Page 1 of 1
SOMCHEM THERMOCHEMICAL EIENSKAPPE - QUICKLOAD
Posted: Sat Jul 26, 2025 2:53 pm
by Crocs783
Goeie dag.
Ek lees dat van die ervare herlaaiers the thermochemiese data gebruik van pre-2012 en nie die huidige data soos op Somchem se webblad nie.
Kan iemand dalk vir my bevestig of dit wêl so is, en as, kan asb. vir my daardie data sheet aanstuur sodat ek my quickload kan aanpas volgens daardie eienskappe. Dit sal net as begin punt wees. Ek begin altyd 5% onder die maksimum lading in die manual vir kalibrasie doeleindes.
Ek skiet tans S361 en verstaan dat Somchem dit maak sedert 2008.
Wag graag op terûgvoering. Dankie.
Re: SOMCHEM THERMOCHEMICAL EIENSKAPPE - QUICKLOAD
Posted: Sat Jul 26, 2025 7:21 pm
by tripodmvr
Welkom nuweling. Stuur 'n epos na my forum naam plus gmail.com en ek kan jou my Somchem file stuur van 2012 wat ek gebruik.
Re: SOMCHEM THERMOCHEMICAL EIENSKAPPE - QUICKLOAD
Posted: Sat Jul 26, 2025 8:00 pm
by Crocs783
Dankie. Lekker om deel te wees van die groep.
Dankie vir die terûgvoering. Ek het nou e-pos aangestuur soos aangewys.
Mooi, geseënde aand vêrder.
Groete,
Crocs783
Re: SOMCHEM THERMOCHEMICAL EIENSKAPPE - QUICKLOAD
Posted: Sat Jul 26, 2025 8:40 pm
by Crocs783
Hi, tripodmvr.
Wil ook graag uitvind, hoe pas mens die deviation van jou lot nmr. aan op jou quickload kalibrasie? Bv. my lot nmr. tans vir S361 is 030/B/23 met DEV: -1.4%. Pas mens die Heat of explosion en Ratio of Specific Heats aan of is dit slêgs van toepassing vir die Ba Factor?
Re: SOMCHEM THERMOCHEMICAL EIENSKAPPE - QUICKLOAD
Posted: Sun Jul 27, 2025 10:02 am
by tripodmvr
Ignoreer daardie syfer. Verkry spoed met 'n veilige lading en kalibreer dan QL deur die BRF aan te pas om die spoed te ewenaar wat verkry is. Nou kan jy die nodes soek met die berekening van ladings wat so 5000psi onder die maksimum is. Half nodes kan ook voor gesoek word.
Re: SOMCHEM THERMOCHEMICAL EIENSKAPPE - QUICKLOAD
Posted: Sun Jul 27, 2025 2:49 pm
by Crocs783
Maak ek enige verstellings aan die Shot Start Pressure gedurende die kalibrasie periode? Ek verstaan as mens teen die lande laai dan voeg jy 7200 psi by en lees dat jy minus 146 psi vir elke 0.005" (0.127mm) wat jy wêgbeweeg van die lande. Ek laai maksimum magasyn lengte wat beperk is tot 3.385" (85.98mm). My OAL van my kamer met hierdie punt is 3.560" (90.42mm) so ek begin my lengte met 'n 0.175" (4.42mm) jump. Sal dit 'n verskil maak met die SSP?
Re: SOMCHEM THERMOCHEMICAL EIENSKAPPE - QUICKLOAD
Posted: Sun Jul 27, 2025 3:40 pm
by tripodmvr
Los die SSP soos hy is. As jy wel teen die lande laai gaan jy dit in die hoër spoed sien en dan kan jy dit regstel met die BRF. Pasop egter om die lading met so 2gr te veminder as jy wel so gaan laai.
Re: SOMCHEM THERMOCHEMICAL EIENSKAPPE - QUICKLOAD
Posted: Sun Jul 27, 2025 6:06 pm
by Crocs783
Nee wat dis nie in my guns om teen die lande te laai nie. Dankie vir die advies. Ek sal dit so uitvoer.
Re: SOMCHEM THERMOCHEMICAL EIENSKAPPE - QUICKLOAD
Posted: Tue Nov 18, 2025 11:05 am
by Crocs783
Goeie môre.
Ek het punte verander en wil met lading ontwikkeling begin daarmee. Ek nodig hulp met QL syfers asb, want my rekenaar met my data op het besluit hy skop die emmer en is daarmee heën. Ek het die plastiek punte van die patroon afgesny om nader aan my lande te kom so die patroon se eienskappe is so effe aangepas.
Caliber: .30-06 Springfield
Case length: 2.484" (63.09mm)
Case Capacity: 70.3gr
Barrel length: 22.1654" (563mm)
COAL: 3.385" (85.98mm)
Bullet Jump: 0.025" (0.64mm)
Bullet: Hornady 208gr ELD-M
Bullet weight: 207.4gr
Bullet length: 1.389" (35.28mm)
Powder: Somchem S361
Dev. -1.4%
Sal groot waardeur. Dankie.
Re: SOMCHEM THERMOCHEMICAL EIENSKAPPE - QUICKLOAD
Posted: Tue Nov 18, 2025 11:41 am
by Capt. Yoda
Jy het die plastiese punt van die koel af gensy om nader aan die lands te kom?
Is dit sodat hulle in jou magasyn sal pas as jy hul langer uit seat?
Re: SOMCHEM THERMOCHEMICAL EIENSKAPPE - QUICKLOAD
Posted: Wed Nov 19, 2025 2:58 pm
by Crocs783
Dis korrek, ja. Voorheen het ek 'n jump van 4.45mm na my lande toe gehad net om in die magasyn te pas a.g.v die plastiek punt. Nou jump ek slêgs 0.64mm op dieselfde lengte.
Re: SOMCHEM THERMOCHEMICAL EIENSKAPPE - QUICKLOAD
Posted: Wed Nov 19, 2025 5:18 pm
by JF123
Die kort jump veroorsaak gewoonlik meer probleme.
Byvoorbeeld, ek kon nooit goeie groepering kry met die .30 155gr ELDM koeels as ek nader as 20 thou laai nie. Eers na ek die sprong meer as 0.050" gemaak het, het groepering verbeter. My beste groepering is op 70 thou (0.070"). So, om die punte af te sny om nader aan die lande te kom maak vir my persoonlik nie sin nie.
Re: SOMCHEM THERMOCHEMICAL EIENSKAPPE - QUICKLOAD
Posted: Wed Nov 19, 2025 6:57 pm
by Crocs783
Ek verstaan jou ervaring. Myne is weer die teenoorgestelde.
Meeste van die punte wat ek al geskiet het, het groot jumps gehad (0.120"+) en het nie baie goeie sukses met hul gehad nie. Die enigste tyd wat ek goeie groepering gekry het, wat kon pas in my magasyn en steeds naby aan die lande kon kom, was met 'n 180gr BTSP Interlock gelaai 0.035" van die lande af. Toe skiet ek ½ MOA op 200m. Ek't intussen tyd van komponente verander.
Die korter jump skiet weer beter in my geweer vir een of ander rede.
Re: SOMCHEM THERMOCHEMICAL EIENSKAPPE - QUICKLOAD
Posted: Wed Nov 19, 2025 8:59 pm
by tripodmvr
My vraag is - waarom die 208gr koeël. Vir watter doeleindes wil jy dit aanwend?