Page 1 of 1
Dop keuse vir 6SLR
Posted: Wed Oct 29, 2025 7:45 pm
by Skietstoel
Naand almal, besig om bietjie navorsing te doen tov beste dopkeuse vir n 6SLR. Ek het Whidden matryse en het gedink dat Lapua doppe dalk sal werk - verstaan dat mens moet oppas vir doughnuts en dalk eers die keel opening sal moet ruim? Ander doppe wat ek dalk kan kry is Norma asook Hornady. Ek luister graag na advies van manne wat ervaring hiermee het.
Re: Dop keuse vir 6SLR
Posted: Wed Oct 29, 2025 9:40 pm
by Capt. Yoda
Norma en Lapua doppe maak die selfde, dit is nie n saak van oppas van donut nie dit maak n rif/ring buite om die dop wat soos n oring lyk waar die nuwe skouer/nek junction vorem. Jy kan dit gebruik maar jy gaan vreeslik baie skil.
Winchester en remington is die makliste maar jy gaan 500 doppe moet koop en hul klas om 100 regte goeie doppe te kry tensy jy gelukkig is en n baie goeie batch doppe koop.
Ek het alles van PMP tot Lapua getoets en die makliskte beste dop is Sakos. As jy lapua wil gaan kan dit werk maar dis baie werk en die sako doppe se kwaliteit is net so goed met minder werk. Die Sako dop se enigste nadeel teen lapua is die lapua kan erger druk hanteur maar ek praat nou van as jy hom regtig hard wil druk, dan is daar natuurlik nog 308 palma doppe ook wat jy kan gebruik as jy hom HARD wil skiet maar dit is ook n klomp werk.
Ek weet van n 100 of dalk meer Winchester doppe wat so geklas en geskil is wat reg is vir skiet sou jy in hul belangstel.
Ek het moontlik erens nog op n cloud ding erens fotos van toe ek die doppe van lapua gemaak het wat en more sal soek en post dan kan jy sien hoe hulle maak en wat jy alles moet af sny
Re: Dop keuse vir 6SLR
Posted: Wed Oct 29, 2025 9:57 pm
by Skietstoel
Dankie vir die terugvoer, waardeer! As jy die fotos kan opspoor sal dit gaaf wees.
Re: Dop keuse vir 6SLR
Posted: Wed Oct 29, 2025 9:58 pm
by Supacow
Klink my eerder die beste 6slr dop is n 6 creedmoor dop uit n blou boks

Re: Dop keuse vir 6SLR
Posted: Wed Oct 29, 2025 10:00 pm
by Capt. Yoda
Supacow wrote: Wed Oct 29, 2025 9:58 pm
Klink my eerder die beste 6slr dop is n 6 creedmoor doo uit n blou boks
Nie almal wil n Howa Creedmoor skiet nie jong maar dit is die MAKLIKSTE dop maar as jy n ordentlik nek skiller het en nie da met die hand sit en draai nie (en hou van doppe prep) is n 243 lapua dop wat n langer nek kry seker nie die heel ergste werk nie
Re: Dop keuse vir 6SLR
Posted: Sat Nov 01, 2025 8:12 pm
by Andre308
Ek het Lapua doppe gebruik.
As ek my sizing die af bring, dan over size ek die doppe met 13thou. So ek het eers al die doppe so gesize. Toe die nekke van binne ge-expand, ge-aneal na die expand en weer ge-expand om al die dik rante na buite te druk.
Toe skil ek die nekke, en raak net die skouer so liggies met die cutter.
Na dit het ek die doppe ge expand na 6.5 en weer ge-aneal.
Daarna het ek die doppe gesize sodat daar n vals shouer wat maak dat hy styf kamer en toe so gelaai en geskiet.
Na eerste skiet het ek vir die eerste keer lengte getrim. Nou is hulle baie konstant.
Dit is baie werk, so hierdie doppe moet die lewe van loop hou en dan raak hy n Dasher.
Groete
Andre
Re: Dop keuse vir 6SLR
Posted: Sat Nov 01, 2025 8:14 pm
by Capt. Yoda
Die manne se peterson doppe werk ook baie lekker, size en skiet blykbaar
Re: Dop keuse vir 6SLR
Posted: Sat Nov 01, 2025 8:22 pm
by Andre308
IMG-20251101-WA0015.jpg
Hier is n foto van die dop aan linkerkant met die vals skouer, middel is die dop na hy geskiet is en regs is n dop wat getrim is en weer gelaai is.
Baie werk gewees, maar nou is ek gelukkig met hulle.
Re: Dop keuse vir 6SLR
Posted: Tue Nov 04, 2025 7:41 am
by Yogi
Hulle is dalk nie die heel beste nie, maar ons kry baie goeie resultate met die Hornady doppe ook. Met die eerste size, moet jy die dop bietjie
meer as gewoonlik anneal, dan druk jy die skouer net vêr genoeg terug dat die dop mooi kamer, druk die mandrel deur en sny die buite kant van die nek liggies. Na die eers skiet moet jy net die bump reg opstel, size, mandrel en sny dan nekke buite reg. Sal sien hoe lank hulle hou maar nou op so 7 keer herlaai en werk nog bie goed.