Page 1 of 1
Jakkals in die stad
Posted: Wed Oct 01, 2025 9:58 am
by AOosie
Goeiemore Almal,
EK is seker ek gaan hier die regte raad kry.
Ons is woonagtig in Randburg en die Randpark golfbaan grens aan my eiendom. Ek het so paar weke gelede een aand n jakkals doodluiters voor my tuin (aan die golfbaan kant) sien verby draf. Ek het natuurlik eers gedink ek verbeel my en ook gedink die perd kan by die golfbaan uit deur groot stormwater pype wat onder N1 snelweg uitkom....daar gelaat.
Die afgelope week (diep in die nag) hoor ek die kiewiete is onrustig en dit maak my Wire Haired bietjie woes. Wel, groot was my verbasing toe ek hom gisteraand uitlaat (20h30) en hy hardloop reguit heining toe (Clearvue) net om basies aan die jakkals te ruik wat aan die anderkant van die heining staan. Die JAK is glad nie wild nie....hy hardloop skaars weg as ek nader kom. So het dit vir n paar ure aangegaan met my hond wat mal word van opgewondenheid en die golfbaan sekuriteit wat kamstig n draai kom ry het.
Wat staan my te doen....buiten natuurlik dit wat ek graag sou wou doen, maar ek mag nie!
Mooi dag vir julle!
Re: Jakkals in die stad
Posted: Wed Oct 01, 2025 10:35 am
by Capt. Yoda
4 yster met die bal op jou agtervoet en gewig meer op jou voor been, lekker lae stinger in die tooths...gee hom n paar dae miskien beweeg hy aan en die hond kan op hou blaf.
Hier by my sukkel ons met die ystervarke en lakawane in die aand, is nogals n gesig om half 2 die aand n ystervark in die tuin te sien rond loop met elke hond in die omgewing wat balisties gaan, ek het n "Nerf Gun" vir hulle wat sulke rubber balle skiet wat een moerse lawaai maak as die skoot af gaan en daai rubber bal stamp self nogals lekker, worst case scenario as die jakals nie wil pad vat nie dalk so iets oorweeg om hom bq aan te moedig
Re: Jakkals in die stad
Posted: Wed Oct 01, 2025 3:15 pm
by Stukkies
Hi
Laat weet die mense van Owl Rescue
https://www.owlrescuecentre.org.za/Contact/ - 082 719 5463, hulle sal hom vang en na 'n veilige hawe neem.
Ek bly in Boskruin, Randburg teen die kop en het al 'n bobbejaan laat verwyder.
Re: Jakkals in die stad
Posted: Wed Oct 01, 2025 3:16 pm
by Stukkies
Hi
Laat weet die mense van Owl Rescue
https://www.owlrescuecentre.org.za/Contact/ - 082 719 5463, hulle sal hom vang en na 'n veilige hawe neem.
Ek bly in Boskruin, Randburg teen die kop en het al 'n bobbejaan laat verwyder.
Re: Jakkals in die stad
Posted: Thu Oct 02, 2025 4:53 am
by Geno
Die gholfbaan is sy veilige hawe en pla hy niemand daar nie.
Los hom net so, dan kan hy sommer die kolganse wat die greens bek@k onder beheer hou.
Re: Jakkals in die stad
Posted: Thu Oct 02, 2025 5:42 am
by win270
Sonder om nou onrustig te raak oor die jakkals se gedrag, is sy makheid nie dalk toe te skryf aan hondsdolheid nie?
Wens die jakkals kan die hadidas se getalle hier in Randparkrif, Randburg ook onder beheer bring.
Re: Jakkals in die stad
Posted: Thu Oct 02, 2025 6:31 am
by Ratel
Praat van jakkals in die stad. Ek het 'n ruk terug 'n roeper by Geno gekoop and 'n paar aande later toe toets ek daai roeper met 'n jakkals roep klank. Die honde in die buurt het mal gegaan en almal het op die buurtwag groep gevra watter wilde diere word nou hier aangehou. Het lekker gelag.
Jakkals in die stad
Posted: Thu Oct 02, 2025 6:49 am
by Heinds
Stem saam, los hom in vrede laat die natuur sy balans uitoefen. Hier by ons het n rooikat in die estate ingekom en onder die rondloper katte begin wei. Beste ding wat kon gebeur het..
Re: Jakkals in die stad
Posted: Thu Oct 02, 2025 7:15 am
by AOosie
Ek gee glad nie om as hy die kolganse en hadidas bietjie roer nie....maar dit is vir my n probleem as hy so mak is dat hy teen die heining kom staan en my hond wil n oorval kry (slaap in ons kamer). Hy was laasnag na 2 in die oggend weer terug, so dan vat dit n uur of wat om almal weer rustig te kry en verder te slaap.
Re: Jakkals in die stad
Posted: Thu Oct 02, 2025 7:26 am
by Ds J
'n Mak jakkals is in ons boeregemeenskap 'n teken van hondsdolheid. Kry 'n kundige om dit te verifieer, anders kry jou hond dit ook.
As hy so mak is behoort 'n vanghok goed te werk. As hy skoon is, laat hom weer vry. As hy siek is, sit hom uit.
Re: Jakkals in die stad
Posted: Thu Oct 02, 2025 7:57 am
by AOosie
Ek het nou met Owl Rescue se mense gepraat. Ongelooflik interessant gewees! Die man sê daar is baie jakkalse in Johannesburg, mense sien hulle net nie. Hy reken dis baie goed vir die ekosisteem en die kêrel bly tien teen al lank op die golfbaan. Hy sê ook die kans dat hy hondsdolheid het is 1/miljoen, dus is hy nie nie bekommerd daaroor nie. Volgens hom is n vanghok nie n opsie nie want hulle is te slim. Kan blykbaar n veearts reel wat n spesiale permit moet hê om hom te "dart", maar dis net so R10 000 per nag vir voorsit in die stad....hahaha
Sy raad is dus: Los hom net en hopelik raak my hond gewoond aan hom - hy ken duidelik nie vir Dricus (my wire haired) nie!!!
Baie dankie vir almal se bydraes op hierdie draad.
Mooi dag!
Re: Jakkals in die stad
Posted: Thu Oct 02, 2025 8:07 am
by Capt. Yoda
AOosie wrote: Thu Oct 02, 2025 7:57 am

Ek het lank in Randburg gebly en daar is ongelooflik baie in al daai "greenbelts", ons het hulle gereeld op Randpark se baan gesien
Met al die wild en groot voels op die bane in en om JHB sou ek baie verbaas gewees het as daar nie erens n Jakkals was nie
Die man en sy gesin loop somer saam met jou op Benoni CC rond
Re: Jakkals in die stad
Posted: Thu Oct 02, 2025 9:08 am
by Toxxyc
Vang hom en gee hom vir Geno as 'n geskenk. Hy kan ander jakkies lok as hy sy werk moet gaan doen.
Re: Jakkals in die stad
Posted: Mon Dec 15, 2025 9:20 am
by Drenalinjunkie
AOosie wrote: Thu Oct 02, 2025 7:57 am
Ek het nou met Owl Rescue se mense gepraat. Ongelooflik interessant gewees! Die man sê daar is baie jakkalse in Johannesburg, mense sien hulle net nie. Hy reken dis baie goed vir die ekosisteem en die kêrel bly tien teen al lank op die golfbaan. Hy sê ook die kans dat hy hondsdolheid het is 1/miljoen, dus is hy nie nie bekommerd daaroor nie. Volgens hom is n vanghok nie n opsie nie want hulle is te slim. Kan blykbaar n veearts reel wat n spesiale permit moet hê om hom te "dart", maar dis net so R10 000 per nag vir voorsit in die stad....hahaha
Sy raad is dus: Los hom net en hopelik raak my hond gewoond aan hom - hy ken duidelik nie vir Dricus (my wire haired) nie!!!
Baie dankie vir almal se bydraes op hierdie draad.
Mooi dag!
Daai jakkie is al baie lank daar. Daar is n paar van hulle. Lekker om hulle in die buurt te he.
Het hom al n paar keer gesien.