Page 1 of 2
Die .416 Rigby se eerste bok.
Posted: Tue Jun 17, 2025 1:08 pm
by Gerhardu
So besluit my vrou wat my 416 Rigby se eerste bok moet wees vir my 40ste. Sy reel toe als met eenvan my beste pelle van Milky Creek Safaris. Vrydag middag gaan rondry en kyk wat is daar voor ons die groot jag Saterdag oggend begin. Van die 75 bulle wat op die plaas loop sien ons een. Dit was baie koud in Vaalwater en nog volmaan ook. So besluit ons om terug te keer lodge toe.

Sent from my SM-G998B using Tapatalk
Re: Die .416 Rigby se eerste bok.
Posted: Tue Jun 17, 2025 1:31 pm
by Gerhardu
Saterdag oggend is ons 06:00 in die veld. Nogsteeds koud maar baie beter as die vorige dag. Ons ry toe tot op n punt wat lekker hoog is op die plaas en besluit om daar afteklim en te begin loop met die son teen ons rug behoort ons in iets vas te loop.
Ons moes maar baie koppies afklim en tussen rotse deur beweeg en die veld is baie ruig en daar waar dit n bietjie oopmaak is die gras amper langer as ek.
Ek met die 416 Rigby, Martin ook met n 416 Rigby en my boetie De Wet met n 458 Lott.



Sent from my SM-G998B using Tapatalk
Re: Die .416 Rigby se eerste bok.
Posted: Tue Jun 17, 2025 1:41 pm
by Gerhardu
Na seker so 3ure se loop staan ons op n kliprand en regs van ons in n oop stuk so 1km van ons af n swart dier wat besig was om te wei. Al wat ons kon sien was sy rug. Wil glad nie sy kop optel nie en was baie rustig. Met die wind saam ons moes ons om loop en dan afbeweeg van die kliprand af. So vat dit ons nog so 30min. En so kom ons tot op 60m af van die dier af. Wat in ons guns getel het was dat ons nou ook in lang gras was. Ons sit toe die skiet stokke op en ek is reg. 15min wag ons en niks gebeur nie. Hy staan doodstil kop af. Martin sê toe hy gaan fluit en moet reg wees. En as die bul sy kop optel gaan Martin sê ja dan moet en skiet want ons weet hy gaan ons nie baie tyd gee nie. Maar as Martin nee sê dan is dit nie n mooi bul nie dan soek ons maar n ander bul. So fluit Martin en die bul reageer nie. Nog 5min gaan verby en daar gaan sak die bul om te slaap in daai lang gras. Nou weet ons nie wat om te doen nie en ons weet nie of daar ander bulle is nie.
Sent from my SM-G998B using Tapatalk
Re: Die .416 Rigby se eerste bok.
Posted: Tue Jun 17, 2025 1:53 pm
by Gerhardu
Ek sê toe vir Martin daar is n boom so 20m voor ons en tussen ons en die bul. Kom ons bly laag en beweeg stadig na daai boom toe en kyk wat gebeur. Hy vra of ek die stiekstokke wil dan gebruik ek sê toe vir hom nee ek dink nie daar gaan tyd wees vir dit nie. So toe begin die sports. Net toe ons 20m voorentoe beweeg spring die bul op en draai na ons toe en lug sy kop. Darem was ek al reg en Martin sê ja. Ek sit die rooi kol op sy kuiltjie en die skoot gaan af. Die bul se agterbene knak met die skoot draai toe na regs en en begin pad vat. Ek skiet toe nog een soos wat hy beweeg en die bul val. Beweeg toe nader en skiet n versekerings skoot. Die bul was toe groter as wat ons gedink het. En daar het ek toe my prag bul.
Hy meet toe 44,3duim.

Sent from my SM-G998B using Tapatalk
Re: Die .416 Rigby se eerste bok.
Posted: Tue Jun 17, 2025 1:57 pm
by DWB
Re: Die .416 Rigby se eerste bok.
Posted: Tue Jun 17, 2025 2:06 pm
by Gerhardu
Hier staan ek,Martin,my boetie De Wet en Xanthus(die kameraman) na die tyd.
Sent from my SM-G998B using Tapatalk
Re: Die .416 Rigby se eerste bok.
Posted: Tue Jun 17, 2025 2:10 pm
by Gerhardu
Jy sal maar verseker vir haar moet aanstuur.LOL
Ja daai gevoel is net anders en iets wat jy nie vir mense kan beskryf nie.
Re: Die .416 Rigby se eerste bok.
Posted: Tue Jun 17, 2025 2:15 pm
by DWB
Re: Die .416 Rigby se eerste bok.
Posted: Tue Jun 17, 2025 2:26 pm
by Lategan1
Pragtig, baie geluk. Helse ervaring.
Beste.
Re: Die .416 Rigby se eerste bok.
Posted: Tue Jun 17, 2025 2:30 pm
by tau
Baie geluk Gerhardu!!!! Pragtige bul
Re: Die .416 Rigby se eerste bok.
Posted: Tue Jun 17, 2025 4:39 pm
by tripodmvr
Baie geluk. Sien die horingpunte is al stukkend gewerk en 'n baie swart velkleur.
Re: Die .416 Rigby se eerste bok.
Posted: Tue Jun 17, 2025 4:41 pm
by Geno
Geluk Maat! Ek het die video op FB geniet!
Re: Die .416 Rigby se eerste bok.
Posted: Tue Jun 17, 2025 5:00 pm
by partner
Baie Geluk. En ook dankies vir Fotos. En Great Storie.
Re: Die .416 Rigby se eerste bok.
Posted: Tue Jun 17, 2025 8:19 pm
by Koos Barnard
Baie geluk! Pragtige bul!
Re: Die .416 Rigby se eerste bok.
Posted: Tue Jun 17, 2025 8:44 pm
by Glocked
Baie geluk man ! Jis, netjiese storie die ! Ek is ook sterk oppad, en word oor 3 jaar 40....sal ook maar solank die link aanstuur vir my vrou dat sy sien hoe loop die dinge ! Skielik is oud word nie meer so sleg nie.
As ek die man so kyk het hy sommer daai bul alleen opgetel en agter op die Cruiser neergesit !
Re: Die .416 Rigby se eerste bok.
Posted: Tue Jun 17, 2025 9:51 pm
by JohanvB
Baie geluk!
Re: Die .416 Rigby se eerste bok.
Posted: Wed Jun 18, 2025 8:32 am
by Jaco vdW
Baie geluk Gerhardu!
Wat 'n ervaring. Pragtige buffel en roer wat jy daar het.
Re: Die .416 Rigby se eerste bok.
Posted: Wed Jun 18, 2025 8:35 am
by sako 30-06
Baie geluk, met n monster van n buffel.
Dis verseker nie elke man wat kan se sy geweer se eerste bok was n Buffel gewees nie.

Re: Die .416 Rigby se eerste bok.
Posted: Wed Jun 18, 2025 8:55 am
by DeVilliers
Geluk. Mooi buffel daai.
En n klein wêreld.....ek het De Wet ontmoet so n paar jaar terug by Altus Labuschagne. Op my eerste Eland jag, hehe
Re: Die .416 Rigby se eerste bok.
Posted: Wed Jun 18, 2025 8:58 am
by Wouter Roets
More Gerhardu
Baie geluk met n prag buffel sowel as n great jag saam met mense wat dit net meer spesiaal maak. Well done!
Gee bietjie dope oor jou amminusie en hoe die koeel toe presteer het asb?
Groetnis en nogmaals geluk.
Wouter
Re: Die .416 Rigby se eerste bok.
Posted: Wed Jun 18, 2025 8:58 am
by Capt. Yoda
Glocked wrote: Tue Jun 17, 2025 8:44 pm
Baie geluk man ! Jis, netjiese storie die ! Ek is ook sterk oppad, en word oor 3 jaar 40....sal ook maar solank die link aanstuur vir my vrou dat sy sien hoe loop die dinge ! Skielik is oud word nie meer so sleg nie.
As ek die man so kyk het hy sommer daai bul alleen opgetel en agter op die Cruiser neergesit !
Hahaha ons het eendag n Zeebra gelaai toe strip die man sy moer en laai daai hings amper self
Weereens geluk G is die besonderse mooi bul
Re: Die .416 Rigby se eerste bok.
Posted: Wed Jun 18, 2025 9:09 am
by Frederik
Baie geluk met prag bul en lekker roer se inbreek.
Re: Die .416 Rigby se eerste bok.
Posted: Wed Jun 18, 2025 10:44 am
by saswart
Mooi storie, mooi storie! Mooi roer, mooi bul!
Re: Die .416 Rigby se eerste bok.
Posted: Wed Jun 18, 2025 11:08 am
by Gerhardu
Baie dankie manne. Ja is n groot ou bul met baie baklei merke en horings het lekker gewerk. Mooi karakter.
@ Geno ek sal daarvan hou om die video hier optelaai.
@ Wouter ekt 400gr Rhino solid shanks gelaai ek weet net nie wat was die spoed nie maar ek skat so tussen 2300fps en 2400fps.
Bul het quater na ons gestaan en ekt net links van middel gemik. Punt het ons net agter sy linkerkantste rib gekry.
Re: Die .416 Rigby se eerste bok.
Posted: Fri Jun 20, 2025 10:57 am
by vossie1
Baie geluk, dit is n baie mooi bul.