Page 1 of 1

Chokes inbring vanaf Nederland.

Posted: Thu Sep 25, 2025 6:42 pm
by Pvdw
Goeie dag manne. My seun werk in Nederland en het vir my Redolfi haelgeweer 'n stel chokes van TEAL gekry.

Daar is amper maandeliks iemand wat vanaf Nederland terug kom SA toe en van hulle kan so klein pakkie soos 5 chokes vir my saam bring.

Wat ek wil weet is wat is die wetlikke aspek daar rondom? Moet chokes permitte of papierwerk hê of kan iemand dit net saambring vir my?

Hoe vind mens uit wat is die "do and don't" hier rondom?

Re: Chokes inbring vanaf Nederland.

Posted: Thu Sep 25, 2025 7:17 pm
by JacquesSAKO.308
Ek het nognie van Europa af wapen goed gebring nie maar al baie van die US af. Ek glo darem nie hulle sal iets soos chokes ń probleem mee he nie solank dit net in die inboek bagasie gesit word.

Sent from my SM-S901E using Tapatalk


Re: Chokes inbring vanaf Nederland.

Posted: Sat Sep 27, 2025 5:16 pm
by obasch
My seun het al op meer as een geleentheid vir my chokes van Nederland af gebring wat hy vir my van Teague af bestel het. Geen probleem. Sit dit net in die bagasie wat in die bagasieruim gaan.

Re: Chokes inbring vanaf Nederland.

Posted: Sun Sep 28, 2025 3:14 pm
by Pvdw
Dankie manne.

Daar is reeds iemand wat mid Oktober deurkom en ek wag net vir bevestiging of dit kan saam kom.

Re: Chokes inbring vanaf Nederland.

Posted: Wed Oct 01, 2025 1:47 pm
by Dawie Malan
Ek laat solank die doane beamptes weet.

Re: Chokes inbring vanaf Nederland.

Posted: Wed Oct 01, 2025 6:57 pm
by Pvdw
Dawie Malan wrote: Wed Oct 01, 2025 1:47 pm Ek laat solank die doane beamptes weet.
Geweet ek kan op jou staat maak ;D . Vlug kom die 20ste November om 8PM hier aan ;)