Maglightkat
Posted: Wed Mar 07, 2012 11:22 am
Kom gisteraand skemer van die huurgrond af terug huistoe,op die Rooihoogte pad sien ek n rooikat teen die pad sit.
Ry gou by Flippie Loock in en beduie hom,ons laai sy skietstoel en daar gaan ons....katjagters !
Maar na n uur se lig en soek ens gee ons moed op en draai huis toe.Amper by Springfontein tel hy die kenmerkende helder blou/groen oog teen die berghang op....ons probeer nader, maar boeta daai wereld is skurf met ysterklip ens.
En kater is baie skaam om sy oog te wys en kans te gee vir n skoot en dis hier net kort van 400 tree,na seker n uur se gesukkel kry Flippie n skoot in,bo-oor te veel toegelaat vir die 223tjie,na n tyd nog n skoot en nou weet ons nie daai skoot het nie te sleg geklink nie ?
Nee maar goed ek sal die stoel beman en Flippie sal my 4sel Maglight vat en vir kater loop haal.
Daar gekom,die kol platgesoek, kater nerens te vinde nie,volgende oomblik hoor ek hoe val die Maglight doef !
Hier sit ou Flip met die kat aan sy agterbeen en daai kat spring en dans soos n afkop hoender !
Flippie het die kat op n klip sien sit en anderpad kyk....hy sit toe die flits af en bekruip die kat in die volmaan so vyf tree en wiks die +- 10kg wyfiekat n enkele doodskoot oor die kop met die 4sel !
Sy het nie n merkie aan haar gehad nie,alby skote was dus mis.
Mooi gedoen Flippers !!