Page 1 of 1

Rot probleem

Posted: Wed Mar 07, 2012 8:23 am
by Vosman
Dagse mense!
Ek het 'n effense rotprobleem. kan julle my help met idees? Ek bly in die stad so die volgende gaan nie werk nie:

Roep en skiet
Voorsit
dagroep basies onmoontlik

Wat beveel julle aan? ek weet nie of rotvalle vinnig genoeg gaan werk nie. Ek is nie stout oor rattex nie. ek vra maar of julle weet van ander alternatiewe!

Mooi loop

Vossie

Re: Rot probleem

Posted: Wed Mar 07, 2012 8:27 am
by Beyers
Jack Russell

Re: Rot probleem

Posted: Wed Mar 07, 2012 8:30 am
by Vosman
Hulle klim nie so lekker boom nie!

Re: Rot probleem

Posted: Wed Mar 07, 2012 8:31 am
by Smirre
Vossie
Meng solank vir hulle soetwyn met water en sit dit uit
Dan gaan soek jy by die kooperasie Vloeibare FINALE. Jy teken in die gifregister vir die goed

Dan as jou vriende nou die soetwyn gewoond is, dit vat net 'n dag, gooi jy die Finale by en jou probleem is iets van die verlede

Smirre

Re: Rot probleem

Posted: Wed Mar 07, 2012 8:41 am
by Zack Benade
Smirre

Vrot die rotte van FINALE of word hulle ook styf soos by Rattax? 

Re: Rot probleem

Posted: Wed Mar 07, 2012 8:47 am
by Smirre
Zack
Finale laat hulle inwendig bloei.. die vloeibare een baie vinnig.
As hulle die soet wyn gewoond is drink hulle baie en jy tel hulle sommer langs die kroeg op
Ek dink enige ding wat vrek sal stink in die hitte

Smirre

Re: Rot probleem

Posted: Wed Mar 07, 2012 8:52 am
by Dippies
Vossie ek het self met n paar gesukkel wat van my buurman se kompos hoop afgekom het.

Ek het hulle met windbuks geskiet as hulle op telefoondrade hardloop.

Maar soos Beyers se kry n hond. Ek het my nog n Rhodesian Ridgeback aangekaf en paapie hy en die ander 2 kalante roer die rotte.

Ek en my bierman kom baie goed oor die weg en hy het my gese gaan nie gif gebruik nie want hy is bang vir sy honde en myne. ;D

Groete
Dippies

Re: Rot probleem

Posted: Wed Mar 07, 2012 8:55 am
by spekieries
Vossie

Pasop vir Finale dit is baie omgewings onvriendelik. Uile en alle ander goed wat die rotte vreet vrek. "n Beter produk is Racumin. Ek weet want nadat ons 'n probleem gehad het het ek Prof Verdoorn Gebel oor die aangeleentheid.

Groete 

Re: Rot probleem

Posted: Wed Mar 07, 2012 9:03 am
by Beyers
Vosman wrote: Hulle klim nie so lekker boom nie!
You aint seen nothin yet.
Hulle klim nie so lekker af nie

Re: Rot probleem

Posted: Wed Mar 07, 2012 9:05 am
by Pumba30-06
Vosman, vat Smirre se advies!
My pa het met vo?ls geboer en daar was duisende rotte op die plot gewees, tussen my windbuks en 4 Yorkies kon ons net nooit n duik maak nie. Toe sit ons Hanepoort uit vir so week en toe gooi ons finale by! Mens tel chekers sakke vol op dan!
Ons het dit so een week aan een week af gedoen vir twee maande en toe is daar nie meer n rot in sug nie. As ons weer hulle gewaar het, het ons net weer bietjie hanepoort gegooi en volgende week die WHA by gesit!

Re: Rot probleem

Posted: Wed Mar 07, 2012 9:25 am
by Vincehond
As jy regtig geen gif wil gebruik nie en nie orals rotte wat vrek le kan jy die volgende probeer. Werk baie goed.

koop so 5 kg se sonneblom saad. maak n 20 liter emmer so bietjie meer as half vol water. gooi al die sonneblom ook in . dit dryf bo op die water en net die onderstes word nat. sit dan die emmer naby n rak of plek waar hul baie loop sodat hul maklik net kan inspring op die sonneblom.

Rotte val dan net deur die sonneblom en versuip. Het al klomp op die manier in n nag gevang.

Haal net elke dag die rotte uit wat gevang is.


Ander opsie is bakkies met twee derdes mielie meel en n derde sement. meng dit net goed deur.  plaas net n bak water ook langsaan.  Sement word hard in hul pense en vrek dan.  Werk baie goed ook.

Sterkte met die plaag ou maat

Re: Rot probleem

Posted: Wed Mar 07, 2012 9:29 am
by Dippies
Vincehond wrote:
Ander opsie is bakkies met twee derdes mielie meel en n derde sement. meng dit net goed deur.  plaas net n bak water ook langsaan.  Sement word hard in hul pense en vrek dan.  Werk baie goed ook.
Die klink vir my soos as n man los spens het en jy vat so paar immoduims dan is dit ook so goed soo meel en cement mix in n man se maag. Jy voel later of jy kan dokter toe gaan sodat hulle jou kan keiser om die gedoente uit jou maag te haal omdat hy so hard gewod het van die pille. ;D ;D ;D

Dippies

Re: Rot probleem

Posted: Wed Mar 07, 2012 10:56 am
by VdWalt
Vincehond wrote:
Ander opsie is bakkies met twee derdes mielie meel en n derde sement. meng dit net goed deur.  plaas net n bak water ook langsaan.  Sement word hard in hul pense en vrek dan.  Werk baie goed ook.
Sjoe - wat 'n manier om te vrek - ek neem aan dit werk nie so vinnig soos gif nie...

Re: Rot probleem

Posted: Wed Mar 07, 2012 11:45 am
by tripodmvr
Dippies wrote:
Vincehond wrote:
Ander opsie is bakkies met twee derdes mielie meel en n derde sement. meng dit net goed deur.  plaas net n bak water ook langsaan.  Sement word hard in hul pense en vrek dan.  Werk baie goed ook.
Die klink vir my soos as n man los spens het en jy vat so paar immoduims dan is dit ook so goed soo meel en cement mix in n man se maag. Jy voel later of jy kan dokter toe gaan sodat hulle jou kan keiser om die gedoente uit jou maag te haal omdat hy so hard gewod het van die pille. ;D ;D ;D

Dippies
Immodium is 'n gevaarlike middel as jy dit oordoen. My dokter se mening is dat jy dit nie eers vir 'n hond gee nie.

Re: Rot probleem

Posted: Wed Mar 07, 2012 12:43 pm
by Vosman
Dankie kerels! Gaan die wyn ding probeer, voor iemand met belaglike idees kom soos om hulle te probeer vang met my Captain Morgan of Brandewyn! Hopelik kan ek julle positiewe terugvoer gee oor 'n week of wat. Hoop net my vrou se se poedels bly in die slag nie, of doen ek? ;D
Die uile is veilig, hulle is nie in my woonbuurt nie.
Sal 'n nagapie homself wyn loner wil hou, of is hulle veilig?

Re: Rot probleem

Posted: Wed Mar 07, 2012 1:09 pm
by Ferdi
Hallo

Racumin werk en tussen my en die bure is daar 'n ooreenkoms dat ons dit sommer bo op die plat dakke gooi van mekaar se afdakke en huise want die hele area is vrot van die rotte as gevolg van paar tuis industrie en gaste huis baie naby aan ons.

Die sonneblom en water ene kan ook werk as afwisseling want rotte raak gou slim vir goed soos valletjie en skiet met windbuks pistool.

Groete'

F

Re: Rot probleem

Posted: Thu Mar 08, 2012 8:06 am
by Smirre
Vosman

Sit die gif teen 'n muur en nie in die middel van die kamer nie
Rotte en muise loop 99% van die tyd teen mure waar hulle snorre kan voel waar hulle loop

Smirre

Re: Rot probleem

Posted: Thu Mar 08, 2012 10:04 am
by Skolla
Smirre wrote: Meng solank vir hulle soetwyn met water en sit dit uit
Lyk my hier kom n paar resepte uit waarmee julle my ook sal vang. ;D

Re: Rot probleem

Posted: Thu Mar 08, 2012 11:38 am
by mamba
Beyers wrote: Jack Russell
Stem, ek het een jackie en een worshond. Kan nie onthou wanneer laas ek 'n rot of muis gesien het nie. Selfs met my buurman se kompos hoop en die hadidas vlieg maar verby.

Enigste probleem is die indian maynas wat die jackie laf het. maar daar is lood vir daai een.

Cheers

Re: Rot probleem

Posted: Tue Mar 13, 2012 8:08 am
by Smirre
Vosman
Het die rotte die soetwyn geniet?