Page 1 of 1

Ysterpale in Klipveld

Posted: Mon Sep 08, 2025 2:46 pm
by No.9
Ek boer in n nuwe omgewing waar daar baie klip banke in die veld is. Die vraag is hoe kry ek ysterpale in die grond??? Die plaas het drade en ysterpale wat mooi gespan is, maar wil kampe verdeel. Daar moet n makliker manier wees as n slaan yster of hammer.

Ek luister graag na raad.

Re: Ysterpale in Klipveld

Posted: Mon Sep 08, 2025 4:28 pm
by saswart
Boor in klip in en/of sement

Re: Ysterpale in Klipveld

Posted: Mon Sep 08, 2025 9:33 pm
by Ds J
Wat doen die ander boere in die omgewing?

Erens het iemand beslis al n slim plan uitgedink.

Ek weet dat daar vroeƫr n industriƫle metode bestaan het om gate in mure te skiet - dit was iets soos n 10-boor haelpatroon.

Dalk iets wat op n trekker se as kan monteer en met trekkerkrag werk? Hier is n basiese patent wat dalk versterk moet word vir julle klippers:

https://butchpikesales.co.za/product/post-hole-diggers/

Re: Ysterpale in Klipveld

Posted: Mon Sep 08, 2025 9:39 pm
by Alwin
Skiet loodreg af in die klipplaat met 'n 6,5 Creedmore? ++>:

Re: Ysterpale in Klipveld

Posted: Tue Sep 09, 2025 8:07 am
by Dawie Malan
Ek neem aan jy praat van Y-pale. Met sagte klip, boor die klip 'n gat in en plant die y-paal met konkryt. As dit harde klip, soos ysterklip is, maak 'n L bracket wat jy met 2 kleiner gate kan anker, sny die Y-paal op hoogte en sweis hom in die bracket vas. Verf die bracket daarna om roes te voorkom.

Re: Ysterpale in Klipveld

Posted: Tue Sep 09, 2025 10:22 am
by ghriesman
Ons het 20l plastiek dromme vol water gemaak en omgekeer op plek waar pale moet ingaan. Die opening van drom seel half op die grond en die water loop stadig deur die nag in die grond in. As ons pale inslaan dan druk paal klippe wat in die pad is weg. As dit groot klippe of banke is sal dit waarskynlik nie werk nie.

Sent from my DUB-LX1 using Tapatalk


Re: Ysterpale in Klipveld

Posted: Tue Sep 09, 2025 12:01 pm
by Capt. Yoda
Soos Dawie daar se anders is dit maar 4 van die beste bulle wat elke dag daar voor Builders sit en wag met hand gereedskap en baie tyd.
Ons het dit hier so ruk terug met n auger probeer doen wat jy vas hou na die klip taamlik op gebreek was, as daai man n groot los klip raak boor wen hy homself soos n karspring op, op die einde van die dag was dit maar hammer en pik slaan

Re: Ysterpale in Klipveld

Posted: Wed Sep 10, 2025 7:05 am
by No.9
Dankie vir die raad so ver, waardeer!