Page 1 of 1

Necksize die wat my doppe sny?

Posted: Sat Jun 21, 2025 9:22 pm
by Breinie
Help asb.
Ek het nuwe Lapua doppe vir 300WM gekoop. Gelaai en een keer geskiet. Nou size ek hulle vir 1ste keer. Hulle kom so uit die necksizing die. Redding dies. Die brass word so afgesny van die nek af. Enige iemand al dit oorgekom en wat is die oorsaak van dit? Ek luister graag.

Re: Necksize die wat my doppe sny?

Posted: Sun Jun 22, 2025 11:29 am
by ruaanb
Dalk n ander kaliber wat as 300wm gemerk is. Kontak Redding self.

Re: Necksize die wat my doppe sny?

Posted: Sun Jun 22, 2025 2:13 pm
by Alwin
Daar is groot fout.

Is dit 'n gewone neck sizer die of 'n bushing tipe?
Indien bushing, wat is die diameter en is hy regom ingesit?

Ek persoonlik verkies Lee se Collet Neck Sizer Die vir enige kaliber waarvoor hy beskikbaar is.
2de keuse is 'n bushing tipe met die regte grootte bushing vir my doppe se nek wanddikte.

Die res hou eintlik vir my geen voordeel in nie.

Re: Necksize die wat my doppe sny?

Posted: Sun Jun 22, 2025 2:43 pm
by HeinM
Alwin wrote: Sun Jun 22, 2025 2:13 pm Daar is groot fout.

Is dit 'n gewone neck sizer die of 'n bushing tipe?
Indien bushing, wat is die diameter en is hy regom ingesit?

Ek persoonlik verkies Lee se Collet Neck Sizer Die vir enige kaliber waarvoor hy beskikbaar is.
2de keuse is 'n bushing tipe met die regte grootte bushing vir my doppe se nek wanddikte.

Die res hou eintlik vir my geen voordeel in nie.
Plus een vir daai Collet. Hy is koning

Re: Necksize die wat my doppe sny?

Posted: Sun Jun 22, 2025 3:37 pm
by swc-tr
Wat meet daai gesized vervormde doppe se nekke? Dit kan dalk help met foutopsporing.

Sent from my SM-A125F using Tapatalk


Re: Necksize die wat my doppe sny?

Posted: Sun Jun 22, 2025 3:40 pm
by Gian_dP
Is dit die eerste keer dat jy "die" gebruik? Kan buite spesifikasies wees-7mmRem mag of 7-300WM "die" as 300WM gemerk.

As jy "floating" expander ball het, mag dit wees dat die expander bo vassit, dus nek terugdruk terwyl die expander binne die nek sit.

Sent from my SM-S921B using Tapatalk


Re: Necksize die wat my doppe sny?

Posted: Mon Jun 23, 2025 7:42 pm
by Alwin
Ek kan nie bepaal of dit hier die geval is nie, maar ek het onlangs op 'n ander forum gelees van iemand wat dieselfde probleem met 'n nuwe Redding FL sizer matrys ondervind het.
Sy diagnose was dat daar 'n skerp rand in die matrys was, net waar die nek en skouers bymekaar kom.
Sy oplossing was om 'n "dowel" met 'n ronde punt en baie fyn skuurpapier te gebruik om die skerp hoek rond te poleer. Daarna het die matrys reg gewerk.
Lyk my daar is kwaliteitsbeheer probleme by die eens befaamde fabrikaat?

Re: Necksize die wat my doppe sny?

Posted: Mon Jun 30, 2025 9:38 pm
by Breinie
Thanks vir al die raad. Hierdie matrys is gewone Redding. Nie bushing tipe nie. Ek het nou ander matrys stel van Redding probeer. En hy werk 100%. Met niks moeilikheid. Een ding wat ek oplet. Op die "probleem" matrys staan daar: 300Win Mag NK X3. En op die een wat geen probleem gee nie, staan daar: 300Win Mag NK 7N. Met ander woorde een sê X3 en ander een 7N. Enige idee of dit iets beteken? Of is dit net batch nommers en niks met die probleem te doen nie?

Re: Necksize die wat my doppe sny?

Posted: Mon Jun 30, 2025 10:31 pm
by Alwin
Breinie wrote: Mon Jun 30, 2025 9:38 pm Thanks vir al die raad. Hierdie matrys is gewone Redding. Nie bushing tipe nie. Ek het nou ander matrys stel van Redding probeer. En hy werk 100%. Met niks moeilikheid. Een ding wat ek oplet. Op die "probleem" matrys staan daar: 300Win Mag NK X3. En op die een wat geen probleem gee nie, staan daar: 300Win Mag NK 7N. Met ander woorde een sê X3 en ander een 7N. Enige idee of dit iets beteken? Of is dit net batch nommers en niks met die probleem te doen nie?
Ek is nie vertroud met Redding se spesifieke kodes nie, maar gewonlik is dit 'n datum van vervaardiging kode.