Ek ken my limits.......maar die!!
Posted: Wed Jun 25, 2025 12:39 pm
Ek wil graag die getuienis met julle deel.
Oom J bel my Maandag oggend; "Dolf my vrou het vir die skool twee bokke geskenk en ek moet dit Donderdag by die skool ingee. Kan jy help?"
Maandag namidag na werk ry ek uit na sy plaas toe....skiet niks.
Gister na werk ry ek weer uit, want tyd raak nou min.
Ek skiet die eerste bok, alles goed en wel
Toe begin die son sak en ek kort nog een bok.
Net na sononder kry ons n groep koedoes en daar is n bul by.
Die bosse is hoog en ek kan nie lekker skoot kry op die bul nie. Ek klim toe op my skietrak se bankie, Maar kan nog nie skoot kry nie.
Uit desperaatheid klim ek bo-op die skietrak, en toe ek regop staan sien ek die bul. Hy staan quarter-away en ek vat n kans om uit die vuis te skiet.
Ek mik op sy blad en gooi. Die skoot klap teen die bok, maar die klank is te hard na my sin vir n blad skoot. Die plaaswerker se "daar val hy net daar"
Nou wat nou? Het ek sy rug af geskiet??
Kom by die bok.....kyk na die foto!!!! Die scenario lyk so;
# Dis na son onder
# Ek staan bo-op die skiet rak
# Die bok staan quarter-away
# Ek skiet uit die vuis uit (eintlik onverantwoordelik)
# Skiet afstand 181m (na die tyd gerange)
EK KEN MY LIMITS.......... dis nie ek nie.... DIs net die HERE wat n jagter so kan help.
Toe besef ek; my gebed van 3 ure gelede is verhoor. Dat ek twee bokke kan kry en goeie skote skiet.
Dit is nie geluk nie, dit is ook nie toevallig nie. Julle ken die verduideliking van "toevallig" >> toe val God se lig
Dis vir my belangrik om sulke dinge raak te sien en dan te getuig wanneer God se lig oor jou skyn.
Groetnis.