Lee Enfield No4 Mk2 Kolf
Posted: Fri Aug 22, 2025 12:43 pm
Goeie dag almal
Ek het die voorreg om ’n Lee Enfield No.4 Mk 2 aan te skaf. Die enigste probleem is dat die vorige eienaar self probeer het om dit te "sporterise".
Die "werk" is oor ’n paar jaar gedoen, en gevolglik is daar van die oorspronklike dele weg.
Sien asseblief die aangehegte prentjie: die boonste hout en die ring (in groen) ontbreek.
Verder is die onderste deel (in rooi), waar die ring is afgesaag en is die voorste twee houtdele ook los.
Wat is my beste opsie? Wie is die regte persoon om mee te praat om dit weer in die oorspronklike kondisie te kry?
Die res van die geweer is in ’n uitstekende kondisie.
Ek hou daarvan dat dinge oorspronklik bly, en wil dit dus graag restoreer.
Dankie