Page 1 of 1
Raad Met Haelgeweer
Posted: Fri Oct 24, 2025 12:21 pm
by Hano243
Ek het n Webley & Scott 912K O/U wat se sneller skielik net begin vas haak asof hy op "safe" is. As jy hom so een of 2 keer oop en toe maak skiet hy weer n skoot of twee dan maak hy maar weer dieselfde. Daar is niks wat snaaks voel of los is nie, safety en loop switch over werk en voel ook 100% reg.
Het iemand al n soortgelyke probleem ondervind, of weet julle dalk van n goeie GS wat sal kan hep met dit.
Ek weet nie enige GS werk op haelgewere nie.
Re: Raad Met Haelgeweer
Posted: Fri Oct 24, 2025 3:42 pm
by Ds J
Probeer Gunworx in Krugersdorp, hulle doen baie werk vir ons area.
Re: Raad Met Haelgeweer
Posted: Fri Oct 24, 2025 4:52 pm
by tripodmvr
As ons weet waar jy bly is dit gewoonlik makliker om raad te gee. Verander jou profiel en sit 'n dorp by.
Het jy dalk smering probeer? 'n Skoot spookpiepie mag dalk help (Q20 ens)
Re: Raad Met Haelgeweer
Posted: Sat Oct 25, 2025 10:00 am
by Hano243
Dankie vir die raad, ek sal hom deur gaan en kyk of ek iets sien.
Re: Raad Met Haelgeweer
Posted: Mon Oct 27, 2025 9:06 am
by Dawie Malan
Die spesialis op daai haelgewere sit in die Wildmans Silver Lakes. Ek het 'n slagpen probleem met presies dieselfde model opgetel en die geweersmid daar het dit vir my teen 'n baie billike koste herstel so maand gelede.
Re: Raad Met Haelgeweer
Posted: Mon Oct 27, 2025 12:57 pm
by Hano243
Dawie Malan wrote: Mon Oct 27, 2025 9:06 am
Die spesialis op daai haelgewere sit in die Wildmans Silver Lakes. Ek het 'n slagpen probleem met presies dieselfde model opgetel en die geweersmid daar het dit vir my teen 'n baie billike koste herstel so maand gelede.
Baie dankie Dawie, ek gaan juis more daai rigting. Sal daar stop.