Page 1 of 1

Teleskoop Cerakote?

Posted: Mon Feb 16, 2026 10:14 am
by HeinSavage
More,

Ek het my vrou se 308 so bietjie meer stap vriendelik gemaak siende dat sy doel in die lewe nou verander het. Een van die gewig spaar aksies was om die teleskoop met 'n ou Lynx 3-9x te vervang wat darem so 400gr afgehaal het. Die Lynx het al op 'n hele paar gewere in my lewe diens gedoen en wys sy ouderdom, alhoewel hy nog doen wat hy moet doen na 20-25 jaar. Vroulief se woorde was "geweer voel lekker en kan hom uit die vuis skiet, maar daai teleskoop is lelik!". So om hom dieselfde Cerakote te gee as die loop en aksie voel soos die oplossing. Ek sien die vraag is al gevra op die forum of dit 'n goeie idee is of nie, maar sien nie 'n definitiewe antwoord van iemand wat dit al gedoen het nie? Die scope is nou nie miljoene werd nie en sal nie weer verkoop word nie, maar mens d@nner nou nie net goed op nie!
Sien op die Yank forums daar is 'n Cerakote wat nie hoef oond gedroog te word nie, maar het 'n baie lang droog tyd.

PS: daar le nie by iemand 'n 'n turret cover vir die ou Lynx'e nie? Ek het twee oues en die ander teleskoop kort een.

Groete,
Hein

Re: Teleskoop Cerakote?

Posted: Mon Feb 16, 2026 10:42 am
by Capt. Yoda
Geno het op n kol een of 2 March scopes laat "coat" vir n klient