Page 1 of 1

Swartkruit permit

Posted: Fri Jul 11, 2025 10:38 am
by DeVilliers
More,

So, ek het nou n snaakse ondervinding.
Ek het baie lank terug nog swartkruit gewere gehad en het lankal nie meer nie. Ek dink die permit het ook al lankal verval en ek weet nie eers of ek dit nog het nie.

Polisie bel my nou, hulle bel oor my permit. Ene sgt Mamadisha van die Explosives Unit. Ek sĂȘ ek het lankal nie meer die goed nie. Nou wil hulle die permit kom haal.
Huh? Van wanneer af kom haal hulle permitte? En wat as ek dit nie meer het nie?

Enige raad?
Groete

Re: Swartkruit permit

Posted: Fri Jul 11, 2025 10:43 am
by Martiens Bekker
Vir my ongelooflik dat hulle die hulpbronne het vir sulke nonsens terwyl misdaad uit beheer is.

Re: Swartkruit permit

Posted: Fri Jul 11, 2025 3:54 pm
by Giepie
Iets klink vir my fishy, net my mening.

Re: Swartkruit permit

Posted: Fri Jul 11, 2025 5:31 pm
by Klein Chris
Met my ook gebeur toe permit verval het. Ook n oproep gekry en ou permit te kom haal.
Na 3 jaar se spook weer voorlaaier bevoegdheid gekry. Nuwe swart kruit permit het darem vinniger verloop.
Moet noem dat my huis besoek is om te kyk of swart kruit stoor plek en brand blusser reg is