Page 1 of 2
iets interessants 5000m geweer
Posted: Tue Mar 06, 2012 10:09 am
by bullseye
gaan lees gerus hier lyk my Gerard het ook iets hier gelewer.
http://www.snipershide.com/forum/ubbthr ... 818&page=1
groete
Bullseye
Re: iets interessants 5000m geweer
Posted: Tue Mar 06, 2012 10:20 am
by Dippies
Liewe kinder van die wind.
Daai KANON skiet n halwe baksteen teen daai spoed

.
Gaan nou gaan soek vir fotos.
Re: iets interessants 5000m geweer
Posted: Tue Mar 06, 2012 11:15 am
by Geno
Hier's sy koele:
Hulle het 'n BC van 2.1....

Re: iets interessants 5000m geweer
Posted: Tue Mar 06, 2012 11:17 am
by VdWalt
Hulle lyk bekend

Re: iets interessants 5000m geweer
Posted: Tue Mar 06, 2012 11:18 am
by BLOK
Mastag, se gou vir my Marlin waar dink jy sal daai 204 van my se 32greiners in die foto pas.
Re: iets interessants 5000m geweer
Posted: Tue Mar 06, 2012 11:32 am
by BLOK
Snipe
As jy tot bladsy 7 gelees het sit daar meer gedult in jou as wat ek gedink het, ek kon net tot by no 2 kom toe los ek maar. Klaar toe gesien dis n geweer wat n olifant met n wavrag koper aan die anderkant van die land kan doodgooi.
Re: iets interessants 5000m geweer
Posted: Tue Mar 06, 2012 11:55 am
by Klopper
Ek het tot by die 3de post gekom - anyway - ek sien nie dat daar n' official website of blog of iets is wat al die details kan gee nie...? Vids op Youtube?
Re: iets interessants 5000m geweer
Posted: Tue Mar 06, 2012 12:02 pm
by Marc
BLOK wrote:
Snipe
As jy tot bladsy 7 gelees het sit daar meer gedult in jou as wat ek gedink het, ek kon net tot by no 2 kom toe los ek maar. Klaar toe gesien dis n geweer wat n olifant met n wavrag koper aan die anderkant van die land kan doodgooi.
Blok
Ker?ls ek kon ook net tot bl3 hou. Enige een met meer vriendelikke inligting
Klopper wrote:
Ek het tot by die 3de post gekom - anyway - ek sien nie dat daar n' official website of blog of iets is wat al die details kan gee nie...? Vids op Youtube?
Re: iets interessants 5000m geweer
Posted: Tue Mar 06, 2012 1:03 pm
by Wouter Roets
Geno
Wonder hoekom die ding nie moly op het nie?
Groetnis
Wout
Re: iets interessants 5000m geweer
Posted: Tue Mar 06, 2012 2:00 pm
by Marc
Re: iets interessants 5000m geweer
Posted: Tue Mar 06, 2012 2:04 pm
by Zack Benade
Re: iets interessants 5000m geweer
Posted: Tue Mar 06, 2012 2:40 pm
by Wouter Roets
Luddie
Teikenmanne wil nie moly he nie maar jagters wel? Snaakse wereld waarin ons bly!
Groetnis
Wout
Re: iets interessants 5000m geweer
Posted: Tue Mar 06, 2012 3:03 pm
by Wouter Roets
Luddie
Daar is teikenskuts wat ek van weet wat selfs n botteltjie moly langs sy bedkassie het!
Groetnis
Wout
Re: iets interessants 5000m geweer
Posted: Tue Mar 06, 2012 3:07 pm
by Zack Benade
Wouter, Mooi ges
Re: iets interessants 5000m geweer
Posted: Tue Mar 06, 2012 3:08 pm
by Marc
Re: iets interessants 5000m geweer
Posted: Tue Mar 06, 2012 3:29 pm
by Wouter Roets
Manne
Meskien moet daai manne n dokter raadpleeg oor die dryfbandtegnologie ding. Dokter sal dit seker nie aanbeveel vir die ouer skuts nie vanwee die koeel sagter is!

Net vir die jong manne wat Mono's skiet!
Groetnis en lekker skiet!
Wout
Re: iets interessants 5000m geweer
Posted: Tue Mar 06, 2012 4:57 pm
by Spanner
Pasop, julle fryf nou aan 'n verkeerde ding ! Nou-nou gaan hier 'n verkeerde ding sy kop uitsteek ! Hierdie is 'n familie-forum !
Re: iets interessants 5000m geweer
Posted: Tue Mar 06, 2012 10:10 pm
by Gerard
Die kaal koe?ls in die fotos is afgeneem net na vervaardiging of in die proses voor die deklaag gedoen word. GSC voorsien nie meer kaal koe?ls nie.
Net omdat 'n deklaag swart is, is dit nie noodwendig molibdeen nie. Ons gebruik reeds vir meer as tien jaar 'n deklaag wat heeltemal verskil van konvensionele moly coating. Die manne wat ons koe?ls gebruik sal kan s? of daar enige van die gewone probleme, wat aan moly coating toegeskryf word, ondervind word met ons deklaag.
Die 5000m koe?l weeg 1690gr en is amper 'n 15mm kaliber. Dit is ontwerp om dinamies stabiel te wees teen 'n trompsnelheid van tot by 3350vps. Of die stelsel uiteindelik daar sal kom, weet ons nog nie. Daar is ook 'n ander koe?l vir dieselfde stelsel wat op korter afstande van tot 2000m gebruik sal word en minder sal skop. Die ligte een weeg 1015gr en sal waarskynlik nie met vol ladings geskiet word nie. Die dop sal ongeveer 700gr kruit vat en dit beteken mens sal so 'n 11 ladings uit 'n blik kruit van 500g kry.
Re: iets interessants 5000m geweer
Posted: Thu Mar 08, 2012 9:58 am
by Gerard
[img width=360 height=480]
http://www.gsgroup.co.za/15mmrifle1.jpg[/img]
[img width=360 height=480]
http://www.gsgroup.co.za/15mmrifle2.jpg[/img]
[img width=360 height=480]
http://www.gsgroup.co.za/15mmriflebreak.jpg[/img]
Die GSC deklaag is 'n kombinasie van drie metale en 'n koue plateer proses. Dit is heeltemal omruilbaar met kaal koe?ls en die beste manier om ons deklaag te hanteer is om te maak of jy dit nie gesien het nie. Dit is nie nodig om anders as met kaal koe?ls skoon te maak of enigiets anders te begin doen nie.
Re: iets interessants 5000m geweer
Posted: Thu Mar 08, 2012 10:19 am
by Geno
Oom Gerard, ek kan beaam wat Oom hier bo noem.
Ek het al GSCHV en Swift Scirocco oor-en weer in my .25-06 geskiet, en opgemerk dat daar geen verskil in akkuraatheid, of skoonmaak is nie.
Groete,
Eugene
Re: iets interessants 5000m geweer
Posted: Thu Mar 08, 2012 10:19 am
by Geno
O ja,
Lyk nogal na 'n lekker bakkiegeweertjie!

Re: iets interessants 5000m geweer
Posted: Thu Mar 08, 2012 11:11 am
by Wouter Roets
Hallo Oom Gerard
Ek sien die platvorm van die geweer ontbreek. Wat se bakkie sal Oom aanbeveel as basis? Moet daar enige suspensie modifikasies aangebring word op die bakkie? Neem aan die handrem sal darem seker so bietjie moet opgestel word?
Nee indrukwekkend is nie die woord nie! Wat is die lengte van die loop? Recoil teenoor die .50 Browning? Sal wat wil gee om bietjie persoonlik by te staan en die nodige praatjies te kan maak. Hoe lank is Oom nou besig met die storie?
Groetnis
Wouter
Re: iets interessants 5000m geweer
Posted: Thu Mar 08, 2012 11:28 am
by Jaco Alberts
Oom Gerard,
ek ken oom nie persoonlik, nog net op die forum gelees van oom se insette, vervaardigings ens. Maar wragies, oom praat nie baie nie, maar wanneer jy praat kan mens luister
Om by so 'n projek betrokke te wees spreek vanself. Dit is 'n monster-kaliber met baie interessante resultate wat nog wag, dit moet die adranelien tot op hoe vlakke dwing !
Wouter,
moenie nou al stres oor die recoil nie ou maat, hulle sal wel 'n "kwikstaaf" of lekke dik skouerrubbers ontwerp vir die outjie

Re: iets interessants 5000m geweer
Posted: Thu Mar 08, 2012 11:35 am
by Zack Benade
Help Asb
Ek kan nie die foto's view nie. Moet ek iets laai?
Die gesprek word nou regtig interresant al kan ek nie die foto's nie nie.
Groete
Zack
Re: iets interessants 5000m geweer
Posted: Thu Mar 08, 2012 11:49 am
by Gerard
Wouter,
Ek het net die interne werk gedoen in die sin dat die vereiste werkverrigting vir my gegee is en ek moes vir hulle s? wat die minimum geweer/koeel kombinasie is wat dit kan doen. Nadat hulle besluit het dat 'n tweemanspan so 'n geweer met sy bybehore sou kon ontplooi oor 'n afstand, het hulle gevra vir die ontwerp van die loop (boor/groef/spiraal) en die koeel. Ek het dit gelewer tesame met 'n klompie koeels vir aanvanklike toets werk. Die konsepontwerp wat hulle gebou het was suksesvol en nou doen hulle die eerste werkgeweer.
Hulle praat van 'n verwyderbare kolf uit sintetiese materiaal. Die skop van die geweer is nie onhanteerbaar nie, die onderste foto hierbo wys die tromprem. Daar is ook sprake van afstandbeheer. MAW, die geweer word opgestel en, wanneer sensors beweging in 'n gebied bespeur, stel die geweer homself in op die beweging en vuur.
Zack,
Ek sal die fotos op een van my webwerwe laai en dan koppel. Hulle is op photobucket op die oomblik en dit maak soms moeilikheid.