Page 1 of 1

S365 vir 9.3x62?

Posted: Fri Jun 20, 2025 5:37 am
by J le Roux
'n Vriend van my sit met 2 en 1/2 blikke S365 waarmee hy sy nuwe 9.3 x 62 aan die skiet wou kry. Sover ek kan sien is die kruit nie geskik vir 286gr Barnes TSX in die kaliber nie en het eers voorgestel hy byt vas voor hy probeer.

Kan die kruit wel werk?

Re: S365 vir 9.3x62?

Posted: Fri Jun 20, 2025 7:51 am
by Wouter Roets
Johan

Die Somchem poeier wat die meeste geskik is vir die kombinasie is S355 en S341. S365 met 105% dopvulling is 10 000psi onder die rondte se maksimum druk so in effek hopeloos te stadig verbrandend. So goeie raad is ruil daai poeier vir iets wat brand in S355 se klas.

Groetnis
Wouter

Re: S365 vir 9.3x62?

Posted: Fri Jun 20, 2025 12:44 pm
by J le Roux
Baie dankie baas Wout, ek het so vermoed.

Hy gaan VV N540 probeer.