Page 1 of 1

Why so many 6.5 PRC rifles for sale

Posted: Wed Jul 09, 2025 9:39 pm
by Arnold
Dalk is dit net ek maar ek let op dat daar taamlik 6.5 PRC gewere in die mark is.

Is die dop nie wat dit beloof het om te wees nie? Wat is julle opinie?



Sent from my SM-A528B using Tapatalk


Re: Why so many 6.5 PRC rifles for sale

Posted: Thu Jul 10, 2025 6:40 am
by Danie01
Dit is seker ons cm manne wat vinniger wou skiet, maar nou is die recoil en kruit teveel.

My broer en buurman skiet 6.5prc en is baie tevrede, n baie lekker jaggeweer, allrounder en skiet ook nie te sleg op die papier nie.

Re: Why so many 6.5 PRC rifles for sale

Posted: Thu Jul 10, 2025 8:07 am
by Gian_dP
? Over promise, under deliver???
Vermoed die klein voordeel bo ander 6.5mm opsies met groter onkoste knou die 6.5PRC. Nog nie alles vergelyk nie, maar vermoed die grootste voordeel van die 6.5 magnuns is hulle vermoee om die 150gr+ koeels te skiet teen soortgelyke spoed as 6.5CM met 140gr.

Sent from my SM-S921B using Tapatalk


Re: Why so many 6.5 PRC rifles for sale

Posted: Thu Jul 10, 2025 8:19 am
by RUPERT
Die 6.5mm CM het ook op n tyd so aan die verkoop gegaan.

Re: Why so many 6.5 PRC rifles for sale

Posted: Thu Jul 10, 2025 12:23 pm
by Lapua
Want almal wil n 6.5x55 AI hê.😈

Re: Why so many 6.5 PRC rifles for sale

Posted: Thu Jul 10, 2025 3:23 pm
by Andre308
Ek dink daar is 2 redes.

Teveel klein doppie skiete laat nie die PRC dop toe nie en almal wat so vinnig n PRC gekoop het, het agter gekom dat so n resies kar vinnig sy tyres op spin. n Nuwe pyp kos baie geld.

Re: Why so many 6.5 PRC rifles for sale

Posted: Thu Jul 10, 2025 4:55 pm
by Arnold
My persoonlike opinie is soos volg:

Die spoed wat gewen word is nie soveel soos wat verwag is nie. Die 100 tot 200 fps wat gewen word is nie die koste werd nie.

Redes hiervoor kan soos volg wees:
loop lengtes is korter as die waarmee die geadverteerde hoe spoed verkry is,
die verkeerde dryfmiddels word gebruik en hoe druk word ervaar voordat voldoende spoed bereik word.

Dan is daar ook sekerlik ander legit redes om te verkoop.

Dit klink of daar heelwat ouens tevrede is met die kaliber so ek ek sien uit om eendag ook dalk een te skiet, besit en verkoop :)

Re: Why so many 6.5 PRC rifles for sale

Posted: Thu Jul 10, 2025 5:27 pm
by Glocked
Ek dink nie daar is fout met die kaliber nie, maar met die aanwending ja. Ek dink baie manne het gekoop met te min huiswerk, en toe later besef wat hulle gedoen het.

Met my ondervinding met 3x verskillende gewere wat ek skiet en help laai, laai die kaliber baie maklik, en skiet goed. Ek dink wel hy is duurder om te skiet as wat baie manne gedink het, en agv die loop lewe is dit nie die ideale kompetisie gong skiet geweer nie.

En dan kom die jag. Manne skiet of baie sagte hoë bc punte, en kla dan oor vleisskade as hulle bokke op kort afstand lyf skote skiet. So weer, nie die kaliber nie, maar die aanwending wat verkeerd is.

Ek dink die kaliber pas eintlik by minder mense se behoeftes in as wat hulle gedink het. As jy weet pype ruil is deel van jou voorland, en gemaklik is met dit, gaan jy hom verseker geniet, maar dis nie vir almal lekker nie.

Myne is verseker nie te koop nie ++>:

Re: Why so many 6.5 PRC rifles for sale

Posted: Thu Jul 10, 2025 5:32 pm
by Glocked
Om die swaarder 6.5mm punte lekker vinnig te kan skiet help ja, en dis lekker, ek kan uit die 24" loop uit die 156gr Bergers skiet teen 2875fps, maar ja, dit kom teen 'n premie !

Re: Why so many 6.5 PRC rifles for sale

Posted: Mon May 18, 2026 9:30 am
by Arnold
Dit is nou alweer 'n jaar later en dit lyk my dinge het gestabiliseer met aansienlik minder 6.5 PRC gewere tekoop. Ek kon darem in die besige tyd een vir 'n bargain kry :)

Wat sê julle manne met die 6.5 PRC gewere, watse dryfmiddel en koeëls gebruik julle wat mooi werk?

Re: Why so many 6.5 PRC rifles for sale

Posted: Mon May 18, 2026 9:57 am
by Gerhardu
Arnold wrote: Mon May 18, 2026 9:30 am Dit is nou alweer 'n jaar later en dit lyk my dinge het gestabiliseer met aansienlik minder 6.5 PRC gewere tekoop. Ek kon darem in die besige tyd een vir 'n bargain kry :)

Wat sê julle manne met die 6.5 PRC gewere, watse dryfmiddel en koeëls gebruik julle wat mooi werk?
153gr Atips met N565. Spoed is so 2870fps.

Re: Why so many 6.5 PRC rifles for sale

Posted: Mon May 18, 2026 10:07 am
by Glocked
156gr Bergers met N565, teen 2850fps is op die nommer !

Re: Why so many 6.5 PRC rifles for sale

Posted: Mon May 18, 2026 2:21 pm
by geelslang
147 ELD-M
N555
2760fps
Inmekaar heeldag.

Re: Why so many 6.5 PRC rifles for sale

Posted: Mon May 18, 2026 3:10 pm
by Dumbluck
26" 260rem se spoed daai.
Kan nie 'n resieskar so laat idle nie, ref hom bietjie!

N565 sal daai 147's by 2920fps kry

Re: Why so many 6.5 PRC rifles for sale

Posted: Fri Jun 12, 2026 12:02 pm
by Arnold
Volgens my berekeninge moes hierdie lading omtrent by 60k PSI of minder gewees het. Kyk die ejector en extractor merk ... maar die primer makeer niks.
6.5 PRC pressure.jpeg
Ek hou nie van idle nie so hierdie was 'n 143gr Bondstrike teen 3050fps uit 'n 24" loop. Ek het nou 'n grein minder gelaai en sal kyk wat hy doen.

Re: Why so many 6.5 PRC rifles for sale

Posted: Fri Jun 12, 2026 2:25 pm
by tripodmvr
Hier is die 6.5CM met ekstra oomf.

[youtube]https://youtu.be/lTVqE5guMz8[/youtube]

Re: Why so many 6.5 PRC rifles for sale

Posted: Fri Jun 12, 2026 6:48 pm
by Glocked
Arnold, ek dink dis dalk iets met die Norma doppe. Ek het met lading ontwikkeling ook ejector merke gekry, terwyl daar nog geen tekens op die primer of stywe bolt lift of iets was nie.

Re: Why so many 6.5 PRC rifles for sale

Posted: Sat Jun 13, 2026 5:55 pm
by Arnold
Het vandag n paar skote geskiet. Sal net moet kyk na die kolf se bedding want die groepering lyk nie so mooi soos die chronograaf se data nie.
Screenshot_20260613_115323_ShotView.jpg

Re: Why so many 6.5 PRC rifles for sale

Posted: Sun Jun 14, 2026 9:02 pm
by Arnold
tripodmvr wrote: Fri Jun 12, 2026 2:25 pm Hier is die 6.5CM met ekstra oomf.

[youtube]https://youtu.be/lTVqE5guMz8[/youtube]
Propoganda... skiet die 6.5 PRC teen dieselde druk en vergelyk die nommers.