
Die ladings is met n halwe grn verminder en ek het 50 rondtes gaan uitskiet.

100 persent.Al 50 rondtes veilig gekamer,afgevuur en ge eject.
Ek kon nog nie spoed chrony nie maar als lyk in orde.

Dit was met Silver Rapids gewees.
Ek kry nou Bullet corp om volgende te laai..

Baie dankie vir almal se insette en raad.
Hoop iemand kon iets hieruit leer

Vriendelike groete
Johan

Re: Glock wat nie reloads skiet nie

Posted: Wed Apr 22, 2026 8:01 pm
by afrikanerbloed
My volgende aankoop sal n bullet sizing die wees.
Dankie