Page 1 of 1

Jagter deur Buffel gedood

Posted: Wed Aug 06, 2025 1:16 pm
by DeVilliers

Re: Jagter deur Buffel gedood

Posted: Wed Aug 06, 2025 1:39 pm
by Supacow
Dik buffelmates deur die skrywer

Re: Jagter deur Buffel gedood

Posted: Wed Aug 06, 2025 1:46 pm
by TFDADD
Dit is 'n groot jammerte - alle simpatie en meegevoel met die oorlede jagter se familie.

Wat is die implikasies vir die teenwoordige professionele jagter en aanspreeklikheid van so 'n gebeurtenis nou vir Coenraad Vermaak Safaris?

Re: Jagter deur Buffel gedood

Posted: Wed Aug 06, 2025 3:07 pm
by JAGTERSREG-JRM
Kyk daai kommentaar aan die onderkant.....nou reken die klomp jagters is wreed en en en. Wanneer laas het hulle in die spieel gekyk en hulle kommentaar op so n artikel is ongepas en gemeen. Wa in die lewe sou jagters sulke tipe aanmerkings maak. Wonder wie is barbaars!!!

Re: Jagter deur Buffel gedood

Posted: Wed Aug 06, 2025 3:55 pm
by Capt. Yoda
JAGTERSREG-JRM wrote: Wed Aug 06, 2025 3:07 pm Kyk daai kommentaar aan die onderkant.....nou reken die klomp jagters is wreed en en en. Wanneer laas het hulle in die spieel gekyk en hulle kommentaar op so n artikel is ongepas en gemeen. Wa in die lewe sou jagters sulke tipe aanmerkings maak. Wonder wie is barbaars!!!
Klomp beta soy drinkers

Re: Jagter deur Buffel gedood

Posted: Thu Aug 07, 2025 8:10 am
by Toxxyc
Vir 'n oomblik het ek gedink ek gaan lees van 'n man wat met 'n tactical .45-70 platgetrap is.

Dis jammer. Die kommentaar op die artikel laat my bloed kook.

Re: Jagter deur Buffel gedood

Posted: Thu Aug 07, 2025 8:52 am
by Toyrsi
Wat al daai wat so gal braak nie weet nie is dat daai jagter baie meer as enige van hulle al gedoen het vir bewaring. Hulle kry mos hulle vleis in die winkel.

Re: Jagter deur Buffel gedood

Posted: Thu Aug 07, 2025 9:00 am
by JAGTERSREG-JRM
Toyrsi wrote: Thu Aug 07, 2025 8:52 am Wat al daai wat so gal braak nie weet nie is dat daai jagter baie meer as enige van hulle al gedoen het vir bewaring. Hulle kry mos hulle vleis in die winkel.
En nee die winkel maak nie diere dood vir die vleis nie .........dit val uit die hemele uit en beland in pakkies op die rakke

Re: Jagter deur Buffel gedood

Posted: Thu Aug 07, 2025 9:04 am
by Toxxyc
Almal op die groep se argument is dat dit wreed is en dat die nie reg is dat die diere bewaar word deur jagters se geld nie. Ek wonder watter een van hulle rondom R1miljoen sal betaal net om so 'n buffel se foto te kan neem. Dis mos hulle argument. Dan betaal jy jag se prys, maar neem net 'n foto.

Die dag as die groenes jagpryse (met alles, verblyf, ens) betaal om fotos te neem, sal ek instem daar is dalk 'n beter manier as jag suiwer vir bewaring. En neem in ag hulle gaan HOES as hulle per ongeluk 'n trop olifante afneem.