Page 1 of 1

Howa Replacement sneller

Posted: Mon Jun 16, 2025 6:36 pm
by Glocked
Middag manne

Hoop julle het almal die lang naweek geniet.

Ek het raad nodig met 'n replacement sneller vir my 6.5PRC. Ja daar is baie DIY video's en dinge, en ek het seker al alles oor dit gelees en gekyk en probeer. Ek het hom redelik goed gekry, baie beter as standaard, maar hy is nog nie heeltemal daar waar ek hom graag wil hê nie. Sal hom graag nog so bietjie ligter wil laat breek, en bietjie meer crisp ook.

Wie het al wat ingesit, en hoe is jou ervaring met dit ?

Re: Howa Replacement sneller

Posted: Mon Jun 16, 2025 9:10 pm
by Giepie
Die wapensmid by Wildman Centurion het my 30-06 se sneller lekker lig en crisp gestel. Ek weet nie of dit is wat jy al probeer het nie, maar dit is wat ek laat doen het.

Re: Howa Replacement sneller

Posted: Tue Jun 17, 2025 1:43 am
by Klein Chris
Timney in my 30-06 Howa gesit
Dag en nag verskil
Praat met Dawie by Marksman Arms in Pretoria. Hy verander ook die Howa se standaard sneller.
Was te lig vir my gewees vir die 30-06 wat n jag geweer is. Rede vir die Timney roete

Re: Howa Replacement sneller

Posted: Tue Jun 17, 2025 8:10 am
by Pvdw
Glocked wrote: Mon Jun 16, 2025 6:36 pm Middag manne

Hoop julle het almal die lang naweek geniet.

Ek het raad nodig met 'n replacement sneller vir my 6.5PRC. Ja daar is baie DIY video's en dinge, en ek het seker al alles oor dit gelees en gekyk en probeer. Ek het hom redelik goed gekry, baie beter as standaard, maar hy is nog nie heeltemal daar waar ek hom graag wil hê nie. Sal hom graag nog so bietjie ligter wil laat breek, en bietjie meer crisp ook.

Wie het al wat ingesit, en hoe is jou ervaring met dit ?
Hoe lig kon jy hom al kry en waarna is jy opsoek?

Ek het nou 3 van my eie self gedoen. Het myne rondom 1 pond gelos maar kon redelik maklik afgaan na 0.8pond maar dit was veels te lig vir my doel.

Ek weet jy vra juis nie oor die DIY opsies nie maar laat weet hoe lig jy hom soek dan kan die manne wat al vervang het met ander snellers dalk 'n beter idee kry waarna jy opsoek is.

Re: Howa Replacement sneller

Posted: Tue Jun 17, 2025 9:53 am
by Toyrsi
Jard maak n lekker sneller vir die Howa's.

Re: Howa Replacement sneller

Posted: Tue Jun 17, 2025 8:52 pm
by Glocked
Ek het die standaard sneller gepolish, springs vervang, en ligter gestel. Dit werk, en is ligjare beter as wat hy was. Ek sal hom op 'n skaal moet trek, maar ek skat hy breek so net oor 'n pond. Ek kan met dit saamleef, maar dis asof hy nie konstant daar breek nie. Ek sal single stage verkies bo die 2 stage ook. 3, dalk 4 uit 5 skote breek mooi, maar daar is elke kort kort 1, wat voel asof dit 'n 3 stage sneller is, asof daar eers so effense creep is voor hy breek, as dit sin maak.

Van wat ek op die web kon lees, lyk dit vir my of die Jard 'n goeie opsie is, ek kon nog net nie iets raak lees van wie hulle in voorraad hou nie

Re: Howa Replacement sneller

Posted: Tue Jun 17, 2025 9:06 pm
by fredd
Andre Lambrechts verkoop die Jard snellers.
082 0660972

Re: Howa Replacement sneller

Posted: Wed Jun 18, 2025 8:52 am
by Eight
Ek het al gehoor hulle kan die aksie sny dat die rem 700 snellers oo hom pas. Weet enige iemand hoe groot werk dit is en of dit enige iets negatief affekteer? As mens dit kan doen dan is jou opsies vir snellers amper eindeloos.

Re: Howa Replacement sneller

Posted: Wed Jun 18, 2025 9:11 am
by Toyrsi
Ek weet Oom Piet Breed het al sy Howa aksies laat sny. So dan glo ek dit sal mooi werk.

Re: Howa Replacement sneller

Posted: Wed Jun 18, 2025 10:18 am
by Hano243
Ek het my snellers n aluminum blokkie laat in sit om die voor trek heeltemal uit te haal. Dan n ander spring in gesit. Hulle is lekker sag en breek konstant crisp onder een pond.

Re: Howa Replacement sneller

Posted: Wed Jun 18, 2025 12:49 pm
by Stukkies
Het iemand al die snellers probeer, en maak dit 'n groot verskil. Dit elimineer glo die middelste skakel en een van die vere, dan kan jy dit ook maklikker stel. " https://www.360arms.co.za/shop/360arms- ... t-trigger/ "

Re: Howa Replacement sneller

Posted: Wed Jun 18, 2025 1:02 pm
by Gian_dP
Stukkies wrote:Het iemand al die snellers probeer, en maak dit 'n groot verskil. Dit elimineer glo die middelste skakel en een van die vere, dan kan jy dit ook maklikker stel. " https://www.360arms.co.za/shop/360arms- ... t-trigger/ "
Dit werk baie goed. Sudami en Arms maak soortgelyke produk. Verander standaard 2-stadium sneller na 1 stadium en kan heelwat ligter as normale Howa sneller stel. Jy haal die veer uit wat snellertrek bepaal, en vervang dit met die "trigger return spring".
Baie amper so goed soos Jard.

Sent from my SM-S921B using Tapatalk


Re: Howa Replacement sneller

Posted: Mon Jun 23, 2025 4:44 pm
by 6.5/284Norma
Glocked wrote: Tue Jun 17, 2025 8:52 pm Ek het die standaard sneller gepolish, springs vervang, en ligter gestel. Dit werk, en is ligjare beter as wat hy was. Ek sal hom op 'n skaal moet trek, maar ek skat hy breek so net oor 'n pond. Ek kan met dit saamleef, maar dis asof hy nie konstant daar breek nie. Ek sal single stage verkies bo die 2 stage ook. 3, dalk 4 uit 5 skote breek mooi, maar daar is elke kort kort 1, wat voel asof dit 'n 3 stage sneller is, asof daar eers so effense creep is voor hy breek, as dit sin maak.

Van wat ek op die web kon lees, lyk dit vir my of die Jard 'n goeie opsie is, ek kon nog net nie iets raak lees van wie hulle in voorraad hou nie
Bestel direk by Jard, hulle sal stuur.

Re: Howa Replacement sneller

Posted: Tue Jun 24, 2025 3:33 pm
by ZKK
Ek het my geweer uit die kolf gehaal so ruk terug en toe laat val en die sneller gebreek. As daar iemand is wat upgrade en nie meer sy standaard HOwa sneller soek nie. Laat my asb weet

Re: Howa Replacement sneller

Posted: Thu Jun 26, 2025 11:22 am
by Vantheman
ZKK wrote: Tue Jun 24, 2025 3:33 pm Ek het my geweer uit die kolf gehaal so ruk terug en toe laat val en die sneller gebreek. As daar iemand is wat upgrade en nie meer sy standaard HOwa sneller soek nie. Laat my asb weet
Ek kan jou miskien help
Ek het myne vervang, ek sal net moet loer waar is die oorspronklike een
Gee my kans tot vanaand dan sal ek tuis wees

Re: Howa Replacement sneller

Posted: Fri Jun 27, 2025 10:46 am
by Vantheman
ZKK wrote: Tue Jun 24, 2025 3:33 pm Ek het my geweer uit die kolf gehaal so ruk terug en toe laat val en die sneller gebreek. As daar iemand is wat upgrade en nie meer sy standaard HOwa sneller soek nie. Laat my asb weet
Ek het n PM vir jou gestuur