Page 1 of 1
Is dit normaal dat n .22 se POI gedurig rondskuif
Posted: Thu Sep 11, 2025 8:42 am
by 30-06
Goeie more.
Ek probeer ook nou so n bietjie .22 skiet maar het die probleem dat ek gedurig aan my scope moet stel.
My eerste gedagte was dat daar fout is met die mounts of scope, maar die probleem is dat daar drie van ons is wat min of meer dieselfde ervaring het.
Die kans is skraal dat ons almal iets foutief het wat scope en mount betref of waar begin ek soek?
Re: Is dit normaal dat n .22 se POI gedurig rondskuif
Posted: Thu Sep 11, 2025 8:50 am
by Geno
Daar is 'n baie goeie kans dat die geweer 'n carbon ring het.
.22 gewere is BAIE vatbaar vir dit, en moet reg skoongemaak word soder om die lood te versteur.
Ek gebruik Boretech carbon remover op 'n boremop en laat staan die mop net so diep as wat hy ingaan in die kamer vir 15min.
Patch hom uit met lappies, en herhaal indien nodig. Dis hier waar 'n borescope jou wys poresies wat aangaan.
Geen borsels of ander produkte nie. Slegs Boretech carbon remover op 'n mop in die lamer soos genoem, en lappies om dit uit te vee.
Re: Is dit normaal dat n .22 se POI gedurig rondskuif
Posted: Thu Sep 11, 2025 9:12 am
by 30-06
Dankie Geno.
Wat gebruik jy vir n boremop by n .22 aangesien daar seker nie baie verskil kan wees tussen die kamer en die loop nie.
Re: Is dit normaal dat n .22 se POI gedurig rondskuif
Posted: Thu Sep 11, 2025 9:13 am
by jager
Maak ook seker die 'breech face' op die slot is silwer skoon. Ek het al opgelet dat die kleinste stukkie vuiligheid daar die POI nogal dramaties kan skuif.
Re: Is dit normaal dat n .22 se POI gedurig rondskuif
Posted: Thu Sep 11, 2025 9:29 am
by Geno
30-06 wrote: Thu Sep 11, 2025 9:12 am
Dankie Geno.
Wat gebruik jy vir n boremop by n .22 aangesien daar seker nie baie verskil kan wees tussen die kamer en die loop nie.
Boretech se .22cal mop

Re: Is dit normaal dat n .22 se POI gedurig rondskuif
Posted: Thu Sep 11, 2025 10:15 am
by Ds J
Hoe groot was die groeperings gewoonlik?
Hoe groot is die variasie op die groeperings intussen?
Watter ammunisie gebruik jy?
Hoe groot is die variasie tussen verskillende soorte ammunisie?
Het die teleskoop dalk n hou gekry?
(Ek vra want my .22 is 'n goedkoop skrêppie, en die ammunisie maak nogtans 'n aansienlike verskil. As die teleskoop 'n hou gekry het sou dit die rede kon wees waarom drie persone met dieselfde geweer en simptoom sukkel.)
Re: Is dit normaal dat n .22 se POI gedurig rondskuif
Posted: Thu Sep 11, 2025 11:36 am
by 30-06
Dit is n ou Bruno model 2.
Ek gebruik tans SK standard plus hulle doen die beste.
Die kombinasie het vir my redelike mooi groepies geskiet op 50m, maar toe kyk ek te veel TV en wil nog beter.
Ek het egter aan my sneller laat werk en n EPL4 Arken opgesit in die plek van n 4*14 Burris.
Die nouer warn ringe pas net so op die dovetail.(ek vermoed wel my kruis is horisontaal nie in die middel van die buis nie, moes heelwat stel kan egter niks daaraan doen nie).
Scope het nie gestamp nie.
Ek het verwag die veranderinge sou dinge verbeter maar dit lyk nie so nie.
Re: Is dit normaal dat n .22 se POI gedurig rondskuif
Posted: Thu Sep 11, 2025 1:22 pm
by Lategan1
@30.06, nadat jy gedoen soos die manne aanbeveel mbt skoonmaak en carbon ring ene. probeer as volg.
1) 50m kan dalk die SK Std se maks akkurate afstand/node in jou geweer oorskry, maar dalk nog baie KONSEKWENT AKKURAAT wees op 40m.
2) My ervaring met standaard koeëls is, hulle is soms wisselvallig akkuraat op 50m, vir welke rede ookal. Op 25m baie keer super akkuraat, nie noodwendig op 50 of verder nie.
3) Skiet op 25m, 40 en 50m met hulle.
4) Kies ‘n SK Match of ander fabrikaat match en skiet op dieselfde afstande en vergelyk.
5) Jou kontrole sal wees op 75 of 100m afstande.
Sterkte.
Beste.
Re: Is dit normaal dat n .22 se POI gedurig rondskuif
Posted: Thu Sep 11, 2025 1:46 pm
by Arnold
Hier sommer vinnig 'n paar 2 sente
Lot verskille in dieselfde produk kan maklik hierdie laat gebeur. So koop bulk om seker te maak jy hoef na elke pakkie of 2 te zero nie.
Lig, parralaks en hoe jy deur jou scope kyk kan ook hierdie tot gevolg hê. Hier dink ek spesifiek aan die lekker nuwe teleskoop wat jy op het en sekerlik veroorsaak dat jy nie 'n goeie cheekweld het nie (ek neem aan jy het nog die oorspronklike kolf wat eintlik bedoel is vir oopvisier skiet.). So is jou kop/oog elke keer as jy gaan skiet op 'n effe ander plek.
Re: Is dit normaal dat n .22 se POI gedurig rondskuif
Posted: Thu Sep 11, 2025 2:11 pm
by Capt. Yoda
Soos Arnold se kyk na Parralaks
Re: Is dit normaal dat n .22 se POI gedurig rondskuif
Posted: Thu Sep 11, 2025 3:26 pm
by Ds J
Ek kan nie kompeteer met 'n BNRO nie, maar sommige van my grys hare het hulle plekkie verdien
Skiet asb jou ammunisie 'n slag oor 'n kronograaf? Of dalk verskillende soorte indien moontlik? Dit sal wys of die ammunisie konstante snelhede gee, al dan nie. Standaard ammunisie se spoed word baie beïnvloed deur looplengte en temperatuur, en dit het 'n groot impak op akkuraatheid.
Dit het met die klankgrens te doen - sodra die koeëltjie in die transsoniese gebied beweeg (naby die klankgrens) word hulle makliker onstabiel.
My kronograaf het gewys dat Swartkip Std enigiets tussen 950vps tot 1200vps geskiet het. Nuwer ammunisie was nie juis beter nie. Ek dink ek het 'n 10cm-groepering op 25m gekry, maar kan nou verkeerd onthou.
Die meeste .22-patrone se kruit is uitgebrand binne ongeveer 9 - 13", met die gevolg dat n die koeël al stadiger word in die loop. Hoe langer die loop, hoe erger die vertraging.
My CBC was n langloop (21"?) en wou nie werklik groepeer nie ten soyte van verskillende soorte ammunisie. (Sy power sneller en beskadigde loop het beslis nie gehelp nie!) Ek het die beskadigde loop laat afsny tot op 16", en die sneller ligter gemaak.
Daarna was dit al heelwat beter. HV-ammunisie gee die beste groeperings, gewoonlik CCI of Winchester
Ons skiet nou gholfbal-grootte gange tot op 25 en 30m met 'n K4 Weaver teleskoop.
(Ek onthou nou jou vraag is oor POI, en nie groepering nie - mea culpa!)
Re: Is dit normaal dat n .22 se POI gedurig rondskuif
Posted: Thu Sep 11, 2025 6:36 pm
by 30-06
Niemand verwys na bedding of free float loop. Ek neem aan dit speel nie n rol nie.