Page 1 of 1

lynx...Uitstekende diens

Posted: Tue Mar 06, 2012 5:06 pm
by cassie_calvinia
jul weet my scope het so 2weke terug gebreek, ens.
lynx het my laat weet hy is reg gemaak, en gediens. verniet. dir presies 9dae nadat ek hom gepos het.
jul weet ook dat ek 'n nuwe scope soek...ek dink sulke diens het my mind opgemaak. 2.5-10x56.
die bietjie diekant toe, daai kant toe gaan nie veel verskil maak.
mooi loop

Re: lynx...Uitstekende diens

Posted: Tue Mar 06, 2012 6:23 pm
by Gerrit Visser
HI Cassie
Na watter adres het jy hom gestuur?

G Gert

Re: lynx...Uitstekende diens

Posted: Tue Mar 06, 2012 6:33 pm
by Dippies
Daarsy cassie

Ek het dieselfde ondervinding gehad so 2 jaar terug en van daaraf sal ek net lynx koop.

Dis hkm jy sal sien my ketties het net lx 2 scopes nou op

Re: lynx...Uitstekende diens

Posted: Wed Mar 07, 2012 7:12 pm
by cassie_calvinia
Gerrit, die adres is op www.lynx.co.za.
dis in sloan park, jy sal dit deer sien

Re: lynx...Uitstekende diens

Posted: Wed Mar 07, 2012 7:30 pm
by Marc
Hierdie is goeie nuus manne

Ek het een spesifieke Lynx, 'n 6x44 Twilight series, wat nou so twaalf jaar elke jaar harde diens doen. Hy't al HARD geval, gestamp, nat gere?n en bitter koud en warm gekry. Tot vandag nog nie een probleem gehad, niks, nada, zero  ;)
Al waneer ek die zero stel is as daar 'n nuwe batch kruit aankom of die baas wil ander koe?le probeer.

Die klariteit van die nuwe modelle kan net nie heeltemal bybly by wat ander manne deesdae uitbring, teen beter pryse nie. Maak mens hartseer  :'(

Mooiloop
Marc

Re: lynx...Uitstekende diens

Posted: Sun Mar 11, 2012 10:39 am
by Arno Pienaar
Selde hier met die lynx.Hy bly maar net n lekker scope my pa het n lynx 8*56 en hyt 12 jaar lank met hom bokke geoes saam met oom Dawie D en hy hou nou nog ek moet by se hy is op n baie lekker roer [223] en hy HOU met al sy stampe,krape en vallery alles deur.                  Mooiloop

Re: lynx...Uitstekende diens

Posted: Sun Mar 11, 2012 11:44 am
by Tiny
Morese Cassie
Baie bly oor die goeie diens wat jy gekry het.. Ek is self 'n baie groot lynx fan.. Daar le nou juis 'n 6-24x42 langs my bed wat net wag vir die 30-06 sodat hy kan begin werk.. Darem nog net 3 weke, dan is dit so.. Ek sien nou die Calvinia langs die naam.. Ken jy vir Wilhelm Visagie? Mannetjie wat langs my bly hier in die Bos.. Nie seker wats die Oom se naam nie..
Lekker dag
Tiny

Re: lynx...Uitstekende diens

Posted: Mon Mar 12, 2012 9:29 am
by Dawie D
Cassie

Ek het die selfde goeie diens by daai manne gekry.
Ek het 2 van my 8x56's vir hulle gestuur na 9 jaar se diens en hulle het die scopes gediens en nuwe lense opgesit en alles het binne 12 dae gebeur.
Jy gaan ver soek vir hierdie tipe diens.

Groete Dawie

Re: lynx...Uitstekende diens

Posted: Sat Mar 17, 2012 9:27 am
by cassie_calvinia
wil net laat weet, my scope is terug op my geweer, en 100% reg. die knop wat stukkend was, reageer baie goed. nou loop my gun weer soos 'n jet! (baie bly ek kon die 6x40 weer afhaal)
sal nie sommer weer 'n ander scope koop, hul is bekostigbaar, en lewer goeie diens.

Re: lynx...Uitstekende diens

Posted: Fri Mar 23, 2012 5:35 am
by Jacquesb
Ek soek ook nis anders as Lynx nie.
Ek het my scope laat breek omdat ek stupid was. By skerpknal in PTA ingegee. Die scope na so 10 dae (kan nie presies onthou nie) teruggekry. Ek het 'n rekening verwag, omdat ek weet ek was 'n aap.
Geen rekening, scope kosteloos herstel en gediens deur Lynx!
Diens uit die boonste rakke.
Jacques

Re: lynx...Uitstekende diens

Posted: Fri Mar 23, 2012 7:50 am
by Dawie D
Die manne by lynx kan trots voel oor hulle diens

Re: lynx...Uitstekende diens

Posted: Fri Mar 23, 2012 8:25 am
by Chevvy SS
DIESELFDE ERVARING GEHAD, EN UITSTEKENDE DIENS GEKRY!

Wat my nog meer aan hulle laat glo, is toe k 'n probleem met my geweer gehad het toe ek in die jagveld aankom- het ewe skielik links en hoog geskiet, n dit terwyl ek hom soos 'n baba in komberse gery het. Ook nie gereageer soos verwag met die instellery in die veld nie.

Met my terugkoms het ek hulle gemail, en in detail verduidelik hoe die scope reageer het met verstellings. 2 dae later het ek 'n mail gekry wat ges? het ek moet na die voorste mount kyk.

Was glad nie be?ndruk met die antwoord nie, maar toe ek gaan kyk, was dit die probleem!

Daar mag beter scopes wees, maar hierdie tipe diens kry mens nie sommer nie.

Re: lynx...Uitstekende diens

Posted: Tue Jul 24, 2012 7:50 pm
by Danie Lombard .243
LYNX se diens is uitstekend, my .243 geweer se Lynx 8X56 kruishaar het gebreek, die onderste been. Die scope is nou 12 jaar oud.
Ek het self die scope na Lynx Optics gepos nadat ek met Jan Jak gepraat het en Lynx Optics gekontak het. Twee weke na ek die scope gepos het, het Lynx vir my die scope terug gepos weer in 'n soos nuut toestand. Ek het nie 'n sent betaal nie, nie eens vir die terug pos nie. Die scope is onder waarborg herstel.

As ek dink dat dit slegs twee weke neem om weg gestuur te word, herstel te word en weer terug gestuur word is dit bitter spoedig as mens dit met sou vergelyk met herstel werk aan 'n scope wat na die vsa of europa gestuur moes word met die koste van shipping.

Nog 'n rede hoekom ek in die toekoms weer 'n Lynx scope sal aankoop.

Re: lynx...Uitstekende diens

Posted: Tue Jul 24, 2012 8:40 pm
by Piet Breedt
Danie, ek het presies so Lynx by iemand persent gekry, wat nog soos nuut lyk. Ek lees net goeie dinge van hom vir nagskiet. Wat is jou ondervinding met hom om goete uit te ken oor langafstande in die nag in langerige gras, soos ons hier op die ho?veld het?

Is die vergroting nie bietjie beperkend daarvoor?

Re: lynx...Uitstekende diens

Posted: Wed Jul 25, 2012 8:56 am
by Danie Lombard .243
Piet

Laasnag was die eerste keer vandat ek die scope besit dat ek onseker was van 'n teiken, is dit 'n jakkals of is dit 'n wat? Ek en Hendrik en JB het gaan jakke soek by die vee pos. Tel twee jak oe op met lig. Skielik staan daar 'n yslike wit bok/jak/ding/iets hoog bo die gras uit. Dit is toe 'n jak wat bo op 'n miershoop staan en loer. Ek wat agter die stuur van bakkie is kon nie die miershoop sien deur die gras nie. Die jak het lyn reguit met sy bors na my gestaan en sy stert kant weg van my af, ek kon net die wit bors mooi sien, ek dink die jak het sy kop laag gehou omrede ek nie sy kop kon sien nie. Skat die afstand was anderkant 200 meter gewees, nie 300 meter nie. Deur die scope het dit soos 'n koplose witterige ding met lang bene gelyk. Vrek eienaardig gelyk. Toe die ou sy kop optel se Hendrik jak en ek sien wat dit is. Die jak speel tans harp.

Dit is werklik waar die eerste keer ooit wat ek nie seker was wat ek in die scope gesien het nie. Al die ander kere in die 12 jaar wat ek met die scope jag kon ek alles duidelik en helder sien in die nag, selfs op ver afstande ook. Hier in ons wereld is dit net gras en ek moet se, die scope doen sy ding.

'n GROOT plus volgens my opinie van die scope is die wye veld van sig van die scope. Maak nie saak hoe ver of hoe naby die teiken is nie, as jy die scope optel is die teiken in die scope, elke keer. Jy hoef nie te soek nie. Doen jouself eendag 'n guns en kyk op 200 en 300 meter hoe wyd die scope field of view is. Dit is werklik baie wyd, meer as ander scopes sou ek reken.

Ek het al deur verskeie nag scopes gekyk. Jare terug het ek deur 'n Khales Heila 8X56 gekyk en dit was ook 'n baie goeie helder scope.

Re: lynx...Uitstekende diens

Posted: Wed Jul 25, 2012 9:14 am
by Janjak
Net so vir die interesantheid.

Lynx is besig met n 8x56 met illuminated reticle.

Ons is baie opgewonde en ek sal julle op hoogte hou sodra hulle beskikbaar is.

Re: lynx...Uitstekende diens

Posted: Wed Jul 25, 2012 9:37 am
by Chevvy SS
So pas my 2de scope teruggekry wat ek ingestuur het. Ek het vermoed dat die POI skuif. Lynx het getoets, die paralaks reggemaak en kosteloos aan my terugversend.

As alle vervaardigers net bereid was om so by hul produk te staan sou die w?reld 'n wonderlike plek gewees het.

Re: lynx...Uitstekende diens

Posted: Wed Jul 25, 2012 5:40 pm
by Danie Lombard .243
Chev

LYNX is voorwaar goed, nie net hul diens nie, hul scopes is fantasties.

Klompie jare terug het Lynx 'n 8X56 ilunminated rectical scope bemark. Ek het 'n egter een klagte t.o.v. die model, die vield of view is baie nou en beperk, verder is dit net so goed soos die std 8X56  Twee van my vriende het van die iluminated rectical vorige modelle en hulle het nog nooit probleme ondervind met die scopes nie. Die een vriend het sy scope gehad voor ek myne gekoop het, dus is die scope ouer as 12 jaar.

Re: lynx...Uitstekende diens

Posted: Mon Jul 30, 2012 12:13 am
by Jaco 7mm Rem Mag
Hallo cassie
Al is my reply bietjie laat gan dit geen verskil maak nie.ek besit n 2.5-10x56 vir n week lank en ek is baie bly ek het nie dubbel betaal vir n duurder scope nie.die lx2 is baie helderder as ou twilight series.geniet hom,jy gannie. Spyt wees nie.
Groete.