Page 1 of 2

Eerste Kanadese jag

Posted: Mon Nov 17, 2025 2:05 am
by BenJacobs
Dagsê almal.
Ek deel graag my eerste suksesvolle buitelandse jag.

Ons seisoen en Saterdag oggend (15 Nov) oop gemaak en maak die 4 Desember toe. Die reëls werk as volg, jy kan 1 white-tail takbok jag met enige wapen van jou keuse, manlik of vroulik. Jy mag 'n halfuur voor sonop skiet tot 'n halfuur na sonsak. Oh ja en jy moet helder oranje op jou bors rug en kop dra terwyl jy skiet.

Ek het kameras gaan opsit so 2 weke voor die seisoen oopmaak, net om te sien wat is in die omtrek, het baie ooie en 'n paar jong ramme gesien, maar niks wat wonders nie. Saterdag oggend het ek 6uur gaan sit in 'n bos en wag waar ek dink ek gaan iets sien, ek het my keuse vinnig berou. Maak nie saak hoe warm jy aantrek nie, in - 16 kry jy ### koud. Na 'n paar uur se sit het ek opgegee en 'n draai gaan ry waar ek mag skiet. (ek het toegang tot sowat 8000ha) 'n paar gesien, maar of te vêr of op buurman se grond. Ek het sowat 40m van 'n mooi ooi af gekom en haar vir so 15min dop gehou en besluit om nie 'n ooi op dag 1 te skiet nie.

Vanoggend besluit ek toe om vroeg 'n draai te ry en eindag toe waar ek die ooi die dag vantevore gesien het en daar hardloop 'n mooi groot ram toe. Hy stop en kyk terug en gee my net genoeg tyd vir 'n skoot agter die blad. 150gr nosler uit my 7mm-08 het hom op die plek laat val. Ek is heel tevrede met die ram. Het ongelukkig nie 'n skaal nie, maar hy is mooi groot! Horing gewys is hy 'n "10 pointer" 5 punte aan elke kant.

Re: Eerste Kanadese jag

Posted: Mon Nov 17, 2025 2:55 am
by BenJacobs
Hier is nog een

Re: Eerste Kanadese jag

Posted: Mon Nov 17, 2025 8:11 am
by Geno
Mooi bok. Baie geluk Ben!

Re: Eerste Kanadese jag

Posted: Mon Nov 17, 2025 8:47 am
by sako 30-06
Baie geluk Ben, mooi bok en mooi groot lyf.
Laat weet bietjie hoe proe die vleis.

Re: Eerste Kanadese jag

Posted: Mon Nov 17, 2025 8:51 am
by Ockert1992
Netjiese bok! Geluk!

Re: Eerste Kanadese jag

Posted: Mon Nov 17, 2025 9:03 am
by Capt. Yoda
Netjies Ben, dis n mooi bok daai

Re: Eerste Kanadese jag

Posted: Mon Nov 17, 2025 9:30 am
by tripodmvr
Baie geluk. Hoop jy kry nog baie kanse.

Re: Eerste Kanadese jag

Posted: Mon Nov 17, 2025 9:40 am
by henried
te mooi, baie geluk.

Re: Eerste Kanadese jag

Posted: Mon Nov 17, 2025 10:38 am
by pietskiet
Awesome Ben. Dankie vir die deel! Mag dit die eerste van vele sulke ervarings vir jou wees in Kanada.

Re: Eerste Kanadese jag

Posted: Mon Nov 17, 2025 11:18 am
by Capt. Yoda
Ben, mag julle nog wolwe skiet daar?

Re: Eerste Kanadese jag

Posted: Mon Nov 17, 2025 11:49 am
by Methos
Baie geluk! Great bok!

Re: Eerste Kanadese jag

Posted: Mon Nov 17, 2025 12:38 pm
by Frederik
Daardie is 'n baie mooie vir die eerste een daar is baie manne wat sal wens om so ene te skiet in hulle lewe nevermind as eerste een nie.

Re: Eerste Kanadese jag

Posted: Mon Nov 17, 2025 1:15 pm
by Ds J
Netjies! Laat weet asb oor die vleis?

Re: Eerste Kanadese jag

Posted: Mon Nov 17, 2025 2:40 pm
by Louisdewet
Netjies! Het jy hom geweeg?


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Eerste Kanadese jag

Posted: Mon Nov 17, 2025 3:01 pm
by TFDADD
Geluk Ben!
by BenJacobs » 17 Nov 2025 02:05
Ons seisoen en Saterdag oggend (15 Nov) oop gemaak en maak die 4 Desember toe.
Ben, is dit al tyd wat jagseisoen oop is vir die hele jaar - net 19 dae?
Of is daar nog ander tye ook in die jaar oop vir jag?

Re: Eerste Kanadese jag

Posted: Mon Nov 17, 2025 3:21 pm
by BenJacobs
Dankie almal.
Ek sal verseker oor die vleis laat weet. Ek gaan hom so paar dae hang en dan verwerk. Die gerage is sommer 'n koelkamer.

Ons mag wolwe skiet, ek vermoed ek het 'n paar op kamera, bietjie onduidelik maar ek dink hulle is te groot vir cyotes. Hierdie winter gaan ons bietjie fokus op roofdier jag.

Aangaande die seisoen, daar is 'n klomp verskillende seisoene. Jy mag byvoorbeeld takbokke skiet van 15 Oktober af met 'n boog tot 31sre. Dan mag ons nou met geweer of boog jag. Ons het 'n elk seisoen wat die 20ste November oopmaak vir 7 dae en dan weer 2 beer seisoene wat volgende jaar in die lente en herfs vir 25 dae elk loop.

Groete Ben

Re: Eerste Kanadese jag

Posted: Mon Nov 17, 2025 5:48 pm
by BenJacobs
Ek sit sommer op vir die wat dit interessant vind.

Die tags werk so hier.
Jy koop 'n "big game license" vir 30 dollar en 'n habitat stamp vir 25, dit is basies jou jag permit. Dan koop jy "tags" vir elke dier wat jy wil skiet. Bv white tail is $25, elk 30, beer 35 en wolf 55. Wanneer jy dan die dier skiet moet jy die kaartjie aan hom vassit. In die foto kan julle die oranje kaartjie sien aan die bok se horing. Al die geld van die tags gaan aan "saskatchewan wildlife and fisheries" waarmee hulle dan grond koop en dit oop maak vir jag en kamp ens. Hulle noem dit hier, Crown land. Enige iemand mag daar ingaan en jag, al reël is jy mag net per voet, of perd in gaan.

Ek heg 'n foto aan van 'n wolf wat so 10min van my huis af geskiet is.

Groete Ben

Re: Eerste Kanadese jag

Posted: Mon Nov 17, 2025 6:48 pm
by Chevvy SS
Geluk Ben, baie mooi bok.

Re: Eerste Kanadese jag

Posted: Tue Nov 18, 2025 8:15 am
by Capt. Yoda
Ek sal darem met n smile $90 betaal vir so beer en wolf tag

Re: Eerste Kanadese jag

Posted: Tue Nov 18, 2025 10:08 am
by Eduard Venter
Geluk maat, ek is sommer jaloers! Dankie vir die deel

Sent from my SM-G780F using Tapatalk


Re: Eerste Kanadese jag

Posted: Tue Nov 18, 2025 1:00 pm
by Lategan1
Mooi Ben, geniet dit.

Beste.

Re: Eerste Kanadese jag

Posted: Wed Nov 19, 2025 10:38 am
by partner
Dankies Ben. Vir Fotos en Storie. Het dit Baie Geniet

Re: Eerste Kanadese jag

Posted: Fri Nov 21, 2025 6:47 am
by BenJacobs
Ek deel graag met julle my 2de geluk.
Vandag het elk seisoen oop gemaak, ons mag 1 koei skiet. Ek het besluit om vanoggend 2 ure af te vat by die werk en 'n draai te gaan ry by een van my kolegas se grond waar hy gesê het ek mag skiet.

Net voor sonop is ek daar en ek stap 'n draai in die veld. Ons het 'n paar warm dae (6 grade) gehad laas week, so die sneeu het gesmelt en nou weer gevries, dit maak dit baie "crunchy" so alles hoor jou taamlik vêr. Nietemin, ek dag ek probeer maar nog steeds. Stap so 4 km en die elk hoor my toe, blaf en verdwyn (dit was 'n redelike skok toe hy blaf).

Vanaand loop ek weer so bietjie vroeër by die werk en stap weer 'n draai daar. Die son sak so 4:57 en ons mag skiet 30 min na dit. Ek stap toe min of meer die selfde roete, net baie stadiger, stap 3 tree staan en kyk ens. Op die grens waar ek mag skiet, letterlik die laaste area waar ek toestemming het sien ek toe die koei onder die boom, sak vinnig op my knieg en skiet 'n skoot. Skoot is net oor haar rug. Sy lug haar kop en kyk en ek kry 'n 2de skoot op die skouer, (nie die beste nie, maar uit die vuis met my hart wat jaag, was ek gelukkig). Sy hardloop toe oor die grens in die bierman se grond in en raak weg. Ek is toe agterna net om seker te maak sys dood, na 'n rukkie se soek sien ek haar lê, maar haar kop is nog regop, kry die 'n skoot agter die kop op so 60m.

Ek bel toe rond en kry die bierman se nommer, gelukkig was hy baie aangenaam en het selfs my kom help laai. My bakkie het 'n hidrolise klap wat sak tot op die grond. Het nie baie van dit gehou nie, maar nou is hy my beste vriend.

Die bok is verbasend vet. En ek is verskriklik gelukkig. Het wel sowat 5 ure van skiet tot hang gevat, ek haal my hoed af vir daai mense wat hom in die veld slag en dan uitdra.

Groete Ben

Re: Eerste Kanadese jag

Posted: Fri Nov 21, 2025 6:50 am
by BenJacobs
Hier is een van die karkas

Re: Eerste Kanadese jag

Posted: Fri Nov 21, 2025 8:58 am
by tripodmvr
Die jagtersgode is met jou. Lekker eet!!!!