https://youtu.be/qQQvpdJI0Uo?si=7eQiMFbcL1FKwj9R
Ek gebruik hierdie resep.
Vleis/vet ratio is iewers tussen 80/20 tot 70/30.
Per kg vleismengsel:
100ml yswater
20g sout
4g swartpeper, grof gemaal
4g knoffel vlokkies
5g droë uie poeier
5g bruin suiker
3g fyn gemmer
3g fyn koljander
1,4g cardomon
Ek verkies om al die speserye fyn te maal in 'n koffiemeul voor ek dit in die vleismengsel in die vleis inmeng.
Ek maal die vleis eers, dan meng ek die speserye in die vleis in. Die mengsel word gemeng totdat die vleis klewerig raak en aan jou hand vassit as jy dit probeer afskud.
Persoonlik hou ek van die vleis grof gemaal, dus gebruik ek 'n plaatjie met 12mm gaatjies, maar elkeen besluit wat hy verkies.
Ek verkies 32 -35 grootte derms , die "longs".
Ek draai die wors in rofweg 15cm lengte worse of "links".
Ek rook die wors in 'n Weber. Ek maak 'n klein hopie kole en sit 'n stuk hout op die kole om te begin rook. Ek pak 'n ry stene om skeiding te maak tussen die kole en die wors. Ek laat dit sowat drie ure so rook. Ek gebruik die hout wat ek op hande het, bv rooibos, kameeldoring of sekelbos. Die hout wat smeul word mettertyd die volgende kooltjies vir die vuur. Een dikkerige stompie op 'n slag is genoeg.
As die kleur na my sin is, haal ek die wors af en dompel dit in yswater om af te koel. As dit yskoud is, vee ek die wors mooi af en pak op 'n metaal rak en laat dit vir 'n paar uur tot oornag in die yskas rus om verder te "bloom" of die kleur verder te ontwikkel. Verpak daarna soos jy verkies om te stoor.
Wolkberg Artisan se video illustreer die proses baie mooi.
Daar is 'n verskeidenheid maniere om re rook, soos koud rook. Die wors word dan gewoonlik daarna in kookwater, ongeveer 80° C gekook tot gaar.