Page 1 of 1

Nog n Oplossings to die Jakke

Posted: Tue Mar 06, 2012 9:05 am
by Dippies
Manne

wie het gisteraand die nuus op SAP-C(sabc) 2 gekyk oor die antie in die karoo met haar oplossings tot die probleem dier.

Sy het die hele lokasie se donkies gaan koop en hulle tussen die skaap ingestuur. ;D ;

Enige van julle manne al die manier probeer en werk dit?

Indien wel sien ek donkie pryse wat die hoogte gaan inskiet ;D ;D ;D

Groete
Dippies

Re: Nog n Oplossings to die Jakke

Posted: Tue Mar 06, 2012 9:09 am
by Yalair
Dit werk partymaal probleem is net party hingste is geneig om die lammers dood te maak.

Groete
ben

Re: Nog n Oplossings to die Jakke

Posted: Tue Mar 06, 2012 9:53 am
by Chris101
Donkies

en Anatole is dieselfde party werk nie en die ander ook nie.
Die sukses verhale is maar min.
Ek weet van een hond wat werk en dit is nie eers n anatool nie.

101

Re: Nog n Oplossings to die Jakke

Posted: Tue Mar 06, 2012 11:14 am
by JK
Nie elke anatoliese hond is n goeie hond nie, maar die goeies werk goed, as die skape/bokke by mekaar bly en nie te veel is nie. n anatoliese/inheemse hond kruising is dalk beter, meer aangepas vir ons omstandighede.

Ook nie elke donkie is goed nie, hy/sy moet dit eers leer.  Hou n enkele donkie tussen die vee, hy beskerm hulle later, as hy dit nie doen nie, kry n ander een.  Hingste kan agrisief raak, merries en reuns werk beter.  Gesien waar n donkie n luiperd van n kalf af weg jaag wat hy probeer vang het.

Niks is 100% nie, maar is alles deel van hulp middels.   

Skiet is ook net n hulpmiddel. ;)

Re: Nog n Oplossings to die Jakke

Posted: Tue Mar 06, 2012 11:23 am
by BLOK
Chris101 wrote: Ek weet van een hond wat werk en dit is nie eers n anatool nie.
Ek weet net van een lees maar onderaan my post.

Honde werk tot die dag dat jonas vergeet om hom kos te gee dan is dit skade dalk nie direk by jou nie maar miskien by jou buurman.

Donkies die selfde party werk party nie. Ek weet net dit is n amper onmoontlike taak om skaap of bees in n kamp met so donkie bymekaar te maak. Vra maar ek kan julle wys hoe hulle byt.

Volgens my is daar net een plan vir die nood, en dit is die lood plan

Re: Nog n Oplossings to die Jakke

Posted: Tue Mar 06, 2012 11:54 am
by JK
Ons het ook nog n hulp middel hier, brandsiek, dit wis gereeld die jakkals bevolking uit.

Re: Nog n Oplossings to die Jakke

Posted: Wed Mar 07, 2012 7:59 am
by Smirre
More
Daai tante se skaap word gekraal !
Dit is 'n eselin wat tussen die skaap loop.......... moet 'n hings wees

Sy het haar 5min glorie gehad!!!

Smirre

Re: Nog n Oplossings to die Jakke

Posted: Wed Mar 07, 2012 7:16 pm
by cassie_calvinia
wanneer eet 'n skaap in die somer? as dit koel is. waneer is dit koel? saans. nou moet die arme goed in die kraal staan.

Re: Nog n Oplossings to die Jakke

Posted: Thu Mar 08, 2012 9:48 am
by Jassie
Cassie

+1 ... 'n resep vir maer skaap :'(

Groete
JAS