Page 1 of 1

Onverwagse geweertipes

Posted: Thu Jan 15, 2026 9:54 am
by tripodmvr
Ek het nie geweet dat Winchester dubbelgewere gemaak het nie. Seker gebaseer op hul O/U haelgewere?
Grand European 1.jpeg
Grand European 2.jpeg

Re: Onverwagse geweertipes

Posted: Thu Jan 15, 2026 1:10 pm
by JAGTERSREG-JRM
Het al so een of twee gesien. Daai 3006 sal lekker jag ini bos!!

Re: Onverwagse geweertipes

Posted: Fri Jan 16, 2026 1:17 am
by Johan van Wyk
Hulle is deur Miroku in Japan vir Winchester gemaak op Winchester 101 haelgeweer aksies. Die groot probleem is dat hulle van bitter weinig tot geen regulasie gehad het. Om een te kry wat reguit skiet is nogal 'n prestasie. Ek ken drie manne wat een gehad het, twee .30-06'e en 'n 7x57R. Nie een van die drie wou skiet nie, maak nie saak wat nie. Groeperings van die twee lope wat so 8-10 duim uitmekaar skiet was die orde van die dag.

Re: Onverwagse geweertipes

Posted: Fri Jan 16, 2026 10:35 am
by tripodmvr
@Johan, so hulle het die haelgeweertradisie hoog gehou met verspreiding van die korrels. Kon net sowel 'n enkelskoot gewees het. Mooi lyk is dus nie altyd 'n goeie praktiese artikel nie.

'n Ander oplossing sou wees om beide 'n teleskoop en rooikol visier op te sit.

Re: Onverwagse geweertipes

Posted: Fri Jan 16, 2026 4:14 pm
by tripodmvr
Hier is Aussie kommentaar oor die bruikbaarheid van die O/U gewere.

Very nice. I've had 2 of these over the years, a 9.3 x 74R and a 7 x 57R. both were lovely to shoot and easy to carry. You may have to try a few different loads to see what regulates in it, but persevere. A mate had a 30-06 and he had his shooting nicely without too much trouble. I look forward to hearing a report on it.