Page 1 of 4

Buffel 45/70 Govt ??

Posted: Tue Jul 22, 2025 7:32 am
by Frederik
More more wat sal julle manne se hierhoor?
Eerstens dink nie daar is 'n 450gr Honday Interlock nie maar wel 350gr Interlock.
Vreeslike spoed vir die 450gr uit die Marlin uit as dit wel so is?
Weet ook daar is al menigte buffels gejag met 45/70 maar is dit die beste keuse en dan natuurlik die sjerrie op die koek 'n knaldemper :laugh:

Uit ondervinding met buffels dink ek as jagters moet ons tog respek he vir die masjien van 'n dier toon. Gebou om Afrika te hanteer droogtes, leeus en siektes. Dit is nie 'n bees nie dis 'n buffel dik taai vel dik bene en 'n groot wil om te lewe hoekom dan as mens die vermoe het om beter kaliber te kan bekostig sou jy kans wil vat en dit nog met Hornady Interlock koeel?

[youtube]https://www.youtube.com/watch?v=-cM8XSGk_RQ[/youtube]

Re: Buffel 45/70 Govt ??

Posted: Tue Jul 22, 2025 8:14 am
by Capt. Yoda
Ek kan somer raai wie dit is sonder om eers die video oop te maak

Re: Buffel 45/70 Govt ??

Posted: Tue Jul 22, 2025 9:04 am
by Gerhardu
Ek ken modder as ek modder sien en 45-70 saam n buffel is verseker nie modder nie.

Re: Buffel 45/70 Govt ??

Posted: Tue Jul 22, 2025 9:13 am
by DWB
Ek hoop nie daai perd is allergies vir horingindieholsindroom nie, want ek dink hy mag dit dalk kry....

Re: Buffel 45/70 Govt ??

Posted: Tue Jul 22, 2025 9:18 am
by junglejulian
Al rede wat ek kan dink is dat dit n once off buffel jag is en die lever action dan meer vir bosvark tipe algemene jag gebruik wil word.en dan natuurlik laat Piet nie van regte mooi gewere hou nie.Dit word maar gedoen vir die youtube kyker getalle en gaan meer oor die toerus en bou van die geweer as die buffel self.

Re: Buffel 45/70 Govt ??

Posted: Tue Jul 22, 2025 9:22 am
by DWB
Ek ken 'n paar gesoute 45-70 manne, en van hulle het al buffel en leeu gejag met hulle. Maar slegs met die 360gr Rhino koeel.

PS Ek het net die video oop gemaak sonder klank, die ding was lelik genoeg dat ek nie verder gekyk het nie.

Re: Buffel 45/70 Govt ??

Posted: Tue Jul 22, 2025 10:02 am
by Thunderhead
Ek skiet n 350gr Steward teen 1750fps uit my dubbel en het voldoende penetrasie gekry in elande. Sy gun kan baie meer druk hanteer so ek glo dit kan werk.Ek twyfel net in die koeel wat te sag kan wees.

Re: Buffel 45/70 Govt ??

Posted: Tue Jul 22, 2025 10:32 am
by Drenalinjunkie
DWB wrote: Tue Jul 22, 2025 9:13 am Ek hoop nie daai perd is allergies vir horingindieholsindroom nie, want ek dink hy mag dit dalk kry....
Miskien sal dit dalk maak dat sy stem breek.

Re: Buffel 45/70 Govt ??

Posted: Tue Jul 22, 2025 10:33 am
by Capt. Yoda
++>: ++>:

Re: Buffel 45/70 Govt ??

Posted: Tue Jul 22, 2025 11:41 am
by saswart
Lekker man! lekker gelag vir van die kommentaar...Ek sien wel in video kommentaar het hy erken dit is 'n 350gr en dat sy "combo" verkeerd is, so kom ons kyk

Kom ons wees maar eerlik, van ons is maar jaloers... Ons moet ook onthou, hy doen die uitsluitlik vir sy besigheid. Die hele geweer bou is sy ding dat mense die parte kan koop. Ongelukkig is 9/10 manne daarbuite oor die kop geslaan met PRS / chassis / tactical ens. en niks daarmee fout nie. Hy het 'n mark gesien vir mense wat eerder van a tacticool lever gun sal bou, niemand doen dit nie, nuwe mark vir hom.

Ook sy parte, punte ens is als sponsors...

Each to their own. Ons verskies hout, tradisioneel, klassiek, nostalgies - hy en meeste ander kies anders

Re: Buffel 45/70 Govt ??

Posted: Tue Jul 22, 2025 11:48 am
by Capt. Yoda
Die Tacktical lever gun was n fase so jaar terug in Amerika toe het almal hul Henrys gepimp en elke guntuber een gebou
Ek hou nogals van hoe dit lyk maar sal eder vlakvarke met hul skiet as buffels

Re: Buffel 45/70 Govt ??

Posted: Tue Jul 22, 2025 2:13 pm
by Frederik
saswart wrote: Tue Jul 22, 2025 11:41 am Lekker man! lekker gelag vir van die kommentaar...Ek sien wel in video kommentaar het hy erken dit is 'n 350gr en dat sy "combo" verkeerd is, so kom ons kyk

Kom ons wees maar eerlik, van ons is maar jaloers... Ons moet ook onthou, hy doen die uitsluitlik vir sy besigheid. Die hele geweer bou is sy ding dat mense die parte kan koop. Ongelukkig is 9/10 manne daarbuite oor die kop geslaan met PRS / chassis / tactical ens. en niks daarmee fout nie. Hy het 'n mark gesien vir mense wat eerder van a tacticool lever gun sal bou, niemand doen dit nie, nuwe mark vir hom.

Ook sy parte, punte ens is als sponsors...

Each to their own. Ons verskies hout, tradisioneel, klassiek, nostalgies - hy en meeste ander kies anders
Stem saam met jou Stephen hy het gaping gesien en kapitaal daar agter gesit en dit maak werk maar ek dink nogsteeds hy size buffel se kind verkeerd op.

Onthou buffel se kind loer jou of jy hom geld skuld!!

Re: Buffel 45/70 Govt ??

Posted: Tue Jul 22, 2025 2:22 pm
by Giepie
Dit klink vir my soos om bwb of eland met 'n 6.5 CM te wil skiet, behalwe die bwb is nie so befoeterd as 'n buffel nie. Dit kan seker gedoen word, maar of dit aan te beveel is weet ek nie. Een van die dae kom klomp die oorsese jagters hier aan met so geweer om buffel te skiet, wat dan? Hy sê darem sy ph het 'n groot geweer vir backup.

Re: Buffel 45/70 Govt ??

Posted: Tue Jul 22, 2025 7:36 pm
by saswart
Frederik wrote: Tue Jul 22, 2025 2:13 pm
saswart wrote: Tue Jul 22, 2025 11:41 am Lekker man! lekker gelag vir van die kommentaar...Ek sien wel in video kommentaar het hy erken dit is 'n 350gr en dat sy "combo" verkeerd is, so kom ons kyk

Kom ons wees maar eerlik, van ons is maar jaloers... Ons moet ook onthou, hy doen die uitsluitlik vir sy besigheid. Die hele geweer bou is sy ding dat mense die parte kan koop. Ongelukkig is 9/10 manne daarbuite oor die kop geslaan met PRS / chassis / tactical ens. en niks daarmee fout nie. Hy het 'n mark gesien vir mense wat eerder van a tacticool lever gun sal bou, niemand doen dit nie, nuwe mark vir hom.

Ook sy parte, punte ens is als sponsors...

Each to their own. Ons verskies hout, tradisioneel, klassiek, nostalgies - hy en meeste ander kies anders
Stem saam met jou Stephen hy het gaping gesien en kapitaal daar agter gesit en dit maak werk maar ek dink nogsteeds hy size buffel se kind verkeerd op.

Onthou buffel se kind loer jou of jy hom geld skuld!!
Dit is waar - hy het wel erken hy het dalk verkeerde goed beet, kom ons hoop "sanity" prevail...

Net so ter inligting, nie vir Frederik nie - maar die wettige en voorgeskrewe vereiste vir buffel is 'n 300gr punt in meeste provinsies van SA. In Namibie en elders werk hul mos anders en dan sou hy sukkel.

Maar ja, 'n 45-70 is maar iffy...

Re: Buffel 45/70 Govt ??

Posted: Tue Jul 22, 2025 7:42 pm
by Capt. Yoda
Its all about the clicks…

Re: Buffel 45/70 Govt ??

Posted: Tue Jul 22, 2025 8:10 pm
by JAGTERSREG-JRM
Bigger is not always better…veral as groter kalibers nie akkuraat geskiet word nie. Ek het al redelik baie goed geskiet met 45/70 en inkluis gevaarlike wild. Alhoewel ek reken 470 is die beste medikasie vir die tipe wild kan die 45/70 wel met sukses gebruik word vir van die gevaarlike wild. Wat ons ma ook in gedagte moet hou is dat dit sekerlik nie enigste roer op jag sal wees nie

Re: Buffel 45/70 Govt ??

Posted: Wed Jul 23, 2025 7:30 am
by Gerhardu
saswart wrote: Tue Jul 22, 2025 7:36 pm
Frederik wrote: Tue Jul 22, 2025 2:13 pm
saswart wrote: Tue Jul 22, 2025 11:41 am Lekker man! lekker gelag vir van die kommentaar...Ek sien wel in video kommentaar het hy erken dit is 'n 350gr en dat sy "combo" verkeerd is, so kom ons kyk

Kom ons wees maar eerlik, van ons is maar jaloers... Ons moet ook onthou, hy doen die uitsluitlik vir sy besigheid. Die hele geweer bou is sy ding dat mense die parte kan koop. Ongelukkig is 9/10 manne daarbuite oor die kop geslaan met PRS / chassis / tactical ens. en niks daarmee fout nie. Hy het 'n mark gesien vir mense wat eerder van a tacticool lever gun sal bou, niemand doen dit nie, nuwe mark vir hom.

Ook sy parte, punte ens is als sponsors...

Each to their own. Ons verskies hout, tradisioneel, klassiek, nostalgies - hy en meeste ander kies anders
Stem saam met jou Stephen hy het gaping gesien en kapitaal daar agter gesit en dit maak werk maar ek dink nogsteeds hy size buffel se kind verkeerd op.

Onthou buffel se kind loer jou of jy hom geld skuld!!
Dit is waar - hy het wel erken hy het dalk verkeerde goed beet, kom ons hoop "sanity" prevail...

Net so ter inligting, nie vir Frederik nie - maar die wettige en voorgeskrewe vereiste vir buffel is 'n 300gr punt in meeste provinsies van SA. In Namibie en elders werk hul mos anders en dan sou hy sukkel.

Maar ja, 'n 45-70 is maar iffy...

Nee. Dit gaan oor kaliber minimum diameter en en energie. (gekombineerd)

Re: Buffel 45/70 Govt ??

Posted: Wed Jul 23, 2025 8:13 am
by saswart
Gerhardu wrote: Wed Jul 23, 2025 7:30 am
saswart wrote: Tue Jul 22, 2025 7:36 pm
Frederik wrote: Tue Jul 22, 2025 2:13 pm
Dit is waar - hy het wel erken hy het dalk verkeerde goed beet, kom ons hoop "sanity" prevail...

Net so ter inligting, nie vir Frederik nie - maar die wettige en voorgeskrewe vereiste vir buffel is 'n 300gr punt in meeste provinsies van SA. In Namibie en elders werk hul mos anders en dan sou hy sukkel.

Nee. Dit gaan oor kaliber minimum diameter en en energie. (gekombineerd)
Ja en nee...

Nerens in SA wetgewing of provisiale regualsie praat hul van energie nie - dit is Namibie se reels.

Op 11 Desember 2009 is daar in die Goverment Gazette (No 32798) in Notice 1614 van 2009 'n draft "norms en standards" gepubliseer wat oop was vir kommentaar. Dit lees in A21, dat minimum kaliber vir Kameelperd, Dangerous Game and Pachyderms 375H&H is. Dit lyk nie of dit ooit aanvaar is nie...

Toe in 2011, met Government Gazette No (GN 456 of 2011) in government gazette 34326 gepubliseer op 27 Mei 2011, is die NORMS AND STANDARDS FOR HUNTING METHODS IN SOUTH AFRICA gepubliseer - kyk gerus na CHAPTER2 - MINIMUM REQUIREMENTS FOR HUNTING METHODS Minimum bullet weights for rifle hunting... wat vir ons se die min gewig is maar 250gr vir buffel...

So tegnies is enige geweer wat 'n 250gr skiet wettig... Nou moet jy gaan kyk na provinisiale regulasies, Natal se "aikona" ons soek 'n 375H&H. So nou het jy met uitleg van wette te doen en wie het voorrang, die provinisiale regulasies of the norms en standards of die mees onlangse "draft wet" wat al die vorige's sal herroep en bepaal 'n 375H&H is die minimum. Wat toe maar gebeur het,w as dat provisinsie en organisies (PHASA ens) (ek neem maar aan), maar logiese verstand gebruik en inlyn kom met die "draft wet" en bepaal 375H&H is mininum...

So jy kan sien, almal is maar deurmekaar en reg en verkeerd ;D ;D

Re: Buffel 45/70 Govt ??

Posted: Wed Jul 23, 2025 1:21 pm
by Ds J
Waarmee het Teddy Roosevelt tydens sy Afrika-safari geskiet - was dit nie ook 'n. 45-kaliber nie?

Re: Buffel 45/70 Govt ??

Posted: Wed Jul 23, 2025 2:58 pm
by Toxxyc
Capt. Yoda wrote: Tue Jul 22, 2025 7:42 pm Its all about the clicks…
Presies. Die perd het al 28,000 views op die video, en hy het nog nie eers die plaas bereik nie. Hy doen iets reg om sy sente te verdien.

Re: Buffel 45/70 Govt ??

Posted: Wed Jul 23, 2025 3:04 pm
by tripodmvr

Re: Buffel 45/70 Govt ??

Posted: Wed Jul 23, 2025 3:33 pm
by Toyrsi
Toxxyc wrote: Wed Jul 23, 2025 2:58 pm
Capt. Yoda wrote: Tue Jul 22, 2025 7:42 pm Its all about the clicks…
Presies. Die perd het al 28,000 views op die video, en hy het nog nie eers die plaas bereik nie. Hy doen iets reg om sy sente te verdien.
Ek sal ongelukkig nooit een van daai wees wat sy vids kyk nie maar nou ja so verskil mense maar.

Re: Buffel 45/70 Govt ??

Posted: Wed Jul 23, 2025 4:31 pm
by Capt. Yoda
Toyrsi wrote: Wed Jul 23, 2025 3:33 pm
Toxxyc wrote: Wed Jul 23, 2025 2:58 pm
Capt. Yoda wrote: Tue Jul 22, 2025 7:42 pm Its all about the clicks…
Presies. Die perd het al 28,000 views op die video, en hy het nog nie eers die plaas bereik nie. Hy doen iets reg om sy sente te verdien.
Ek sal ongelukkig nooit een van daai wees wat sy vids kyk nie maar nou ja so verskil mense maar.
Net so

Re: Buffel 45/70 Govt ??

Posted: Wed Jul 23, 2025 5:22 pm
by JAGTERSREG-JRM
Ds J wrote: Wed Jul 23, 2025 1:21 pm Waarmee het Teddy Roosevelt tydens sy Afrika-safari geskiet - was dit nie ook 'n. 45-kaliber nie?
This quote comes from Roosevelt's account of a lion hunt in the seventh chapter of his book African Game Trails (Scribner's Sons, 1910, page 167):

But as we stood, one of the porters behind called out "Simba"; and we caught a glimpse of a big lioness galloping down beside the trees, just beyond the donga...Tarlton took his big double-barrel and advised me to take mine, as the sun had just set and it was likely to be close work; but I shook my head, for the Winchester 405 is, at least for me personally, the "medicine gun" for lions. Since the .405 Winchester's introduction, many hunters have used it on African big game, including rhino and buffalo ; however it is generally considered best used against light skinned game, due to the bullet's low sectional density.

Theodore Roosevelt famously referred to his Winchester Model 1895 lever-action rifle, chambered in .405 Winchester, as his "medicine gun" or "big medicine" for hunting lions. This nickname, which signified its effectiveness and reliability, highlights Roosevelt's preference for this particular rifle when hunting dangerous game in Africa.

Re: Buffel 45/70 Govt ??

Posted: Wed Jul 23, 2025 5:38 pm
by tripodmvr